Moordbeskuldigde wag steeds op hospitaalbed

Rosemary Theron

Rosemary Theron

ʼn Tiener wat van die moord op die Kaapstadse kunstenaar Rosemary Theron verdink word, wag nog steeds vir ʼn bed by die Valkenberg psigiatriese hospitaal.

Kyle Maspero (18) is verlede jaar vir sielkundige waarneming verwys en hy is nou 23ste op die waglys, het staatsaanklaer Susan Galloway aan die Wes-Kaapse hooggeregshof gesê. Hy was verlede maand 37ste op die lys.

Galloway het regterpresident John Hlophe versoek om die saak tot 27 Maart uit te stel.

Hlophe het Maspero aangesê om by sy borgtogvoorwaardes te hou. Die hof het verlede jaar beveel dat Maspero vir sielkundige waarneming gestuur moet word, nadat sy regsverteenwoordiger, William da Grass, gesê het sy kliënt sukkel om vir hom instruksies te gee. “Hy kan nie die materiële aspekte van die misdryf onthou nie en dit is as gevolg van die langdurige gebruik van dwelms,” het Da Grass destyds gesê. “My kliënt het reeds in hierdie toestand verkeer tydens die oortreding.”

Da Grass het aangevoer Maspero het vir ʼn verlengde tydperk tik gebruik. Daar is wetenskaplike bewyse dat dit biologiese en fisiologiese veranderinge aan die brein aanbring. “Sy brein is beskadig as gevolg van die dwelmgebruik. Ek dink dit is die eenvoudigste manier om dit te stel,” het hy gesê.

Die aanklagte teen Maspero se medebeskuldigde, Godfrey Scheepers (20), is verlede jaar teruggetrek.

Theron se dogter, Phoenix Racing Cloud (19), het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Sy het erken dat sy haar kêrel [Maspero] gehelp het om haar ma met ʼn tou te verwurg op 7 Maart 2013. Sy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Scheepers het die twee glo gehelp om die liggaam te skuif en dit in ʼn vlak graf te begrawe.

Theron was ʼn bekende in die vermaaklikheidsbedryf in Kaapstad en het op stelte geloop.

Lees alle vorige berigte oor Rosemary Theron op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish! ·

Is reg laat hy wag. Gee hom genoeg tyd om te oefen om mal te speel.

Elfie ·

Nou kom die dogetr lyk my weg net oor haar pleitooreenkoms? Waar is die geregtigheid….?

Janine N ·

Hoekom is dit altyd ‘n ‘tiener’ wanneer hulle NIE wit is nie!!!!! Magtig!

CHRISTA ·

Hulle moet nie sy gebruik van tik die skuld vir sy barbaarse dade gee nie. Waarom dink hulle word dwelms verbied? Ek hoop haar dogter sit die volle tydperk en kom nie op parool uit as sy maar iets soos 5 jaar gesit het nie.

Eish! ·

Ek het die berig ‘n paar keer gelees om te prober verstaan. Nou wonder ek? Is dit ‘n wit vrou met ‘n swart kind? Die name het my dronk geslaan. Ek verstaan nogsteeds nie mooi nie. En ek gebruik nie tik nie belowe.

kayvee ·

Nee, dis n wit na met haar wit dogter. Haar dogter en dié se boyfriend het die moord gepleeg en Godfree het die lyk help skuif. (Nie dat ras n verskil maak nie maar dis dalk meer die storie self wat jou deurmekaar maak)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.