Moordbeskuldige maak amok by PE-hof

Argieffoto

ʼn Zimbabwiër wat daarvan beskuldig word dat hy sy eksmeisie se kêrel in ʼn woedebui vermoor het, het Maandag geweier om ʼn voertuig van die korrektiewe dienste te verlaat wat hom na die Port Elizabethse hooggeregshof vervoer het.

Hofbeamptes het gesê die 30-jarige man het sy moue in aggressie opgerol en het geweier om die voertuig te verlaat om voor regter Irma Schoeman te verskyn. Schoeman het ʼn hofordonnans gestuur om drie keer sy naam in die hof se gang te roep. Sy het daarna die hofordonnans versoek om na die voertuig te gaan en die man te versoek om in die hof te verskyn.

Hy het aan die hofordonnans gesê hy wil eers ʼn sigaret rook, en die hof het vir die tweede keer verdaag om hom toe te laat om sy sigaret te rook. Toe hy uiteindelik in die aanhoudingselle gekom het, het hy hom weer verset en beamptes moes by hom pleit om in die hof te verskyn.

Dit was vinnig duidelik dat hy ongelukkig is oor die mense wat in die openbare galery sit en hy het met personeellede van die hof gestry.

Toe Schoeman die hof betree het, het hy geweier om voor haar op te staan en deur sy tolk, Shelton Chiyangwa, versoek dat die regter die publiek in die galery sal verdaag.

Schoeman het egter verduidelik dit is ʼn oop hof en dat die publiek ʼn reg het om die saak by te woon. “Hofsake en uitstel word in ʼn oop hof angehoor,” het sy verduidelik.

Die moordbeskuldigde het, terwyl hy op die trappe net onder die getuiebank gestaan het, aangevoer hy is nie bereid om in die hof te verskyn nie, as gevolg van die verslaggewers wat teenwoordig is. Hy voer aan die media het in die verlede leuens oor hom gepubliseer.

Schoeman het ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik, maar die beskuldigde het aangevoer hy sal weer wegbly as die toestande dieselfde bly.

Die staat voer aan die man het verlede jaar in November na sy eksmeisie se huis toe gegaan, gewapen met ʼn ysterstaaf en ʼn mes.

Volgens die staat het hy die deur oopgeskop en sy eksmeisie aangerand terwyl sy geslaap het. Hy het haar teen ʼn muur gedruk en haar geslaan. Hy het daarna glo haar kêrel met ʼn ysterstaaf aangerand.

Volgens hofdokumente wou ʼn ander vrou in die huis ingryp, maar hy het glo ʼn mes te voorskyn gebring en haar gesteek.

Volgens die staat het die man steeds die nuwe kêrel aangerand totdat die huismaat teruggekeer en kookwater oor hom uitgegooi het.

Hy het daarna glo die eksmeisie teen haar sin na ʼn plakkershuis in Motherwell geneem en haar twee keer verkrag.

Hy staan tereg op aanklag van moord, huisbraak, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, ontvoering en verkragting.

Die saak teen hom is tot 10 Oktober uitgestel.

Die man en die slagoffers se name word weerhou totdat die beskuldigde gepleit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

piper ·

ons land moet skoongemaak word van buitelamders. dit kom nou teveel voor waar buitelanders by misdaad betrokke is. verder plaas hulle n groot druk op die infrastruktuur en werksgeleenthede.

Morne ·

Waarom rol hy moue op ? Hy moet geboei word en kry ‘n paar fris polisiemanne om sy gat warm te slaan en hom by die hof insleep sodat hy sy lot kan aanhoor. Tipies van ‘n krimineel, wil geen verantwoordelikheid aanvaar nie. Daar moet geen genade getoon word vir sulke arrogante mannetjies nie.

snoepie ·

Wat n grap!! Hy wil die septe swaai en kry dit bonop reg! Waar het jy gesien n krimeneel stel voorwaardes in n hof en kom daarmee weg. As dit oorsee was; het hy sy alie gesien!!

Stan ·

Arrogant!! Wil hy vir die Hof sê wat om te doen? Dan moet hy maar toegesluit bly sonder dat verhoorafwagtende tyd in aanmerking geneem word na sy verhoor nie!!

Sputnik ·

Hou maar verlengkoorde ver weg van hom, hy prober dalk net Grace se styl!

HPV ·

Die beamptes moes by hom pleit om in die hof te veskyn! Ongelooflik! Dit is duidelik die Zimbabwiërs en kriminele beheer die land.

Willem Grobler ·

Hierdie befaamde grondwet van ons strek eintlik net die kriminele tot voordeel. Wanneer hulle verantwoording moet doen word hul regte in die fyndte besonderhede in ag geneem. Die arme slagoffer daarenteen …

Domvraag ·

Daar is net een woord uiters PATETIES.. gepleit word en regter moet aan hom verduidelik….buitelander maak amok en almal buig agter oor.
Wonder of sy eie land se regstelsel so pateties sou optree of sou hul hom met geweld uit die vangwa boender en n dekselse loesing met n sambok gee..

Petra ·

Ek kani glo dat justisie en polisie voorgeskryf word deur ‘n krimineel nie. Ma het niks beters verwag nie.

Hendrik ·

En so regeer die krimineel! Die “we demand” gesindheid wat gekweek is deur die ANC is duidelik sigbaar! Maar die skrif is aan die muur…2019 is amper hier!

SjN ·

Gaan terug na die effektiewe goedkoop manier, gebruik n sambok, sy ore sal oopgaan en hy sal nie eers lus wees om te rook nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.