Moorddossier geopen ná vrou se dood op wynlandgoed

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason en Susan Rohde. Foto: Facebook

Jason Rohde (47), uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa, het ontken dat hy sy polisieverklaring teruggetrek het nadat ʼn moorddossier geopen is om sy vrou, Susan (47), se dood te ondersoek.

Susan se liggaam is die oggend van 24 Julie in ʼn hotel op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch gevind. Volgens mediaberigte het Jason op sy vrou se liggaam afgekom waar sy in die badkamer met die koord van ʼn haartang opgehang was. Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het egter slegs bevestig dat haar liggaam in die hotel gevind is.

Volgens Van Wyk is daar aanvanklik ʼn geregtelike doodsondersoek geopen, maar nadat ʼn nadoodse ondersoek gedoen is, is ʼn saak van moord aanhangig gemaak. Van Wyk wou nie kommentaar lewer oor die beserings wat Susan opgedoen het of die oorsaak van haar dood nie.

Daniel Witz, Jason se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê mediaberigte dat Jason sy aanvanklike verklaring aan die polisie teruggetrek het, is onwaar. “Mnr. Rohde is die persoon wat op sy vrou se liggaam afgekom het en is eers later versoek om ʼn verklaring af te lê,” het Witz gesê.

“ʼn Verklaring is nie by die polisie ingehandig nie, omdat al die partye saamgestem het dat dit gepas sal wees om eers te wag dat patologiese of forensiese ondersoeke en toetse gedoen word alvorens die verklaring ingehandig word. In hierdie stadium is daar nog geen verklaring ingedien nie aangesien al die partye nog wag op die uitslag van die nadoodse ondersoek.”

Oor bewerings dat Jason en Susan Rohde die aand voor haar dood ʼn hewige argument gehad het, wou Witz nie kommentaar lewer nie. “In die lig van die voortgesette ondersoek en die feit dat die saak sub-judice is, kan ons nie nou hierop kommentaar lewer nie,” het hy gesê.

Van Wyk het gesê niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kiepie ·

Die polisie ook, dis hoekom hulle die saak verder ondersoek. Maar hulle kon tyd gespaar het en sommer net vir jou gevra het Gert. En dan sommer vir Annie aangestel het om die verhoor en vonnisoplegging waar te neem. Of nee wag, ekskuus, sy het dit sommer klaar gedoen.

Lucas ·

Annie. Jy is nou aanklaer en Regter en die man klaar gevonnis. Wat se straf het jy hom gegee Edelagbare?

Adoons ·

Skelmbosch, lyk dit my, is ‘n gevaarlike plek as mens familie het….

Cherokee ·

Nog ‘n vraag is waarom nuus oor die Van Breda moorde in Stellenbosch so geheimsinnig stil is.

Carol Pieters ·

Ja Gert, ek verstaan ook nie hoekom moet mens wag tot daar uitslae is van ‘n nadoodse ondersoek alvoor jy ‘n verklaring moet inhandig nie.

Joann ·

I am the judge the jury all in once,I found him guilty and now the trail begun. Ruik n vrot krokkodil.

Ronell ·

Ja nee swaer… hulle onderskat alweer ons intelegensie. Sy verklaring moes al die eerste dag geneem gewees het. ROT…… jou geldgierige kalant…!!!

ronel ·

Volgens n berig in n ander koerant het sy vrou hom die vorige aand voor ander mense beskuldig het dat sy weet van sy skelm verhouding en dat hulle n hewige argument gehad het. Ook berig hulle dat hy wel n verklaring gegee het maar dit nie geteken het nie en daarom se sy prokureur is dit nie wettig nie.
Die berig se egter hy het gese hulle het wakker geword toe gaan sy badkamer toe en toe slaap hy weer….waarna hy nie die badkamer deur kon oop kry nie. Hier kom weer n saak met vele hoofstukke.
Laat mens wonder wat nog in die verklaring staan.

Randie ·

Dankie Maroela Kommentaar… Julle sorg dat ek daagliks my lagspiere oefen… Mense is vreeslike wesens. :-)

Tinktinkie ·

Randi jy is so reg…..Maroela kommentaar is beter as Trevor Noah komedie!!!

Pik ·

Ons gaan seker weer hoor daar was 12 bottels wyn gedrink en niks gehoor die aand sal die eerste wees om jammer te se as ek verkeerd was

Renier ·

12 Bottels wyn teen R66.6 ‘n bottel. Dis ‘n groot klomp geld daar!

Die rot ·

Daar is al hierdie Suid Afrikaanse websites oor white genocide nê, maar oorsee vra hulle al what genocide? They are killing each other.

snoefie ·

verbasend hoeveel mense pleeg selfmoord deur hulleself te hang. mense met toegang tot ander middels. so het ek onlangs gehoorvan n man van bfn wie homself gehang het. toe sy ma op sy lyk sfgekom het, het sy denim op die grond gele. how het hy hom uit sy broeke gespartel?

humor ·

Andrea, bang om batkamer toe te gaan??? Skaf n koos aan!!! Dan het jul mekaa gedurig onder oe.

Marinda Louw ·

Grappies is baie onvanpas op ‘n moordberig. Is ek die enigste persoon wat dit nie snaaks vind nie, maar afgryslik. ‘n Vrou is vermoor. Lewens lê aan skerwe, uitmekaar geruk. Ek sidder om te dink dat haar familie dalk hierdie kommentare (commin-tare!) kan lees van ‘n klomp siellose wesens wat probeer snaaks wees.

Gironki ·

Dis baie tragies wat daar gebeur het. Drie pragtige jong dogters is deur daardie sinnelose daad van ‘n ma beroof. Die hewige rusie tussen die man en sy vrou het blykbaar gespruit uit ‘n buite- egtelike verhouding wat die man gehad het. Die vrou is glo verwurg. Indien dit waar is, waarom dan nie liewers maar skei nie>

Ekke ·

Gironki, as hulle skei moet hy ‘n groot deel van sy rykdom an haar betaal dan is daar nie meer so baie om die “Liefie” mee te bederf nie en dit maak hom minder aantreklik vir haar.

Estelle Potgieter ·

Nog ‘n hoog geplaasde saak. Soos van Breda en Henning sal daar dadels van kom of jare se gesloer. Geld is mag on ons siek samelewing!

Anon ·

En al die mense wat so ruik na die vrot rot, hoe gaan hulle voel as die man werklik onskuldig is. Mense beoordeel te vinnig met die bietjie inligting wat hulle oral lees.

Annie ·

Anon hy is nie onskuldig nie – nog so dag of 2 gaan julle ‘n ander storie sien.

Jessica ·

Jason, jy gaan saam met Oscar sit, praat die waarheid nou en spaar die stories. al weer badkamer dood

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.