‘Moorde en aanvalle regverdig spesialis-eenhede’

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die vlaag gewelddadige plaasaanvalle en moorde in Suid-Afrika sedert die verkiesing vroeër vandeesmaand, is uiters kommerwekkend en dien as bewys dat ʼn dringende behoefte bestaan aan spesialis-eenhede soos die vorige moord-en roofeenheid en ʼn eenheid teen plaasaanvalle, om misdaad te bestry.

Só sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. “Die VF Plus is bekommerd oor die wreedheid van sommige van die aanvalle, en is teleurgesteld dat pres. Cyril Ramaphosa hom nie sterker teen misdaad uitgespreek het met sy inhuldigingsrede die afgelope Saterdag nie.”

In die jongste voorval is twee jong mense gister helder oordag in Benoni vermoor nadat hul voertuig sonder brandstof gaan staan het. Die 19-jarige Johanco Fleischman en sy vriendin Jessica Kuhn (23) is oënskynlik sonder rede doodgeskiet. “Sover bekend word net ʼn selfoon vermis. Dit mag nie die doodstraf in Suid-Afrika beteken om bloot sonder brandstof langs die pad te gaan staan nie,” het Groenewald gesê.

Verlede Maandag is Annette Kennealy (50), ʼn bekende kampvegter teen plaasmoorde, op haar hoewe by Louis Trichardt met ʼn ysterpyp en hamer doodgeslaan. ʼn Man wat glo jare by haar gewerk het, is in hegtenis geneem.

Twee weke gelede is Tool Wessels (55) en sy vrou Liezel wreed gemartel voordat mnr. Wessels vermoor is. Luidens mediaberigte is ʼn 19-jarige burger van Lesotho in hegtenis geneem en drie ander persone is voortvlugtig.

“Volgens AfriForum was daar in die laaste weke verskeie ander plaasaanvalle in die Boland waar dié tipe misdaad voorheen ongekend was.

“Die VF Plus wil hom ten sterkste uitspreek teen hierdie voorvalle, en teen elke ander voorval van misdaad en geweld in Suid-Afrika, veral waar mense gedood of beseer word. Die party wil ook sy meegevoel uitspreek teenoor die naasbestaandes van misdaadslagoffers,” het Groenewald bygevoeg.

“Geweldsmisdaad in Suid-Afrika het té algemeen geword en bedreig die vrede, stabiliteit en menseverhoudings in die land. Die VF Plus sal hom toenemend daarvoor beywer om druk op die regering te plaas om daadwerklik en met erns teen misdaad op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lizelle Clulee ·

Kan maroela asb storie doen. Ek wag al langer as 132 dae my my wapen competency certifikaat. Ek is ń semi single ma. Sonder dit kan ek nie my wapen lisensie kry nie. Ek bly in Montagu. Tussen die boere wat daaglikse plaasmoorde in die gesig staar.

Pieter du plessis ·

DR Groenewald ons se dankie dat jy hulle wil aanvat oor die rasistiese moorde op die minderhede ,vra asb die presedent waneer hy diskriminerende wette teen minderhede wil skrap ,25 jaar glo ek is lank genoeg hoekom moet die minderhede se kinders nog steeds gestraf word vir n sisteem waarvan hulle nie eers deel was nie .Skaf bee af en die ekonomie sal groei ons soek nie spesiale behandeling nie net regverdigheid.

Akademi Buktu ·

U verwag van die ANC, EFF en ander partye se leiers om hul inherente minderwaardigheidskompleks af te gooi. Sal nie gebeur nie, want dis te veel se kaartjie na rykdomme sonder eie konstruktiewe bydrae. Kyk maar noord na Afrika.

Anoniem ·

Blindheid op sy eie is Hartseer vir die blinde persoon maar as iemand siende blind is vir plaasmoorde dan het dit baie laat geword in ons LAND (maak oop Julle oë en reageer op dit WAT Julle SIEN)

Michelle ·

Stem heeltemal saam kry asb net mense wat opgewasse is die werk kan doen nie “kinders” nie kry uitgesoekte mense wat die passie vir die werk het asseblief. Daar was ‘n hele paar goeie moord en roof ouens wat regtig sout van die aarde werd was. Daardie tipe asseblief.

Susan vl ·

Wreedheid van binne tot daad.. hierdie tipe mens moet uit die samelewe verban word. Hoe deurmekaar is ons land se wette teenoor God ons Skepper se wet van liefde.
Moord is nie aanvaarbaar nie. Gelukkig hoef ek nie die wet in eie hande te vat nie, maar God sal intree. Ek sal aanhou glo en bid. God is my verlosser Amen.

No way! ·

Jammer Maroela, dis nie sedert die verkiesing nie, dit het al vanaf die Paasnaweek begin… gaan loer bietjie. Het sedertien nie opgehou nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.