Moorde in aftreeoord: Twee pleit skuldig aan geldwassery

Die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth. (Foto: Facebook)

Twee van die vyf beskuldigdes in die Stella Londt-aftreeoordmoordsaak in Port Elizabeth het vandeesweek skuldig gepleit op ʼn aanklag van geldwassery.

Panganai Mike Mabwe (27) is skuldig bevind en gevonnis tot ʼn boete van R5 000 of 12 maande tronkstraf, asook ʼn opgeskorte vonnis van drie jaar tronkstraf. Craig Nyasha Madiro (20) het ook skuldig gepleit op ʼn aanklag van geldwassery en is ʼn opgeskorte vonnis van drie jaar tronkstraf opgelê, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

Die twee is gevind met gesteelde selfone wat aan een van die moordslagoffers behoort het.

Maroela Media het vroeër berig vyf mense, vier mans en ʼn vrou, is verlede maand in die stad in hegtenis geneem in verband met die moord op Agnes Elaine Burns (91) en Rosemary Langton (87). Die vrou was ʼn werker by die aftreeoord en aan diens toe die moorde gepleeg is.

Personeellede van die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth het die twee vroue op 10 Oktober omstreeks 05:45 dood aangetref in hul onderskeie kamers.

Die ander drie beskuldigdes, Nombebisi Slangveld (34), Mkhuseli Damaneti (30) en Nyasha Manyange (33), bly in aanhouding tot hulle Maandag in die hof verskyn waar hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

???? leser ·

en na hul borgtog gekry het is hulle skoonveld, weg, missing, gone

Klara ·

R5000 of 12 maande vir 2 moorde. Wat ‘n grap het ons regstelsel geword!!!

Jollies ·

Nou verstaan ek niks!!! 2 ou mense is vermoor maar hulle word skuldig bevind aan GELDWASSERY en kry net R5000 boete if 12 maande?????!!!!

JV ·

Verduidelik asb waar kom Geldwassery in. Die is dan n moordsaak.

LANA ·

Die persoon wat die berig geskryf het, moes net beter verduidelik.
Die geldwassery is ‘n ander saak wat voor die moorde reeds aan die gang was teen 2 wat ook nou by die moorde betrokke is.
Die vonnis wat hier genoem word, is vir geldwassery.
Die saak van die moorde moet nog verhoor word.
Ons praat van SA – beskuldigdes het meeste van die tyd meer as een saak teen hulle aan die gang.

Uilspieel ·

Waaaarom kan hulle hoegenaamd aansoek doen vir borgtog? En di gewese werkers was mos bewus van di beplande misdaad. Hulle almal behoort gehang te word.

Annette ·

Belaglik!! Ek vra ook: hoe bring mens die klag en die vonnis bymekaar uit?!!

R smit ·

Wie het Dan daai twee ou mense dood gemaak. Word daar vergeet dat van moord.

Mariana ·

Geen borg vir moord. Hulle sal verdwyn om net iewers anders weer te moor. Weer onskuldiges se lewens te beïndig.

Leon Dormehl ·

Mariana, en sê nou is onskuldig? Iets wat nogal in ons huidige stesel te veel gebeur. Wie is jy in elk geval om vooraf te besluit hulle is skuldig? Borg word nie toegestaan of geweier op grond van skuld of onskuld nie.

Elize ·

GELDWASSERY, Maroela Media, wat rook julle? Die persoon wat die berig geskryf het moet voorbegin, heel voor

Attie. ·

Ek beskou yself as ‘n redelik gemiddelde man van in sy sewentigs maar ek moet saamstem dat hierdie berig meer as eenkeer gelees moet word voordat mens regtig agter die kap van die byl kom. Asb MM, skryf so dat ons die eerste keer verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.