Moorde in PE-aftreeoord: Bejaardes is ‘versmoor, gewurg’

Die Stella Londt-aftreeoord in Port Elizabeth. (Foto: Facebook)

Die 91-jarige Agnes Elaine Burns en die 87-jarige Rosemary Langton, die twee vroue wie se moorde in ʼn aftreeoord in Port Elizabeth verlede week skokgolwe veroorsaak het, het versmoor.

Maroela Media het vroeër berig die twee vroue se liggame is Donderdag omstreeks 05:45 in hul onderskeie kamers in die Stella Londt-aftreeoord ontdek. Hul aanvaller(s) het vermoedelik deur ʼn oop venster op die boonste verdieping van die sentrum toegang tot die gang verkry, het die polisie vroeër gesê.

Volgens die polisie blyk dit dat Burns eerste oorrompel is. Haar hande en voete was vasgebind, haar mond was toegestop en haar kamer geplunder. Langton se liggaam is onder soortgelyke omstandighede gekry.

Die polisie beskou moord as die motief vir die aanval en twee moordsake en ʼn huisrooftog word ondersoek.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het Maandag gesê die nadoodse ondersoek het gewys dat Burns en Langton versmoor het.

“Daar was ook aanduidings dat hulle gewurg is,” het sy gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie en die polisieondersoek duur voort.

Die Stella Londt-aftreeoord, deel van die St. John-groep, het ná die voorval sy “ongelooflike skok en diepe hartseer” oor die voorval in ʼn verklaring te kenne gegee.

“Kommerwekkende vlakke van geweldsmisdaad staar ons land in die gesig, veral teen vroue en die mees weerloses in ons gemeenskappe. Die gebeure [verlede week] is ʼn hartseer herinnering aan die enorme en simptomatiese uitdagings wat alle Suid-Afrikaners die hoof moet bied,” het dr. Thabo Makgoba, aartsbiskop van die Anglikaanse kerk in Kaapstad en hoof van die St. John-orde in Suid-Afrika, gesê.

“Terwyl ons die tragiese nuus probeer verwerk, bevestig die bestuur van Stella Londt, asook van die St. John-orde, dat die veiligheid en welstand van ons inwoners en personeel die vernaamste prioriteit is. Ons werk daarom nou saam met die polisie en ons veiligheidsdiensverskaffer om die feite oor dié afskuwelike misdaad te bepaal.”

Makgoba het gesê die uitwerking van die voorval op die vroue se gesinne, ander inwoners, die sentrum se personeel asook die breër St. John-gemeenskap, was beduidend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johan ·

Op die ouderdom van 91 en 87…..kan dit n mens genoem word wat die daad gepleeg het??? mag ons Almagtige God se toorn ge-openbaar word teen die geweld in ons land!!!!

susan ·

Hoe het hulle geweet van die oop venster
Moet daar nie dalk leuen verklikker toetse op die personeel gedoen word.

Pampoen ·

‘n Spesmase: seker weer groot polise geld betrokke dus miskien moord uit ons eie sogenaamde vredeliiewende nasie? Tyd sal egter leer!

Jo ·

Dis nuusberigte soos hierdie wat my slapelose nagte gee. My huis lyk alreeds soos ‘n tronk, met al die sekuriteit maar nog steeds voel ek elke aand bang.

Nettie ·

@Jo, maak nie saak HOEVEEL veiligheids- en sekureitsmaatreëls jy in en om jou huis het nie; as jy nie VREDE in jou hart het nie, sal jy BANG bly en wees. En dit is geensins bedoel om kritiek te lewer nie. QUE SERA, SERA. Wat moet gebeur sal gebeur. Ek leef, vrou-alleen, in ‘n huisie wat nie meer as 1 km ver van ‘n informele woonbuurt is, waar misdaad aan die orde van die dag is. Ek het alle nodige voorsorgmaatreëls soos diefwering, alarm, honde, gewapende sekuriteitsreaksie en en vuurwapen (wat NIE in ‘n kluis weggebêre word NIE!!!), maar ek slaap elke aand met my Bybel voor my bed oop en ek spreek die bloed van Jesus Christus elke aand voor slapenstyd oor my, my diere en my huisie uit. En God is getrou.

Ekke ·

Alle ouetehuise behoort cctv kameras te hê. Dan het niemand nou gewonder nie.

Wayne ·

Hulle het nie versmoor nie, hulle is vermoor deur hulle te versmoor!

Rubber ·

Die lafaards weet as hulle dalk gevang word sal hul ‘n medalje kry vir hulle dapper daad om ou mense van Europese afkoms te vermoor.

aj ·

My innige simpatie aan die familie en vriend!

Wie het die ‘boonste venster’ oop gemaak? …. en oop gelos?

Was die kamerdeure gesluit?

Wie het geweet van die oorledenes se besittings?

JohanR ·

Kan nie eers meer met waardigheid in die nuwe Suid Afrika oud word nie. As hulle by jou kan uitkom selfs op die ouderdom van 98, dan martel hulle jou, verkrag jou en dan vermoor hulle jou. Het iemand miskien statistiek van hoe gelukkig jy is as jy deur nog ‘n 24 uur in SA kan kom, en niks geweldadig het met jou gebeur nie?

Carl Jordaan ·

Daar is te is veel gevalle waar dit mense is wat nou betrokke is by die werk. As ons mense aanstel moet ons versigtibg wees, wie en wat hulle is.

Jaco ·

Weer n klomp geldwolwe wat te inhalig is om die oord behoorlik te beveilig. Sies!!

Johann cb ·

Sou die Oord dit kan bekostig, sal Kringtelevisie ‘n groot hulp wees. Dit sal net voortdurend gemonitor moet word.

Bees ·

Die angs waar deur daardie onskuldige mense moes gaan, nagmerries wat Hollywood nie kan uitdink nie.

Melanie ·

En dan is daar mense wat op ‘n FB blad genaamd #Imstaying sê hierdie land is die beste. Hulle het seker nog nie gesien hoe lyk ‘n 91 jarige persoon wat vermoor was nie.

Stelling ·

#Imstaying is n liberalistiese denkwysige aksie wat geensins belang het op regdenkes nie! #Imgatv@l

Waarheid ·

Klomp gemors .
Ek is seker dis van binne af gereel deur die personeel.
Gee vir die polisie n fooi en niks kom van die saak nie.
Hulle was seker moeg vir die bejaardes.
Die mooi woordjies van die moord tehuis beteken niks nie….

Hannetjie ·

Ek se liewer niks…want dit wat ek sal kwytraak sal my in die tronk laat beland.

Antoinette ·

Wel, hulle is na alle waarskynlikheid deur die nag vermoor as hulle liggame so vroeg die oggend ontdek is. Ek glo dat alle toegangsdeure gesluit was, maar iemand moes daardie deur wat toegang gebied het dan van binne oopgesluit het. “Inside job.”

Pieter ·

Maters hier is groot geld betrokke ek ruik n VET rot! hoekom juis dié twee bejaardes? begin bietjie ondersoek by persone na aan hulle!

Lee ·

Ek dink ook defnitief “Inside Job”. Polisie moet eer daar soek dan sal hulle vining die skuldiges kry. Lie detector toetse kan great werk.

GL ·

91 en 87 jaar oud.
Kom ons raai watter ras was die lafaards.
Sterkte vir die families mag die Here julle krag gee.
Wat se die I’m staying mensies hiervan?

Joubert ·

Waarskynlik ‘n inside job ja, maar dis nie die probleem nie… Die probleem is hoekom meng mens jouself met diegene wat bereid is om iemand te verwurg vir watter ligsinnige rede ook al. Watter tipe leed kan twee oumense van 80+ enige iemand nou eintlik aandoen? Ons het gekies om ons met die semels te meng, nou vreet die varke ons.

Marietjie ·

Hierdie gebeur by al die aftree oorde. Ek het by die aftree oord in Montana gevra dat deure saans gesluit moet word en hulle antwoord aan my was – hulle weet nie waar die sleutel is nie en gaan ook nie sluit nie – die sekuriteit het my geantwoord dat die oord se bestuur die besluite neem en dat hulle net kyk of die karre gemagtig is om in te kom — wat ‘n grap. Daar sal dringend aandag aan sekuriteit by aftree oorde gegee moet word.

Ana ·

Dit is n snaakse storie, omdat dit eintlik daagliks gebeur. Dit het baie media ontvang daar om sal bevelvoerder sy bestes stuur. Ek weet die tyd loop sou graag iets wou gesien het na 48 uur. Ek hoop daar word ten minste ook gekyk na die testamente van oorledenes.
Sterkte aan die Familie. Ek wens die Pope neem dit ernstig op om te kom kyk wat hier aangaan.

Nettie ·

@Ana – wanneer ‘n persoon sterf (bejaard of nie), is dit te laat om te kyk na hul testament. Meer mense moet besef dat om ‘n testament te hê, is nie ‘n luukse nie; dit is ‘n MOET, al het jy niks om aan niemand na te laat nie. Tensy jy natuurlik bedoel dat iemand wat weet dat hy of sy sou erf, dalk ‘n hand in die twee bejaardes se dood kon hê …. wat dan weer die “bloedbevlekte hand”-term ter sprake bring; jy kan nie erf as jy iemand vermoor (of laat vermoor) van wie jy sou erf nie.

Bokkie ·

Nettie, ek stem 100% saam met jou. Dit wat ons vrees, kom jou oor. Pampoen, vertrou, bid en glo! God SAL jou beskerm. EN daar is derduisende engele om jou huis. Bid elke aand en as jy steeds nie vrede het nie, vra GOD vir vrede. Maak jou hart stil en gee jou lewe aan die Skepper van die heelal want …… Hy sorg vir ons, beskerm ons, en is bitterlik lief vir ons. Ek sal jou ook in my gebede hou!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.