Moordenaar 16 jaar ná wrede plaasmoord gevonnis

Carlo en Peggy van Litsenborgh by hul dogter, Marcelle Lambrechts, op haar troudag. Foto: Verskaf

Mzwandile Tukwayo (52), die man wat Carlo van Litsenborgh (69) in September 2000 op sy plaas in die Paarl-gebied in die Wes-Kaap in sy bed geskiet en met ʼn jaggeweer doodgeslaan het, is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Tukwayo het tereggestaan op aanklagte van moord, huisbraak, ontvoering, roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hy is op die aanklag van ontvoering vrygespreek, maar is op al die ander aanklagte skuldig bevind.

Maroela Media het vroeër berig Van Litsenborgh en sy vrou, Peggy, is op 24 September 2000 in hul plaashuis oorval. Terwyl Van Litsenborgh in sy bed vermoor is, is Peggy vasgebind en aangerand. Die aanvallers het met juweliersware, kontant en ʼn vuurwapen op die vlug geslaan.

Sipho Mlulo Mvumri is in 2001 tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir Van Litsenborgh se moord, maar sy medepligtige was tot 2016 op vrye voet. Tukwayo is uiteindelik in Junie 2016 in Germiston in hegtenis geneem.

Marcelle Lambrechts, een van die Van Litsenborgh-egpaar se vier dogters, het ná die vonnisoplegging aan Maroela Media gesê hoewel geregtigheid geskied het, bring die vonnis nie vir die familie vreugde nie. “Ek is verlig dat die saak nou verby is en ek is tevrede met die vonnis wat [Tukwayo] gekry het, maar ʼn mens kan nooit regtig vrede maak met so iets nie. My pa is steeds vermoor en niks kan hom terugbring nie,” het sy gesê.

Peggy van Litsenborgh. Foto: Verskaf

“Al die jare wat [Tukwayo] op vrye voet was, het ek geweet my pa se moordenaar loop daar buite êrens rond. Ek het gevrees dat hy dit weer aan iemand sou doen en wou gehad het hy moet uit die samelewing verwyder word. Nou is hy uiteindelik agter tralies en ons is dankbaar en verlig. Ek het gedink as hy gevonnis word, gaan ek só bly wees, maar dit is nie so nie. Die verhoor het al die ou wonde weer oopgekrap en dit gaan ʼn tydjie vat om weer te genees.”

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Tukwayo is lewenslange tronkstraf vir Van Litsenborgh se moord opgelê. Hy is ook tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak, 15 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede, drie jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en twee jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word, het Ntabazalila gesê.

Lambrechts sê dit was vir haar baie traumaties om tydens die verhoor te getuig en Tukwayo in die hof in die oë te kyk, maar sy voel dit is iets wat sy vir haar ouers moes doen. (Haar ma is in 2015 oorlede.) “Ek moes sterk wees, vir my ouers en veral vir my pa. Die Here gee ʼn mens die krag en genade om te doen wat jy moet en die mense naby aan ons het ons ongelooflik baie ondersteun.”

Sy het gesê die familie is veral dankbaar teenoor ao. Theodore Carosini, die ondersoekbeampte in die saak, vir die goeie werk wat hy gedoen het om die saak te ondersoek en die familie te ondersteun.

“Die letsel van my pa se moord sal altyd daar bly. Dit het my, ons familie en almal wat hom liefgehad het se lewe vir altyd verander. Maar ons kan nou vorentoe kyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jean ·

Gelyklopende vonnisse beteken vir my niks, in fact word hy dan nie vir die diefstal en huisbraak en besit van ‘n vuurwapen en ammunisie gestraf nie en wat van die aanranding op die oorledene se vrou? Ek wonder hoeveel van die sogenaamde 16 jaar gaan hy wel uitdien? Ek is baie bly dat hy uiteindelik skuldig bevind en gevonnis is maar dit is steeds GEEN justice vir ‘n pa wat gruwelik vermoor is nie. Na ‘n paar jaar se ‘goeie gedrag’ word hy op parool vrygelaat .. skokkend dat mense se lewens niks meer in SA werd is nie.

Wimpie ·

Kan nie glo mens kry deesdae so min nie. Vroer is jy gehang of lewenslank. Nou is die lewe niks meer werd nie

Ekwilibrium ·

Lees deeglik: hy IS tot lewenslank gevonnis, die 15 jaar en 3 jaar is bykomend.

Amanda ·

Nee nou gaan hy tronk toe, slaap lekker warm dag, kry kossies en hoef nie oor rekeninge bekommerd te wees nie. Vir hulle is dit n salige lewe!

Cherokee ·

Jý moet deegliker lees. Dit is nie bykomend nie maar gelyklopend.

Charmaine coetzee ·

Kani glo dis maar al nie verdien lewenslank !!!!!

Nettie ·

@Cherokee, 15 jaar is beslis nie lewenslank nie. Die blikskottel het 16 jaar letterlik met moord weggekom, en is nou maar 52 jaar oud. As, en ek sê AS hy die volle 15 jaar uitdien, sal hy maar 67 wees as hy vrygelaat word; hy kan dan lekker kwalifiseer vir oumens-pensioen en vir nog so 20 jaar leef. Kyk, hy gaan nou lekker sit: in die tronke kry hulle gratis mediese sorg, kos, klere, beddegoed, lekker beddens, TV om te kyk, boeke om te lees ens. Hulle moet hulself net bietjie besig hou met werkies in die tronkgebou ditself – wasgoedkamerwerk, kombuiswerk, tuinwerk ens. En hulle kan selfs lekker dwelms bestel by die korrupte beamptes, drank insmokkel ens. ens. So, wat ‘n lekker lewe in die tronke is dit nie! Nee, ek sê: met lewenslank moet hulle bedóél: lewenslank, m.a.w. tot jy die dag dood is en dan voete-eerste daar uitgedra word.

Slak ·

Sê net dankie hy is tenminste vir n tydperk uit die gemeenskap. Wie weet wat gebeur moontlik daar binne.

Ouma ·

Haai! Dis nog baie lank! Dis my boeties wat ek nooit lewenslank sal opsluit nie!! En hy kom dalk na ‘n jaar of wat uit weens “voorbeeldige” gedrag uit! Om nog wit gesiggies te kom doodmaak!

ken van benoni ·

Dis tyd dat lewenslank presies dit beteken, ook die ding van saam uitdiening is twak!!! Die dat daar geen respek is vir lewe, die gereg of die SELF nie!

leon pit ·

Swak regstelsel dit wat dit is. Alles is swak in die land.

Pieter ·

Saluut ! , vir die gereg . Dit voel elke dag of booswigte net wegkom. Hier is een geval waar ons kan se : ” die polisie het hulle werk gedoen” . Natuurlik bring tronkstraf nie n lewe terug nie , maar die duisende wat steeds ongestraf weggekom , doen meer skade aan ons land en samelewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.