Moordenaar ‘was deel van familie’

court-hammer_thumbDie dag voor drie lede van die Schütte-gesin brutaal deur ‘n werknemer vermoor is, het hul seun aangebied om die moordenaar te help om verdere opleiding te kry, berig The Witness.

Stefan Schütte het op 2 Maart op sy pa Ekard (76), sy ma Elizabeth (66) en broer Lutz (33) se liggame afgekom op die gesin se plaas buite Richmond in KwaZulu-Natal.

Volgens die berig het Stefan buite die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê hy sal graag aan Zamo Maduna (19) wil vra hoekom hy sy gesin vermoor het. “Hoe kan jy mense saam met wie jy gewerk het en wat jou vertrou het vermoor? Hy was deel van ons familie,” het Stefan aan die koerant gesê.

Volgens die berig het Maduna twee jaar lank vir die Schüttes gewerk. Stefan het die dag voor die moorde met Maduna gesels oor sy planne vir die toekoms. Volgens die berig het Maduna gesê hy wil eendag in ‘n kantoor werk. “Dan gaan hy en vermoor my familie. Dit is malligheid. Mens kan dit nie beskryf nie,” het Stefan aan die koerant gesê.

Maduna, Siphesihle Ngubane (20) en Lindokuhle Khoza (18) het skuldig gepleit aan die moorde. Ngubane is intussen vir sielkundige waarneming verwys en die saak is tot 29 Julie uitgestel.

Lees meer hier.

BRON: The Witness

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Behlia ·

Moor die hand wat jou gevoer het. Tragies en hartseer. Hulle kan mos nooit familie wees nie. Mense gaan regtig moet besin hieroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.