Moordenaar, Huisgenoot-joernalis glo smoorverlief

Marizka Coetzer is as Huisgenoot-verslaggewer geskors hangende ’n ondersoek na haar verhouding met ’n 22-jarige moordenaar. Foto: Facebook

ʼn Sondagkoerant maak vandag nadere besonderhede bekend oor die skorsing van ʼn Huisgenoot-joernalis wat glo te nou betrokke by die Krugersdorp-afspraakmoordsaak geraak het.

Volgens Rapport het een van die veroordeelde moordenaars, Le Roux Steyn (22), glo ʼn liefdesverhouding aangeknoop met Marizka Coetzer (28), wat gereeld oor die opspraakwekkende moordverhoor berig. Hulle het mekaar juis ontmoet terwyl sy oor die saak geskryf het.

Coetzer, wat voorheen ʼn verslaggewer by die Krugersdorp News was, werk ook aan ʼn boek oor die bisarre moordsaak, maar is Vrydag met onmiddellike inwerkingtreding geskors hangende ʼn interne ondersoek in samewerking met die bestuur van Media24, wat Huisgenoot sowel as Rapport besit.

Die Sondagkoerant berig hy het WhatsApp-boodskappe gesien waaruit dit blyk Steyn en Coetzer is in ʼn verhouding. In van die boodskappe vra hy haar glo of sy vir hom sal wag. Coetzer is getroud, maar haar huwelik het na verneem word verbrokkel. Watter rol, indien enige, haar verhouding met die moordenaar hierin gespeel het, in is nie bekend nie.

Coetzer het gereeld vir die gesinstydskrif oor die sogenaamde afspraakmoorde op Krugersdorp berig. Foto: Facebook

Rapport skryf volgens ʼn bron wat nou by die saak betrokke is, is Steyn smoorverlief op die joernalis. Sy het hom glo elke naweek in die gevangenis besoek.

Ma en seun is skuldig bevind aan 11 aanklagte van moord, roof en rampokkery.

Steyn en sy ma, Marinda Steyn (51), is in Mei in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis nadat hulle skuld erken het vir hul aandeel in die vier jaar lange moordtog waartydens 11 mense vermoor is.

Ma en seun is skuldig bevind aan 11 aanklagte van moord, roof en rampokkery. Marinda is tot 11 lewenslange vonnisse en ʼn bykomende 115 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl Le Roux tot effektief 25 jaar tronkstraf gevonnis is.

Le Roux en Marinda is saam met Marinda se dogter, Marcel (20), Zak Valentine (33), John Barnard (42) en Cecilia Steyn (37) aangekla. (Cecilia is nie familie van Marinda, Le Roux en Marcel nie.)

Barnard is reeds in 2016 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld erken het en ingestem het om teen die ander beskuldigdes te getuig. Cecilia, Marcel en Zak het nie pleitooreenkomste met die staat aangegaan nie en hul verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Onnie ·

Goeiste Vader is sy mal in haar kop! Maar by gesê… Soort soek soort – het my Ouma altyd gesê.

Johanna van Wyk ·

So Onnie ek neem aan nav jou kommentaar dat jy haar persoonlik ken of het jy maar net jou opinie gelug nav die enkele breinsel aan diens in jou kop vandag? Wie de hel is jy om die mense te veroordeel? Ek het nou dieselfde met jou gedoen en ek ken jou van geen kant af nie, dis nie lekker nie nê?
Ps, ek bid dat jy nie regtig n onnie is nie, ek ys om te dink wat jy hul leer!!!!

Poplap ·

Dat jy jou huwelik en jou werk kan weggooi vir iemand wat seker verewig in die tronk gaan sit. Verstaan party mense se keuses nie, dis nie logies nie!

Die Verlore Skaap ·

Kyk maar net na die groot tatoos op haar arms en ander plekke…
En daars jou antwoord suster …

Hannelie ·

Onnie ek stem 100% saam jou. Hulle is ‘n siek klomp mense bymekaar. Johanna van Wyk jy is seker baie volmaak? Niemand oordeel nie, elkeen is maar net geregtig op hul eie opinie.

LB S ·

Johanna, wat is fout jong, is jy familie van haar dat jy so tekere gaan? Wat Onnie sê is presies wat in my en ek is seker BAIE ander mense se gedagtes aangaan. Dis malligheid!

Pop ·

Onnie jy kan darem nie se sy is sy soort nie. Hys n moordenaar en sy nie. Ek kan nie verstaan wat dit met haar werk te doen het op wie sy verlief is, solank sy haar werk doen.

Pastoor ·

As jy die geestelike realm verstaan waarvan die Bybel praat sal jy verstaan dat soort soek soort. Mense met dieselfde gees is gemaklik tussen mekaar. Bybel sê as jy jou broer haat is jy ń moordenaar…

Yolande ·

Ekt so n klein gevoel dat hy eeder op haar verlief is as sy op hom en dat sy hom slegs in tronk besoek het vir die navorsing vir die boek en hy heeltemal iets anders in dit lees.

Lititia ·

Kyk geen regsdenkende mens sal haar hele lewe opgee vir n moordenaar. Ek kry haar gesin baie jammer . Maar om afgedank of geskors te word daaroor is nie aanvaarbaar. Dis tog haar eie lewe en nie teen die wet

Anoniem ·

Dit word genoem werks etiek…net soos dokter, onderwyser, advokaat ens is daar ‘n lyn wat nie oorskry moet word nie. Verdien om ontslaan te word.

Marianne ·

Nie teen die wet nie, maar professioneel onaanvaarbaar en beslis teen Media24 se beleid.

Abe ·

Lititia,
Onbehoorlik in die lig van haar professie en onaanvaarbaar vir haar werkgewer.

Abe ·

Karlien ,
Dit is verseker haar werkgewer se saak ook en sy sal afgedank word.

Wonder ook ·

Mens wonder altyd hoe vrouens by sulke mans betrokke raak? Sommiges trou selfs met die tronkvoël! Word hulle gefassineer deur boosheid? Nou ly haar beroep en professionaliteit ook skade! Hoop sy kom heel anderkant dié debakel uit.

Piet Snot ·

Ek het soms met sulke mense gewerk. Ek het in die tronk manne ontmoet wat ek aan my suster sou voorgestel het as ek nie hul agtergrond geken het nie.
Van hulle het amper selfs vir my mislei. Sommiges is baie, baie goed met manipulasie.

Twakkie ·

Pop en Karlien: julle is dus tevrede om julle nuus en menings oor sake te kry van ‘n vrou wat duidelik nie eens tussen goed en kwaad kan onderskei nie? Joernaliste moet darem aan sekere etiese kodes voldoen. Op watter stadium sal julle nie meer skouers optrek en meen dis seker haar saak nie? As sy self lid van die moordbende raak? Goeie hemel, dink tog net rasioneel. Dank die vader Media24 het etiese kodes. (Al wonder mens soms!)

Enna ·

Klink vir my soos “‘n storie vir die Huisgenoot” hierdie……….(“,)

Abe ·

Twakkie en Enna,
Die snedige aanmerking wat in elk van julle kommentare teenoor onderskeidelik die Huisgenoot en Media 24 gemaak word is nie geregverdig nie. Ek ken die publikasies al jare lank. Beide van die twee nuusverspreiders handhaaf heel eerbare etiese standaarde.

Sommiges ·

Sommige mense bevind psigopate onweerstaanvaar, en sal alles en almal rondom hulle opoffer ter wille van die psigopaat.

Ongelukkig is dit ‘n feit an die lewe.

Lynne ·

Never ever marry a pscyhopath!! You’ll pay & regret it, for the rest of your life!!!

DewaldS ·

Julle moet net onthou narsissistiese persoonlikheids-versteuring kom ook onder vroue voor. Maar ja – ek kan dit be-aam – jy sal vir die res van jou lewe betaal.

AmY ·

Lewe genade, is die vrou dan van die pad af!!!?
Jy kry moordenaars (wat rehabiliteer kan word) , en dan kry jy sielsiek-mense (vir wie daar niks gedoen kan word nie.

AW ·

“No One Is Righteous”

“It may help to understand human affairs to be clear that most of the great triumphs and tragedies of history are caused, not by people being fundamentally good or fundamentally bad, but by people being fundamentally people.” – Neil Gaiman

“Adam was but human—this explains it all.
He did not want the apple for the apple’s sake, he wanted it only because it was forbidden.
The mistake was in not forbidding the serpent; then he would have eaten the serpent.” – Mark Twain

“All of us have a romantic streak in us. That’s why we are fallible, aren’t we?” – Kapil Sibal

Oudste ·

Filisofie, moraliteit en etiek was nog nooit bedmaatjies nie.

Wilma ·

Psigopate is gladde bekke
Dalk is die f…r n psigopaat
. Sy moet baie ver weghol.

Mariaan ·

O nee genade…waar is die vrou se verstand?? Dis mos nou grillerig om net vir hierdie moordenaar van 11 MENSE te kyk…en sy raak verlief?? Hoe hoe hoe hoe hoe?

Oudste ·

Filisofie, moraliteit en etiek was nog nooit bedmaatjies nie.

TLC ·

Hy haar dalk gebreinspoel want wragtag
Jy weet wat jy skryf maar dan gebeur dit
Ek nie woorde nie
Haar alles in die drein af

TLC ·

Hy haar dalk gebreinspoel want wragtag
Jy weet wat jy skryf maar dan gebeur dit
Ek nie woorde nie
Haar alles in die drein af?

MJ ·

Hy sit in die tronk… en as sy nou nie vir hom wag nie? Wat gebeur as hy eendag wel uit die tronk kom? Hardloop sommer nou al weg!

Skoolmaat ·

Ken haar van skool en varsity af. Sy is intelligent en kreatief maar was nog altyd iemand wat aandag nodig gehad het. Nie seker of die waar is en of sy hom dalk gebruik vir n storie nie. Meskien die boek.

Maar ek weet sy was so paar jaar terug vriende gewees met een van die vermoorde mans(McAlpine) se sussie. Dis wat vir my messed up is.

Andrea ·

Nee o genade, daai man is boos. Geen regdenkende mens sal by n psigopaat betrokke raak terwyl die feite op die tafel is nie. Kan nie glo daar is mense wat dink dis reg nie .

se net ·

net n regte “woord” kan jou kop dom maak dan is alles tevergeef…
sy was net opdie verkeerde plek en tyd gewees .. .. kry haar so jammer oor haar besluite .. maar mens sien niks raak wat ander se .. .. Daai “woord” verander alles

Onnie ·

Johanna en Pop… Ek is beslis ‘n onnie en ‘n goeie een daar by. As julle dink dis dood normaal vir haar om haar werk en gesin in gevaar te stel om agter ‘n selferkende Satanskind moordenaar aan te hardloop, dan is daar ook iets fout met julle. Ek as normale mens sal ek seker nooit verstaan wat in iemand se kop aangaan wat doelbewus ‘n verhouding aanknoop met ‘n veroordeelde moordenaar wat in elk geval lewenslank after tralies gaan sit nie. Soort soek soort, beteken hy en sy het beslis nie al hulle varkies op hok nie!

Frans C ·

Dade spreek duideliker as woorde. Aan jou vriende sal jy geken word.

Cherokee ·

Onnie, jy kan maar aanvaar oorheersend meeste van ons stem met jou saam. Johanna wil jou oortuig dat jy die betrokke mense nie ken nie, terwyl jy reeds weet dat een ‘n massamoordenaar is en die ander een, wetende daarvan, doen wat sy doen.
Johanna, ek stel voor jy gaan drink ‘n vitamine drankie.

Erika ·

Skattie Dit word werks etiek genoem. Jy moes n professional afstand behou het Daardie man het nie n gesonde uitkyk nie

At Dippenaar ·

Met die tipe beriggewing wat Netwerk24 vir R100 per maand wil smous en daai girl se gesiggie….soos iemand hierbo opgemerk het van varke wat semels vreet,,,,, kry vir jou pop!!

Onnie-se-kind ·

Ek dink sy is getoor sodat die moordebaar in haar goeie boekies kan kom.

Speurder ·

Ek sien die twee is facebook vriende. Beteken dit hulle het mekaar voor die tyd geken? Of het hy toegang tot facebook in die tronk?

lolla ·

baie kriminele in die tronk het fb en toegang tot die internet…. ek het verstaan hulle betaal bewaarders baie geld vir selfone om op die internet te wees en oproepe te maak…. ek het gehoor dis n baie goeie ekstra inkomste vir baie bewaarders…..

Interpretasie ·

Baie misleidendende berig…dit sê Steyn is verlief op die joernalis (Coetzer), nie vice versa na, so voor besliste feite, en ‘n erkenning of bewyse en arme Coetzer klaar skuldig bevind.

Cherokee ·

So jy sukkel om feite en brokkies aanmekaar te las en tot ‘n ‘Interpretasie’ te kom.

Nel ·

@Abe, swart op wit:
Haatdraendheid is geestelike moord (Matt 5:22). “Elkeen wat sy broer haat, is ’n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie.” 1 Joh 3:15.

Cherokee ·

Mariska, jy is pragtig en ek weet jy lees beslis hier. Dit is wel so dat IK-bedeeldheid en voorkoms nie noodwendig saamloop maar as deel van jou beroep ken jy die ‘Poppie’ storie en dit is ‘n naweek-aand en ek is nie lus om meer voorbeelde in herinnering te roep maar, ons het altyd gevra “hoe op aarde sy met hòm ‘n verhouding kon aanknoop nadat hy bekend geword het vir wat hy is”. … Ag jong neuk aan. Jy’s groot genoeg om vir jouself te besluit.

Abe ·

Nel en Pastoor,
Julle is reg. Jammer my fout. Die Bybel se wel so.

ES ·

Van Die Pad Af – wat het haar tatoe-merke met enigiets uit te waai? Ek het self tatoe-merke en ek is ‘n Christen wat ‘n besonderse pad met die Here stap. Om die stelling te maak dat jy net na haar tattoes moet kyk om te sien dat sy van die pad af is, is sommer net nonsens.

lolla ·

ek stem saam….tatoos maak niemand sleg nie….ek ken baie mense met tatoos wat ek met my lewe sal vertrou

tish ·

siestog die dame soek seker aandag en selfbejamering. kry die seker by die mordenaar.
gooi sleutel weg ons het julle nie nodig nie

Skroef ·

Weer is n regter in komperisie om die langste tronkstraf op te lê.

Annelize ·

Sy moet haar kop laat lees! Ek het nie woorde nie. Hardloop Poppie, hardloop!

Vanessa Moore ·

Mensie, jy gooi jou hele lewe weg. Moenie dat die seer van jou huwelik wat verbrokkel het in die verkeerde man se arms lei nie. Hy is ‘n moordenaar, hyt nie ‘n toekoms, nog minder ‘n gevoel (hy gaan jou lewe hel maak). Hy kan jou niks bied. Jy gaan net weer seerkry. Begin ‘n nuwe lewe saam iemand wat jou verdien en wat die moeite werd is. Sy hele gesin is die kits kweit. BLY WEG!!!! Moenie dat hy jou flous nie. Haal die kleppe van jou oë af.

AH ·

Marizka, jy is pragtig. Moenie jou lewe weggooi nie! Ek het baie jare gelede amper my lewe verwoes deur te val vir ‘n gladdebek psigopaat. Gelukkig het daar iets gebeur wat my oë oopgemaak het. Dink net met jou verstand. As die passie verby is gril jy dalk vir daardie hande wat bloed aan hulle het. Jy sal nooit ooit regtig goed voel saam met hom nie, al sou julle dalk ‘n toekoms saam hê. Jy sal altyd wonder of hy nie dalk weer kan moor nie, dié keer dalk vir jou………

Carlien ·

Ek slaan my oe op na die berge… Waar sal hierdie vrou se hulp vandaan kom?? En sal haar oe darm betyds oopgaan… aijajai… Ek wens ek kon verstaan hoe vrouens tot sulke mans aangetrokke raak… Dis n saak vir die X FILES..

Karin ·

Of mans na sulke vroue toe. Dit gebeur gereeld dat iemand vir n moordenaar/cult leader ens val.

Joey ·

Vra ek ook! Self met die hoeveel dames wat hul self na OP toe gooi.

kraai ·

Nee my girl, jou lewe is in gevaar. Maak n move en kom daar uit.

KL ·

Wel, nou moet HG iets doen, alles wat sy berig het met die saak word nou in twyfel gestel, as mens nou terug dink aan hoe sy gepraat het oor om op HG warelewensdrama’s, praat sy met bewondering oor hom. Niks nuuts in die joernalis wereld nie, maar nou het sy geen krediet met die saak nie.

Joe ·

Ek dink dies n bemarkings foefie, vir HG, HG WLD en haar “boek”

Carl ·

Wel mense, julle wat haar so oordeel, daar is hoeveel meisies en vroue wat nou nog verlief is op oscar.

Andrea ·

En dit maak nie haar verliefheid op n moordenaar enigsins meer aanvaarbaar of verstaanbaar nie.

Lekker storie ·

Ai dis net ‘n advertensie vir haar nuwe boek. Gaan seker genoem word ‘verlief of n tronkvoël’

Risna ·

Ek is ‘n oorgewig meisie met aknee. Dis beslis nie maklik om ‘n man te kry nie. Sal ook settle vir enigiets. Ander in my posisie sal dit beaam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.