‘Moordenaar’ na 12 jaar in hospitaal gevind

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man wat glo sy vrou in haar ma se huis doodgeskiet het, is vandeesweek ná 12 jaar op vrye voet uiteindelik vasgetrek.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê owerhede was op soek na die 59-jarige voormalige taxibaas sedert die voorval in 2004. “Die man het sy vrou glo na haar ma sy huis in Tembisa aan die Oosrand gevolg en daar, sonder om ʼn woord te sê, net op haar losgebrand,” het Netshiunda gesê. Hy het gesê die vrou is op die toneel doodgeskiet, terwyl haar seun en sy vrou ook gewond is.

Na ʼn soektog van 12 jaar het Interpol die man uiteindelik vandeesweek in Pretoria opgespoor. “Die man is tans in ʼn hospitaal in Pretoria, waar hy opgeneem is kort voordat hy in hegtenis geneem kon word. Hy is onder polisiebewaking,” het Netshiunda gesê.

Interpol het ook sukses behaal toe hulle Donderdagoggend ʼn man in Vereeniging vasgetrek het, wat in Lesotho gesoek is nadat hy skuldig bevind is aan twee aanklagte van moord op 30 November 2004 gepleeg is.

Habofanoe Lephuthela Ntsie (56) het reeds in die Vereeniging-landdroshof verskyn om die uitleweringsproses te begin, het Netshiunda gesê. Hy sal op 25 Augustus weer in die hof verskyn.

Brig. Scott Naidoo, direkteur van Interpol in Pretoria en lid van Interpol se uitvoerende komitee, het gesê Suid-Afrika sal nooit toelaat dat hy ʼn wegkruipplek vir misdadigers word nie. “Hierdie inhegtenisnemings is ʼn duidelike aanduiding van Interpol se visie om wetstoepassers wêreldwyd te verbind om ʼn veiliger wêreld te bewerkstellig,” het Naidoo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Edward ·

Zuma en die Guppies is hier en hulle kruip nie eers weg nie! Hoe moet ons jou nou glo.

KarooKlong ·

Goed gedoen al die betrokke instansies.
Oortreders…..vat nota’s.

Anoniem ·

Skuus vir die dom vragie: hoekom is Interpol betrokke? Hoekom het SAPS nie die mense gearresteer nie?

KarooKlong ·

Nie ‘n dom vraag nie. Wanneer die skollies oor/buite landsgrense vlug of beweeg of wegkruip dan raak Internasionale polisie (Interpol) betrokke. Daar is heelwat meer inligting om jou vraag meer volledig te beantwoord maar ek hoop die voormelde antwoord jou vraag.

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees in die berig en wat ek sien op die argieffoto klop nie. Dis ‘n gevaarlike rewolwer waarvan die skoot afgaan sonder dat die sneller getrek word . . .

KarooKlong ·

Daai ou skiet te vinnig vir jou oog.
Nietemin, skerp,…. vinnig skerp.

Benito Odendal ·

Ou sake is nou prioriteit om die manne in blou besig te hou synde Zuma , sy cadre aanstellings en sy familie besigheid ( Die Staatsdiens ) asook sy Gupta bende untouchable geraak het ……

Topster ·

Ja Anoniem ek stem hoekom Interpol en dit nog na 12 jaar as hulle dink dis n prestasie is dit maar flippen vrot ek sou die hele spil gefire het .Hulle moet 12 jaar se salaris terug betaal want hulle het ons geld vir so lank gemors

Andre ·

Ja almal kon sien Suid Afrika is nie n wegkruip plek vir misdadigers nie.Ignoreer eerder n hof bevel en laat die misdadiger land uit vlieg sonder om n vinger op hom te le.Brig Naidoo moet jouself nie bluf nie,talk is cheep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.