Moordenaar-pa spoedig gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

Die 33-jarige pa van Ladysmith wat sy twee kinders in hul beddens met ʼn mes doodgesteek het, is 12 dae ná hul moord tot tronkstraf gevonnis.

Lt.kol. Shooz Magudulela, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê die pa, Mkhonzeni Bernard Mdladla, is Vrydag in die Madadeni-hooggeregshof gevonnis nadat hy Donderdag skuld beken het op twee aanklagte van moord.

“Hy is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy seun en ook 30 jaar tronkstraf vir die moord op sy dogter. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien,” het Magudulela gesê.

Maroela Media het vroeër berig Mdladla het op 30 Mei omstreeks 20:00 na sy voormalige vriendin se huis in die Gudlintaba-gebied in St. Chads gegaan, waar die kinders, wat vier en ses jaar oud is, in hul beddens lê en slaap het. ʼn Onderonsie het ontstaan en die kinders se ma en ouma wat by die huis was, het uit vrees vir hom weggekruip.

Mdladla is na die kinders se kamer, waar hy hulle met ʼn mes in die nek en maag gesteek het voordat hy gevlug het. Bongukwenza Mlungiseni Mdladla (4) en Thandiwe Lusanda Madladla (6) is op die toneel dood.

Mdladla is ʼn dag ná die moorde in die Ladysmith-sakesentrum in hegtenis geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gesiggie ·

Well Done… lekker om sulke goeie nuus op n Vrydag te ontvang… sterkte aan die Ma van die kinders, wat nog moet rou oor haar kinders, 60 Jaar van nou af… sou hy 93 jaar wees…ek haal aan … sou… want glo nie hy sal dit beleef”’

Liggie ·

Goeie nuus!! Sterkte aan die mamma en res van hulle familie, 30 jaar is nie genoeg vir ‘n lewetjie nie wat nou nog van twee… Hoekom word sy vonnis gelyklopend uitgedien?

CommentQueen ·

Sy kruip weg terwyl haar kindsers se lewens in gevaar is!
Enige ma wat die naam MA werd is sou voor daardie mes ingespring het – of probeer keer het – of probeer het om die situasie te kalmeer….

Johanna ·

Ek vra ook hoekom gelyk lopend sou hy 30 jaar sit dan kan hy nog aangaan met sy lewe ons verstaan nie altyd hoekom ‘n iemand weg kruip nie miskien het sy nie besef dat hy die kinders sal leed aandoen nie

Oni ·

Gesiggie duidelik is dit net 30 jaar wat gelyktydig uitgedien word.

Sarel Strydom ·

“Gelyklopend???” Soos ek verstaan dien hy dus slegs 30 jaar uit i.p.v. sestig. So na aantal jare kwaliiseer hy vie Parool. So wat help ‘n vonnis van 60 jaar dan?

Vlakvark ·

Hy sal 15 jaar uitdien. Die helfde moet uitgedien word voordat hy vir parool in aanmerking kom.
Omdat di 2 vonisse samelopend is, is dit 30 jaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.