Moordenaar ‘per ongeluk’ vrygelaat

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie is op die spoor van ʼn moordenaar wat op vrye voet is nadat hy vroeër die maand eenvoudig uit die Wynberg-landdroshof gestap het toe hy homself as iemand anders voorgedoen het.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Phelo Mtala het op 17 Mei op iemand anders se naam gereageer toe die naam in die hof se aanhoudingselle uitgelees is. Dié persoon was veronderstel was om op dié dag vrygelaat te word.

Mtala is deur polisiebeamptes as die betrokke persoon aangesien en is toegelaat om uit die hof te stap.

Hy is sedertdien soek.

Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, is Mtala reeds skuldig bevind op drie aanklagte van moord met voorbedagte rade asook die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hy moet nog in die hooggeregshof in Kaapstad vir dié misdade gevonnis word en het op ʼn onverwante saak in die Wynberg-landdroshof verskyn ten tyde van sy ontsnapping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
wraggies

Nou waar was die regte persoon toe die name uitgeroep was, is hy stom, is hy nog in aanhouding? Wat ‘n sirkus, al verskil is dat sirkusmense weet wat hulle doen.

Be

Ag dat bestaan nie so iets soos perongeluk nié hul is betaal om hom te los ???? praat mos

jean

Ai tog….ons polisiebeamptes. Is daar ooooit iets tussen daardie ore?

Hanlie

Regtig? Per ongeluk, dit slaan my dronk. Waar was die “ampternare: wat veronderstel was om hom te vergesel? Seker weer op een of ander staking.

Belinda

Kyk…daar is wragtag niks aan “toevallig” hier nie!!!