‘Moordenaar’ se ma help om hom vas te trek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vermeende moordenaar van Thabong in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat sy ma die polisie van sy bewegings in kennis gestel het.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die 22-jarige man se ma het Maandag die polisie gebel en hulle ingelig dat haar seun tuis is en glo sy vriend vermoor het.

Die polisie was reeds op soek na die moordenaar van Moeketsi Booi (25) wat Sondag omstreeks 10:30 by New Stands in Thabong met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Daar word beweer die verdagte het glo ʼn rusie met Booi gehad oor tuingereedskap.

Die verdagte het Booi glo met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek voordat hy op die vlug geslaan het. Ooggetuies het die polisie en nooddienste ontbied. Booi is op die toneel dood verklaar.

Mokhuoane het gesê die verdagte sou vandag in die Welkom-landdroshof verskyn. Sy naam is nie in hierdie stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

As hy sy vriend vermoor en dit oor tuingereedskap, kan jy dink wat hy sal doen aan iemand wat hy as ‘n vyand beskou? WAT GAAN IN HIERDIE LAND VAN ONS AAN? WANNEER GAAN DIT OPHOU??

Nico ·

Daardie ma het gedoen wat reg is. As jou kind verkeerd was mag jy hom nie beskerm nie.

Andre Marais ·

en so is die Ma se Lewe nou in gevaar indien die seun borg kry wat seker gaan gebeur – kan die Polisie en so ook die Media nie net bietjie meer dink aan die Persoon (die Ma in die geval) se veiligheid en meer beskermend optree deur die woord Ma met “Iemand” te vervang / gebruik nie – vra maar net en dit die groot rede hoekom al hoe meer Mense nie wil betrokke raak en of uitkom met die waarheid nie want Hulle Privaatheid en Veiligheid word nie Beskerm en of Gerespekteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.