‘Moordenaar’ vas by begrafnis van vermoorde konstabel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige man is in hegtenis geneem terwyl hy die begrafnis bygewoon het van die polisiebeampte wat hy glo vermoor het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte het die begrafnis van konst. Nomathamsanqa Ivy Tsitsi in Port Elizabeth bygewoon toe hy in hegtenis geneem is. Tsitsi is op 12 November in Motherwell vermoor.

Volgens Beetge is dit die derde verdagte wat in verband met Tsitsi se moord in hegtenis geneem is. Die verdagte sal op 3 Desember in die Motherwell-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Lt,genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, het haar tevredenheid uitgespreek met die inhegtenisneming van al die verdagtes in die saak. “Dit wys ons toewyding om te verseker dat diegene wat polisiebeamptes aanval en vermoor aan die pen sal ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

‘n Mens lees die berigte op Maroela en wonder “Wat het hierdie persoon gedink?’ Wat “dink” jy terwyl jy jou loopbaan as dokter op die spel plaas deur ‘n swanger vrou te verkrag? Wat “dink” jy as ‘n onderwyser doodskiet met jou dienspistool omdat hy by jou “girlfriend” kuier? Wat “dink” jy as jy ‘n ander polisieman se dienspistool gryp en jouself in die kop skiet?” Wat “dink” jy as jy by die begrafnis opdaag van die polisielid wie jy vermoor het? Hoe meer ek hierdie berigte lees, hoe meer kom ek tot die besef dat daar heelwat individue is op hierdie planeet wat NIE dink nie. Dit het my begin opval nadat ek van ‘n saak gelees het waar ‘n 26 jarige jong man sy werkgewer, ‘n 69 jarige vrou, op die grond vasgedruk, haar skedel met ‘n hamer verbrysel het, die kontant in haar kasregister gevat het, en met haar kar weg gery het. Hy het die kar binne 5km van die winkel af gerol, en is daar gearresteer. Wat het hierdie persoon gedink terwyl hy besig was om sy werkgewer se skedel stukkend te kap? Het hy gedink hy’s nou die eienaar van haar winkel? Het hy gedink sy finansiële probleme is iets van die verlede? Het hy gedink haar kar is nou syne? Het hy gedink niemand gaan op haar lyk afkom en vra wat daar gebeur het nie? Wat het hierdie persone gedink terwyl hulle besig was met wat hulle gedoen het? Die skokkende ontdekking is dat hulle NIE gedink het nie. Hulle was bloot ingestel op onmiddelike bevredeging van ‘n instink. Ek is nou nie ‘n slim sielkundige nie, maar ek lees oor baie dinge as ek kans kry. Daar is slim mense in Universiteite van oor die hele wêreld, wat reken Afrikane het ‘n baie laer gemiddelde intelligensie as 1ste wêreld inwoners, en dan, baie belangrik, die emosionele intelligensie van ‘n 11 jarige kaukasiër. Gaan kyk maar hoe “dink” ‘n 11 jarige kind. Baie min van hulle beplan vir die lang termyn. Baie min van hulle kan die gevolge van hulle dade voorspel, en hulle gedrag dienooreenkomstig aanpas. Hulle is selfgesentreerd, en stel net eintlik belang in onmiddelike gratifikasie…..sonder om te dink aan die gevolge van hulle dade. Is dit nie presies wat mens in hierdie berigte lees nie?

Adam stander ·

Jou antwoord moet eintlik n berig op sy eie wees wat mens kan share.
Spyker op sy kop!

HEVW ·

Wanneer iets algemeen raak soos moord tans, dan is dit nie vreemd dat die moordenaars so mak sal raak nie.

Skim ·

Miskien is ek net swartgallig. Miskien is my gemoed net so grou soos die weer vanoggend, maar dis wat jy kry as kriminele nie meer respek het vir jou land se wette en gereg nie……

neelsie ·

As jy na die gedagtegang van n ene Malema kyk , dan besef jy dat die denkvermoe ver tekortskiet.

Theresa B ·

Goeie genugtig – nou het ek wragtig alles gesien (gelees). Hoe verwaand kan jy wees?

Theresa B ·

Skim – Dis omdat hulle wegkom met alles en so baie “regte” het. Hulle is so verwaand. Grote griet – waar in die lewe het jy dit nou teegekom dat hy die begrafnis bywoon van die person wat hy vermoor het. Hierdie spul never stops to amaze me!!

Maryka ·

Daar word vermoed dis haar man, was in die plaaslike koerant dat haar ma ‘n hofaansoek gedoen het om te keer dat hy haar begrafnis reel ens.

scalla ·

Hy wou seker volgens tradisie gaan vleis en pap eet na die funeral, hy het gemis op die party

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.