‘Moordenaar’ vasgetrek toe hy vriend se hofverskyning bywoon

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man is Woensdag in die openbare galery van ʼn KwaZulu-Natalse hof in hegtenis geneem toe hy die hofverskyning van sy vermeende medepligtige bygewoon het.

Willies Mchunu, provinsiale LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling, het gesê die man is in hegtenis geneem weens die moord op William Mthembu en Thokozani Machi.

Mthembu (53) en Machi (42) is op 12 September in die parkeerterrein van die Montclair-supermark doodgeskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug, maar ʼn week later is ʼn 22-jarige verdagte weens die moorde in hegtenis geneem. Toe die verdagte Woensdag weer in die hof verskyn, was sy vermeende medepligtige in die openbare galery waar hy summier deur die polisie in hegtenis geneem is.

Die moord van Mthembu en Machi vorm deel van die voortslepende geweld by die Glebelands-wooneenhede, het Mchunu gesê. Die wooneenhede is in twee faksies verdeel en daar word baklei vir beheer oor die kamers en beddens. Die Glebelands-geweld was vermoedelik die oorsaak van 44 inwoners se dood sedert Maart verlede jaar.

Na raming is 65% van die 22 000 mense wat in die 80 woonstelblokke woon werkloos, maar die werkloosheidsyfer in die algehele gemeenskap is ongeveer 95%, het Mchunu gesê.

“Die inhegtenisneming van die twee verdagtes bewys onteenseglik dat die polisie die situasie in bedwang het en dat die regering ʼn plan het om die situasie in Glebelands te stabiliseer,” het hy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Drieks ·

Zuma, net om hier te lees sé my hoe verskriklik jy ons land in die moeilikheid het. 65-95% in een gemeenskap van 22000 mense sonder werk. Resep vir GROOT hartseer geskep deur die Anc…

Johann ·

Drieks….moenie die A&C blameer vir alles nie. Daar is niemand so lui as hy wat nie WIL werk nie. En dis van toepassing op ALMAL in hierdie land……Die deursnit Suid Afrikaner WIL NIE werk nie, hulle wil net GELD hê….

Eish! ·

Johann, dalk bly jy in ‘n ander SA. Jammer maar 3 mansvriende en my eie dogter sit sonder werk. Doen aanmekaar orals aansoek en dan word anderskleuriges aangestel. My dogter is nou in ‘n nie blanke man se pos, wat nie vir werk opgedaag het nie. (Net tydelik) Die mans is gekwalifiseerd, een met 7 ambagte en die ander met 5. Die ander met 3. Hul kry net nie werk nie. Ek weet want ek stuur al 3 se CV’s daagliks uit. Druk ook baie CV’s vir hul. Ek wil bitter graag trek, maar kan nie want ek weet ek sal nie weer ‘n werk kry nie. Deesdae moet jy klou aan wat jy het. Sover ek weet is die enigste werk waar jy maklik ‘n pos kry die Onderwys en dan is dit ook beheerliggaam poste waar die mense nie betaal word vir hul kennis nie, maar omdat hul verlee is maar die werk aanvaar. Skrik wakker!

Martin ·

Dit is nou die eerste keer wat ek hoor van iemand met 7 ambagte. En dan kry hy nie werk nie. Iets maak nie vir my sin nie.

Dee ·

Ek het ook nog nooit gehoor van ‘n ambagsman wat in soveel ambagte gekwalifiseerd is, nie. Eish, dit is seldsaam dat iemand in selfs net twee ambagte gekwalifiseerd is.

Manie ·

Hoe het hulle die situasie in beheer met 44 moorde vanaf Maart verlede jaar?
Moenie vir julle self lieg en verwag ander moet dit glo nie.

Hettie ·

Waarom ANC toelaat dat buite van SA in SA bly????? Dis hoekom baie mense sit sonder werk! Word erger vermoor, aanrand, ens in SA! Mooiste SA word verdwyn!

Potts ·

Eish,
Ek verstaan die frustrasie, maar moet nie die pap te dik aan maak nie, dan help ons nie ons saak nie…….. “7” ambagte………..as jy goed is vat dit jou 3 jaar om n ambag te doen, so hy was 21jaar lank n vakleering…….

pop ·

Potts, sekere mense wil graag hulself in posisie sit waar hulle verseker is van werk. Dan doen hulle paar ambagte op n slag. Mens gaan deesdae college toe vir ambag en jy kan dan meer as een doen op n keer. Dis hard maar jy kan. En selfs dit help bleikbaar ook nie deesdae nie. Die mense met ambagte kan egter baie makliker oorsee werk kry. Hulle moet agente kry wat vir hulle werk sal kry daar.En tussen hakies, dalk is daai 7 ambag man in sy veertigs.

M ·

Daar is ‘n minimum praktiese tyd gekoppel aan elke vakleerlingskap. Jy kan nie twee ambagte terselfde tyd loop nie. As die man sewe ambagte het verbaas dit my nie dat hy nie kan werk kry nie, want hy kon nog nooit werk om enige ondervinding op te doen in een van die sewe nie. En hy moet redelik welaf wees want dit kos ‘n klomp geld om jou ambag deur ‘n kollege te doen.

Frikkie ·

Daai ou met die 7 ambagte maak seker hout tousters vir ‘n lewe. Ek sê maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.