Moordenaar-verkragter sit lank ná skrikbewind

Argieffoto

Aglin Davis is vandeesweek in die Wes-Kaapse hooggeregshof, wat in Beaufort-Wes gesit het, tot twee keer lewenslange tronkstraf sowel as ʼn bykomende 100 jaar en ses maande gevonnis.

Davis is skuldig bevind op ʼn reeks aanklagte waaronder sewe aanklagte van verkragting, moord, poging tot moord, twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, vyf aanklagte van huisroof en aanranding.

Die 21-jarige Davis se skrikbewind het op 11 Mei 2013 begin toe hy by ʼn huis in Prince Valley in Beaufort-Wes ingebreek het.. Davis het met ʼn klapmus aan by huise, meestal waar vroue alleen gewoon het, ingebreek. Hy het die vroue aangerand en van hulle ook verkrag.

Davis het ook vroue wat alleen huis toe gestap het aangeval. Hy het gedreig om hulle met ʼn mes te steek voordat hy hulle verkrag het. Van sy slagoffers is met gordels en stukke klere geblinddoek. In een geval het ʼn fietsryer verbygery terwyl hy ʼn vrou verkrag het en het hy die fietsryer “genooi” om ook die vrou te verkrag.

In ʼn ander geval het hy ʼn vrou verkrag terwyl haar sesjarige dogter langs haar gelê het. Davis is ook skuldig bevind aan moord nadat hy tydens een voorval ʼn mussie in ʼn vrou se mond gedruk en sy versmoor het. Davis is op 28 Desember 2016 in hegtenis geneem.

“Die beskuldigde het vir meer as drie jaar met sy skrikbewind weggekom voordat hy aangekeer is. Die slagoffers is gewurg en met ʼn mes gedreig. Talle slagoffers by wie se huise daar ingebreek is, is verkrag en beroof. Die vrou wat dood is was vir 20 jaar getroud en laat vier kinders agter,” het adv. Marésa Engelbrecht, die staatsaanklaer, gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die vonnis verwelkom. Eric Ntabazalila, provinsiale woordvoerder van die NVG, het gesê die vonnis is gepas vir ʼn man wat geen agting getoon het vir vroue nie. “Hy het hulle regte geskend en hulle met letsels gelaat wat jare sal neem om te genees, maar ons hoop hulle sal troos vind in die feit dat Davis nooit weer ʼn vrou sal leed aandoen nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theo ·

Nou hoe lank gaan hy toegeslut bly ?Gaan hy oor so 12 jaar vrygelaat word.op parool ?

Tanzie ·

Hier moes die doodstraf nog in werking gewees het. Hy het al op 16 jarige ouderdom begin met sy streke en daar is geen kans vir rehabilitasie nie. Skandelik!

Muffin ·

Stem saam. Doodsstraf moet terug gebring word. Nou het hy verniet n blyplek, kos en klere en ons moet betaal.

Gesiggie ·

Ja nee 100 Jaar of meer … glo nie, na 6 maande is hy uit”’ hierdie man het al te veel lewens verwoes… tronk lewe te lekker vir hom… Stem,,, Bring die Doodstraf terug…

Selfbeskikking ·

Oor paar daggies loop hy op vrye voed en verkrag meer en neer in hierdie land wat misdadigers ophef tot heldestatys. Nee, dis tyd vir selfbeskikkingsooreenkomste, ons kan nie meer die land deel met misdadige politici en misdadige burgers nie, dis nou genoeg.

Rissiepit ·

so hy het met sy skrikbewind begin toe hy 16 was…….scary verby. Doodstraf sou genadig wees, laat hy tronk toe – pestilensie se soort en hy hoort by sy broers……

Siek en sat ·

Nou betaal belastingbetalers sy onkostes. Hy moes doodstraf gekry het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.