Moordenaar vra slagoffer se ma om sy weergawe te glo

Donald Sebolai tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Donald Sebolai tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige radio-omroeper wat skuldig bevind is aan die moord op sy vriendin, het haar ma gesmeek om sy verduideliking te glo dat hy nie ʼn gewelddadige man is en nie die bedoeling gehad het om haar te vermoor nie.

Donald “Duck” Sebolai, ʼn voormalige omroeper by Jozi FM, is skuldig bevind aan die moord op Rachel “Dolly” Tshabalala. Hy het haar twee jaar gelede in haar woonstel met ʼn mes gesteek voordat hy met haar motor gevlug het en haar vir dood agtergelaat het.

Sebolai het ter strafversagting by Tshabalala se ma gepleit om die getuienis dat hy ʼn gewelddadige verlede het te ignoreer. Volgens regter Cassim Moosa ontken Sebolai steeds dat hy Tsahabala enigsins met ʼn mes gesteek het.

“Ek het haar nie gesteek nie, ons het oor die mes baklei.” Sebolai hou vol dat Tshabalala haarself met die mes gesteek het. Hy het in trane gesê hy wens dat Tshabalala steeds geleef het aangesien hy en haar familie haar nodig het.

Sebolai het gesê hy het ná die voorval die bloed op die vloer opgevee en dat hy toe ander goed gaan doen het aangesien hy bang en in skok was oor die bloedkolle. Volgens Sebolai moes hy Tshabalala se lewe gered het, maar was hy in skok en bang nadat hy gesien het hy is ook beseer.

Moosa het Sebolai die geleentheid gegee om redes aan te voer waarom hy nie tot die voorgeskrewe minimum van 11 jaar tronkstraf gevonnis moet word nie, voordat hy die saak tot 11 Februarie uitgestel het vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Nee wat, as hy ‘n gewelddadige verlede het wat op die ou end wel na moord gevorder het moet hy maar sit. 11 Jaar is in elk geval te kort!

Gesiggie ·

Eerstens Mnr as dit dan nie eintlik jou bedoeling was… hoekom het jy haar net daar gelos? dat sy dood moet bloei.. nou wil jy onverskoning vra: dit gaan nie haar lewe terug bring.En dan het jy nog terug gegaan om jou spore dood te vee…Wie het nou eintlik die mes gehad.. As jy regtig omgegee het, sou jy met haar na n Hospitaal gejaag het. En so sou jy dan jou kant van storie kon verduidelik… Hoe glo n mens dan nou jou storie.. die enigste een wat die waarheid sal weet, is die vrou wat nie meer daar is. Hoop die waarheid kom uit.

Wat-ek-lees ·

Plaas dat hy haar eerder met die mes deur ‘n deur gesteek het.

ZHARA ·

My magtie nou hoekom het hulle nie sy verhoor ook regstreeks uitgesaai nie , hy is dan ook n glanspersoonlikheid. Interesant!!!!

Gideon ·

Hierdie gelieg begin my nou vang!! Daar is nie meer iets soos waarheid nie. Sommige mense besef nie dat die hof ‘n plek is waar eerlikheid tel nie. Dit lyk vir my tog of hierdie tipe regstelsel nie werk in Afrika nie! Ek sien dit weekliks hier op my plaas. Mense daag nie op vir werk nie, dan kom daar die grootste leuens uit, hoe kan almal deesdae so lieg, agnee wat, as ek ‘n regter was sou ek my so vererg dat ek bedsnk het!!

tamboti ·

Hoe se Donald Duck: “Kwa kwa kwa – twak twak twak alles twak, kwa kwa……..”

Theresa B ·

Ja die bedoeling was nie daar nie maar tog het jy dit gedoen. Maak nie saak wat jy sê nie – dit sal nie sake ongedaan maak en die vrou terugbring nie. Jy moet uit die samelewing verwyder word. Jy het haar ontneem van haar lewe – jy verdien ook nie om te lewe nie.

Leon ·

Enige, maar enige man wat sy hand teenoor ‘n vrou of kind lig hoort weggebere te word tot die seldeure roes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.