Moordenaar wat uit hof stap weer vasgetrek

Phelo Mtala. Foto: SAPD

Die moordenaar wat verlede maand uit aanhouding ontsnap het toe hy doodluiters uit die Wynberg-landdroshof in Kaapstad gestap het, is aangekeer ná net meer as drie weke op vrye voet.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê Phelo Mtala is gisteraand in hegtenis geneem nadat sy voertuig in Durbanville voorgekeer is. Mtala was saam met twee vroue en ʼn man op pad na Malmesbury toe hy vasgetrek is.

“Uitgebreide netwerke en talle slapelose nagte deur Nyanga-speurders, blitspatrolliebeamptes en beamptes van die provinsiale bedryfsentrum het gelei tot Mtala se inhegtenisneming,” het Rwexana gesê.

Maroela Media het vroeër berig Mtala het op 17 Mei in die Wynberg-landdroshof verskyn. Nog ʼn beskuldigde wat op dié dag saam met hom in die hof was, was veronderstel om vrygelaat te word, terwyl Mtala na Pollsmoor-gevangenis teruggeneem moes word.

Mtala is reeds vroeër skuldig bevind op drie aanklagte van moord en drie aanklagte van onwettige besit van ʼn  vuurwapen.

Toe die naam van die beskuldigde wat vrygelaat moes word uitgelees is, het Mtala gereageer, sy vingerafdrukke op die vrylatingsvorm aangebring en uit die hof gestap.

“Hy sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding en sal ook van Pollsmoor na die Wynberg-hooggeregshof geneem word om vir sy ander sake te verskyn,” sê Rwexana.

“Die ander drie mense in die voertuig sal aangekla word van hulpverlening en huisvesting van ʼn veroordeelde misdadiger.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wonder-net ·

Ek wonder net wat het van die man geword wat vrygelaat moes word? Het hy net stilgesit en kyk hoe iemand anders namens hom vrygelaat word?

Elize C ·

Wonder-net : die kans is goed dit is vooraf so afgespreek. Die een wie agtergebly het, het waarskynlik net aan die einde van die verrigtinge na ‘n beampte gestap en gesê nou hoe nou, ek moet mos vrygelaat word. Dalk net gesê hy het op ‘n stadium na die kleedkamer gegaan, of aan die slaap geraak, of wat ook al, en nie sy naam gehoor toe dit geroep is nie. As hulle dan die rekords begin nagaan, en sy identiteit bevestig, sou hulle sien hulle het nie ‘n keuse as om hom te laat gaan nie. Hy is dalk ‘n paar rand ‘n dag of wat later deur Mtala in die hand gestop daarvoor……

Niklaas ·

Dit raak nou prettig in hierdie land en die Agbare beamptes wat hierdie glips laat ontstaan het krap seker nou nog hul koppe. Soveel hardwerkende SAPS lede moes ander take opsy skuif om hierdie kerel weer vas te trek. Dis belaglik hoe maklik misdadigers deesdae ontsnap en die vraag ontstaan…is daar nie hulp intern aangebied en aanvaar nie , teen geldjies in sommige gevalle !

Wonder ·

Vrou vermoor in Durbanville en sy voertuig ook gevind in Durbanville…… Lees some so na mekaar van dit

Jepetto ·

Dankie Vader die man is weer agter tralies ek het nie gedink dat hulle hom ooit weer sou vang Baie mooi SAP Dis baie lekker om so berig te lees dit gee mens moed vir die lewe .

Lynette ·

In hierdie land van ons is daar eenvoudig net nie so iets soos ‘checks-and-balances’ in enige departement of staatsorganisasie nie…..dis absoluut skrikweķkend.

jakes ·

Slaan my dronk dat die ontsnapte soos n doodgewone goeie burger maar net gelewe het asof niks gebeur het nie. Het hy nie kon dink dat daar na hom gesoek word nie? Geen pille vir domheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.