Moordenaar wil ‘geregtigheid ontwyk’ met aansoek om mediese parool

Carl Schoombie is in November 2015 vermoor. (Argieffoto)

Carl Schoombie, die man wat in November 2015 ná ʼn ernstige aanranding dood is, se suster wend haar nou met ʼn petisie tot die minister van korrektiewe dienste om te voorkom dat een van Schoombie se moordenaars op mediese parool vrygelaat word.

Schoombie (27) het op 21 November 2015 saam met vriende by ʼn nagklub in Claremont in Kaapstad gekuier toe ʼn geveg uitgebreek het. Hy was nie daarby betrokke nie en het die klub in ʼn taxi verlaat.

Die taxi is in die rigting van Rondebosch deur ʼn ander voertuig, met twee mans daarin, van die pad gedruk en Carl en sy twee vriende is beskuldig dat hulle die geveg begin het. Hulle het herhaaldelik gesê hulle was nie betrokke nie, maar is nogtans ernstig aangerand.

Schoombie is ná die voorval met ernstige kopbeserings in ʼn hospitaal opgeneem en is ʼn paar dae later dood.

Brent Henry is kort ná die moord in hegtenis geneem, terwyl Juane Jacobs eers in Februarie 2016 in Johannesburg aangekeer is. Die twee is in Mei 2017 skuldig bevind aan die moord op Schoombie en lewenslange tronkstraf opgelê.

Verlede jaar is hul appèlaansoeke om hul vonnisse te laat verminder, van die hand gewys.

Jacobs doen nou aansoek om mediese parool nadat hy vier jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien het. In ʼn video van GroundUp sê sy ma, Juliette Salie, Jacobs se lewensgehalte in die tronk is uiters swak. Hy ly boonop aan onderliggende siektetoestande.

GroundUp berig die Leeuwkop-gevangenis, waar Jacobs aangehou word, is van die oorbevolkste tronke in Suid-Afrika en hy is volgens sy familie aanvanklik onder haglike toestande in ʼn hospitaal behandel.

Volgens Salie het haar seun reeds twee hartaanvalle en ʼn beroerte agter die rug, hy was MIV-positief voordat hy tronkstraf opgelê is en nou ontvang hy dialise omdat sy niere ingegee het. Sy voer aan Jacobs is werklik siek – en dat die siekte nie net gaan verdwyn nie – en meen as ʼn gevangene soos oudpres. Jacob Zuma op mediese parool vrygelaat kan word, haar seun se aansoek ook billik oorweeg moet word.

Zuma is 15 maande tronkstraf opgelê weens minagting van die hof. Hy is na sowat twee maande op mediese parool vrygelaat.

Jacobs is volgens GroundUp een van 52 gevangenes wat vanjaar al vir mediese parool aansoek gedoen het. Tot dusver is 16 aansoeke toegestaan, hoewel dit is onduidelik wat die uitkoms van Jacobs se aansoek was.

Schoombie se suster, Jade Southwood, bestempel Jacobs se oproep egter as ʼn “dramatiese pleidooi” in die media om simpatie vir Jacobs te probeer werf.

“Hou in gedagte dat Juane geen berou of simpatie tydens die moordsaak en verhoor getoon het nie,” sê Southwood.

Sy sê Jacobs was drie maande ná die moord op sy broer nog voortvlugtend en is eers aangekeer nadat ʼn groot kontantbeloning vir sy inhegtenisneming aangebied is.

Southwood sê ook Jacobs se aansoek om mediese parool is niks minder as ʼn “poging om geregtigheid te ontwyk” nie.

Sy vra mense om die petisie te onderteken ter ondersteuning van die stryd om geregtigheid vir Schoombie – en om ʼn stokkie voor Jacobs se aansoek om mediese parool te help steek.

“Ons hoop die petisie gaan verandering en geregtigheid verseker, nie net in Carl se saak nie, maar ook in alle moordsake waar mediese parool gesien word as ʼn manier om geregtigheid te ontduik.”

  • Hierdie berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Lesly ·

Zuma se mediese parool het so ‘n bietjie van ‘n presedent geskep. Elke Jan rap en sy maat gaan nou aan skielik Shaik griep ontwikkel.

Janice ·

Maak my woedend. Nog ‘n ma wat nie wil verstaan laat haar opvoeding haar kind gefaal het nie en daarom het hy ‘n ander onskuldige man doodgemaak. Ek sit my kop op ‘n blok as daar verder ondersoek gedoen word, sal dit wys Jacobs het ‘n geskiedenis vir onskuldige mense opvoeter vir geen rede nie. Hoekom wegvlug as jy niks verkeerd gedoen het nie? Glad nie jammer vir hom nie. Laat hom sit.

Marisa W ·

Ag asseblief – is elke ding wat ‘n kind doen die Ma se skuld!? Jy het duidelik nie kinders nie of jou ogies moet nog oopgaan.

Mallie ·

Waar was geregtigheid toe hy Carl aangerand het? Nou wil hy simpatie van die publiek he. Foeitog, laat hom sit.

Cabytheron ·

Ek vermoed Jacob’s se ma huil ook nou soos Carl se familie! Een troos, sy ma kan hom in die tronk besoek. Jy is bevoorreg Mamma! Carl se familie gaan hom nooit weer sien of met hom kan praat nie. Hoe seer is dit nie, Salie? Ek voel jammer vir jou, maar jou seun moet sy straf uitdien.

Onnie ·

Ek dink nie mediese parool moet ‘n opsie wees vir iemand wat moord gepleeg het nie. Hoekom is sy lewe en lewensgehalte nou skielik so belangrik, hy het vroeëer niks daarvan gedink om ‘n ander se lewe te neem nie. Ek kry sy ma jammer, maar sy moet ook nou maar vrede maak met haar seun se verkeerde besluite. Wat jy saai sal jy maai.

Sarel ·

Mevtou…wasr was jy toe jou srun ‘n jong man se lewe geneem het.

Nie Verbaas ·

Laat hy agter tralies bly. Hy was nie te siek toe hy aandeel in moord gehad het nie. Ek sal petisie teken.

Filistyn ·

Sorry boeta, jy verdien niks beter nie. Jy moet maar weet, elke aksie het ‘n reaksie , en jy moet nou maar die verantwoordelikheid van jou dade in die oë kyk.

Dup ·

Hy het NIKS makeer toe hy die ernstige aanranding gepleeg het nie!

Rooikopheks ·

Hy het net vigs gehad, en sou daarmee saam geleef het as hy nie moord gepleeg het nie. Dra jou straf soos ń man.

Pablo ·

Gee parool nie. Hy het n moord gepleeg en moet sy tyd uitdien.

E ·

En ons as Jan publiek het ook die reg om beskerm re word teen sulke mense.

Magda G ·

Hy en sy bondgenote moet die res van hulle lewens agter tralies bly. Nou sy kastige mediese probleme as verskoning maar toe hy die onskuldige man aangerand het was hy mos windgat. Hy moet “suffer”

Marius ·

Mens dink gewoonlik daaraan dat die tronk nie ‘n lekker plek is voordat jy iemand doodslaan….

Cabytheron ·

Hierdie saak het niks met Zuma te doen nie. Miljoene mense meen Zuma moet sit en opvrot in die tronk. Ek ook.
Ek vermoed Salie is bekommer oor haar kind. Miskien dat hy dalk kan siek voel, of selfs kan sterf, …. soos Carl? Ek wonder of sy voor sy tronkstraf gehuil het oor Carl, of was dit oor haar kind wat moet boet? Salie, jou kind het iemand anders se seun vermoor. Hou dit maar in gedagte as jy jammer voel vir jou kind. Ek weet, dit is tragies.

Casper ·

Mevr.Salie, na die misdaad het jou seun gewys hoe ‘n groot lafaard hy is deur te vlug.Het hy ooit vir die oorledenes se familie gesê ek is jammer,nee geen berou.Ek het vir jou seun geen simpatie nie en hy het verdien wat hy gekry het.As hy al soveel hartaanvalle en beroetes oorleef het dan lyk dit my die knaap is sterk.Geen parool geagte minister en neem die seer van die familie in ag.

Niklaas ·

Mev Salie, geen simpatie met jou tawwe tienie seuntjie Jacobs se huidige situasie nie. Laat hy boet vir sy daad.

Magda G ·

Waar kan ek asb die petisievorm kry. Ek ondersteun Carl se familie

Jr ·

Ek deur hierdie sê hy moet sit. Die ma om Zumpie se voorbeeld as rede te gee sê nie veel vir my van karakter nie. Lae cheap maneuvers

Johan ·

Nee wat boetie. Carl het herhaaldelik vir jou gesê hulle was nie betrokke nie en was onskuldig. Maar jy het jou daaraan afgevee en wou nie luister nie. Maar nóú wil jy hê die paroolraad moet na jou luister. Hoekom? Dink jy jou lewe is belangriker as wat Carl ‘sn was?

JohanR ·

Soe lank jy ‘n ANC lidmaat kaart en ‘n sak gholf stokke kan wys, behoort mediese parool nie ;n probleem te wees nie,

Skim ·

‘Lewenslank’ beteken mos eintlik vir so lank jy lewe. Jy word gestraf omdat jy ‘n lewe geneem het, jy verdien nie meer om ‘n vrye lewe te hê nie. Jy verdien niks! Jammer dit word nie meer so verstaan in ons land nie. As jy moord gepleeg het hoef jy nie te bekommer nie . Jy sal geleentheid kry om uit te gaan op parool kort voor lank. Dan kan jy verder gaan moor of verkrag of watookal!

Casper ·

Antie Salie,hoekom het jy nie die boompie gebuig toe hy nog klein was nie.Kry vir jou Boetman,die dokters sal mooi na jou omsien.Dsar is ‘n groot verskil tussen jou ouderdom en Zumpie sin en ek dink Zumpie gaan weer terug.Duidelik lees jy nie jou Bybel nie,”wat jy saai sal jy maai”

Oljetter ·

Gee hom tog maar n paar fris doppe. Hy is duidelik meer manhaftig as hy dronk is. Miskien hanteer hy só die tronk effens beter.

Mariana ·

Nee hy is ‘n moordenaar en moet sy lewenslange straf uitdien. Daar is mediese hulp in tronke en sy lewensgehalte is van geen belang, hy het ‘n ander se lewensgehalte gestuit deur hom dood te maak. Geen parool

Johanna ·

Nee wat, Mamma, jou seun het n ander vrou se seun vermoor….. jou seun kan maar sit en sy lesse leer. Hy sal wel huistoe kom eendag, terwyl die ander ma se seun nooit weer sal huistoe kom nie. Dade het gevolge

Swerwer ·

Geweet Zuma se mediese parool sal nou wyd en syd gevolg wil word. Dit moet onmiddelik in die kiem gesmoor word. Daar sit ‘n blanke man met kanker in die tronk wat parool geweier word omdat hy ‘n ander kleurige geskiet het. Maar hierdie Hoed kader se mense mag maak net wat hulle wil. Vu…………….

Karina ·

Eers Shaik, Zuma, nou een na die ander wil die “moordenaars” uit die tronk kom met mediese parool. Nee wat, wat te erg is is te erg.

Gerhardus ·

Ag shame. Die “arme” moordenaar moet nou bejammer word? Hy moet maar sy straf uitdien. Carl Schoombie is nie meer hier om aan te gaan met sy lewe nie en sy familie moet elke dag sonder hom aangaan met hulle lewe. Juane Jacobs moet maar sy straf klaarmaak, al is hy “siek”. Hy is ‘n lafaard wat nie eers dadelik kon erken dat hy iemand se dood veroorsaak het nie en daarna het hy ook géén berou getoon nie. Sy ma moet maar aanvaar dat sy ‘n moordenaar grootgemaak het en dat die lafhartige moordenaar skuldig is en agter tralies hoort. Hy moes eintlik die doodstraf gekry het, maar dit is mos ongelukkig weggevat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.