Moordenaars as EFF-leiers in Noordwes aangestel

Argieffoto

Argieffoto

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in Noordwes het twee veroordeelde moordenaars tot leiers van sy provinsiale struktuur verkies, het The Star Donderdag berig.

Papiki Babuile, EFF-LPW, is verlede maand in die Pretoriase hooggeregshof, wat in Stilfontein gesit het, tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, en agt maande vir sameswering om ʼn moord te pleeg. Hy was deel van ʼn groep wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn mededingende politikus, David Chika.

Chika, wat die ANC se streekssekretaris was, is op die vooraand van die regerende party se konferensie in Mangaung vermoor.

Die hof het bevind dat Babuile nie die noodlottige skoot gevuur het nie. Dit is gedoen deur een van sy medepligtiges, William Lesole Malefo, en drie ander wat almal tot lewenslange tronkstraf vir die daad gevonnis is.

Babuile en Malefo is albei die naweek tydens ʼn geleentheid in Rustenburg tot die EFF se provinsiale uitvoerende raad vir Noordwes verkies.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, het Malefo se nominasie tot die uitvoerende komitee bevestig.

“Babuile is verkies omdat sy skuldigbevinding en vonnis onder oorsig is. Hy is in die tronk omdat hy nie in staat was om borgtog te verseker nie,” het Ndlozi gesê.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het egter gesê sy aansoek om verlof tot appèl is van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan ·

Dit kom voor asof ‘n kriminele rekord, jou CV vir aansoek tot EEF en ANC is.

Sarie Potgieter ·

Wat het ons verwag, as die leiers van die land dan geen voorbeeld stel nie, hoe verwag ons dat hulle moet besluite neem wat krediet waardig is. Die land se politiek is een groot grap vir die buitewereld As n leier nie ondergesag kan funksioneer nie hoe kan hy verwag dat die mense onder hom sy gesag kan respekteer. Al die politiekuste is almal korup – sorg net vir hul eie sak glad nie bekommered oor die persoon op die straat nie. Een groot sirkus

Elizabeth ·

Al wat ek wil sê is dat Malema persona non grata in Botswana is. Dit was oor Classicfm nuus in die week hy sal nie ‘n visum/toelating in daardie land kry nie. SLIM besluit sou ek sê! Wens ons kon hom en sy vrinne verban!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.