‘Moordenaars’ deur gekaapte motor opgespoor

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Gekaapte motor het daartoe gelei dat twee vermeende moordenaars vandeesweek vasgetrek is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê vier verdagtes het Saterdag ʼn man in sy huis in Chearsleyweg in Westville, KwaZulu-Natal, oorval. ʼn Skietgeveg het tussen die man en die verdagtes ontstaan en die man is doodgeskiet. Een van die verdagtes is gewond, maar het saam met sy makkers van die toneel gevlug.

Volgens Gwala het die verdagtes hul gewonde medepligtige na ʼn hospitaal geneem voordat hulle ʼn motor in die Hillcrest-gebied gekaap het. “Die polisie het die opsporingstelsel op die voertuig gebruik om die voertuig op te spoor en die drie verdagtes is Maandag in hegtenis geneem,” het Gwala gesê.

“Die vierde verdagte is in die hospitaal opgespoor en is nou onder polisiebewaking. Hy is van moord en huisbraak aangekla, terwyl ʼn bykomende aanklag van motorkaping teen die ander drie verdagtes aanhangig gemaak is.” Gwala het gesê twee van die verdagtes is intussen vrygelaat weens ʼn tekort aan bewyse.

Nhlakanipho Ndlovu (25) het Woensdag vlugtig in die Pinetown-landdroshof verskyn, terwyl die ander verdagte sal verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word. Ndlovu bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Netekke ·

Vrygelaat deur te kort aan bewyse???? Ek dink ek moet hier liewer stil bly…….

lettie ·

Daar is werklik n ernstige probleem met vandag se jeug wat al hoe meer krimineel optree en vreesaanjaende misdade pleeg. Ek glo die oorsaak is dat sulke ouers te veel kinders verwek om sosiale toelae te kry. Die kind word verwaarloos, word nie geleer om te onderskei tussen reg en verkeerd nie en word aan sy eie genade oorgelaat. Dit maak hom weerloos vir alle negatiewe invloede wat sy vriende hom oortuig om te steel en te moor van meer gegoede mense. En die Effers hits dit nog aan. Ek het nie n graad nie en is ook nie n maatskaplike werkster nie. Tog moet ons probeer om die oorsprong te bepaal vir die misdaadtendense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.