Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is in die vroeë oggendure by die KwaMashu-hostel vasgetrek deur die Inanda taktiese reaksie-eenheid . Die drie is deur die polisie gesoek vir ʼn driedubbele moord wat in Maart 2014 gepleeg is.
Naicker het gesê Vusi Biyela (19), Anele Kubheka (18) en Sithembiso Makhathini (18) het op 21 Maart verlede jaar in Nkonjane-weg gestap toe hulle deur vyf mans oorval is. Die verdagtes het kontant geëis en toe die slagoffers nie kontant kon gee nie, het hulle ʼn vyfliter-houer vol petrol op hulle uitgegooi en hulle aan die brand gesteek. Al drie slagoffers het ernstige brandwonde opgedoen en is later in die hospitaal dood.
Een van die slagoffers se selfone is Donderdag in die drie mans se besit gekry. Hulle sal Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Die titel van die berig is natuurlik nie verkeerd nie maar neig om vir die eerste oomblik te klink soos moslems wat moord gepleeg het en na ‘n vlugtog begin vas.
Omdat, Piet, Maroela Media verniet en pasella is bied Dave ook sy dienste vrylik, verniet en gratis aan.
So was die een hand die ander.