‘Moordenaars’ vas ná hulle jaar lank vlug

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Drie vermeende moordenaars is Donderdag vasgetrek nadat hulle vir langer as ʼn jaar op die vlug was.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is in die vroeë oggendure by die KwaMashu-hostel vasgetrek deur die Inanda taktiese reaksie-eenheid . Die drie is deur die polisie gesoek vir ʼn driedubbele moord wat in Maart 2014 gepleeg is.

Naicker het gesê Vusi Biyela (19), Anele Kubheka (18) en Sithembiso Makhathini (18) het op 21 Maart verlede jaar in Nkonjane-weg gestap toe hulle deur vyf mans oorval is. Die verdagtes het kontant geëis en toe die slagoffers nie kontant kon gee nie, het hulle ʼn vyfliter-houer vol petrol op hulle uitgegooi en hulle aan die brand gesteek. Al drie slagoffers het ernstige brandwonde opgedoen en is later in die hospitaal dood.

Een van die slagoffers se selfone is Donderdag in die drie mans se besit gekry. Hulle sal Vrydag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dave ·

Die titel van die berig is natuurlik nie verkeerd nie maar neig om vir die eerste oomblik te klink soos moslems wat moord gepleeg het en na ‘n vlugtog begin vas.

Piet ·

Hoekom teken julle nie op een van di dagblaaie in nie dan het jy nie nodig om redakteur te wees nie

Griki ·

Ag nee wat, Dave, jou negatiewe kommentaar in hierdie geval was nou rêrig onnodig en foutsoekerig. Daar’s absoluut niks met die opskrif verkeerd nie. Opskrifte moet, na my mening, kort en op die man af wees.

Peet Schabort ·

Omdat, Piet, Maroela Media verniet en pasella is bied Dave ook sy dienste vrylik, verniet en gratis aan.
So was die een hand die ander.

Pietie ·

Moet nooit raad gee tensy jy daarom gevra word nie. Dit is hoogmoedig om almal heeltyd te wil reghelp. Wees eerder nederig en dankbaar dat jy kan sien en kan lees en kan dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.