Moordenaars, verkragters moet verstoot word, sê premier

Oscar Mabuyane langs ʼn foto van die sesjarige Inathi Mhlalo by haar begrafnis (Foto: Facebook/Oscar Mabuyane)

Moordenaars en verkragters kan nie gerehabiliteer word nie, het die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, tydens die begrafnis van die sesjarige Inathi Mhlalo gesê.

Hy het die Woensdag die begrafnis in Mdantsane in Oos-Londen bygewoon.

Inathi het op 26 Oktober verdwyn toe sy na ʼn plaaslike winkel toe gestap het om skyfies en lekkergoed te gaan koop. Toe sy nie teruggekeer het huis toe nie, het haar familie en lede van die gemeenskap na haar begin soek. Haar halfnaakte liggaam is ure later in die bosse gevind.

Mabuyane het tydens die begrafnis gesê verkragters en moordenaars van vroue en kinders moet verstoot word.

“Ons kan ʼn dief en ʼn dwelmhandelaar rehabiliteer, maar verkragters en moordenaars van vroue en kinders moet nie in ʼn kategorie geplaas word van oortreders wat gerehabiliteer kan word nie. Hulle moet uitgeworpenes wees want hulle pleeg ernstige gewelddadige misdade wat in die eerste plek nie in ons samelewing moet plaasvind nie.”

Mabuyane het aan roubeklaers gesê indien hulle genade betoon word, herhaal hulle hul oortredings, selfs wanneer hulle op parool vrygelaat word.

“Oortreders is te gemaklik in ons tronke. Hulle dink dit is ʼn vakansie. In ʼn ideale wêreld sal mense nie vroue verkrag of vermoor nie, want hulle weet as hulle gevang word, sal hulle die ergste toestande in tronke beleef. Maar ongelukkig is dit in ons land die teenoorgestelde.”

Mabuyane het Maandag die familie se huis besoek. Hy het gesê Inathi se ma het in sy hart ingekruip toe sy gesê het haar dogter wou graag ʼn model of ʼn dokter word.

Hy sê ʼn ander benadering moet dringend ingestel word om dié tipe gewelddadige misdade te voorkom en oortreders moet swaar gestraf word binne die raamwerk van die wet.

Volgens Eyewitness News (EWN) het inwoners van Mdantsane Vrydag ʼn man aangeval en doodgemaak toe hulle hom van Inathi se moord verdink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Slim man. Wat van doodstraf

Anel

Aangesien hulle eintlik soos konings in die tronke behandel word, moet hulle, soos in die baie ou tyd, vir hulle ‘n bal met ketting om die enkel vasmaak, vir die res van hul lewens. Hulle mag mos nie harde arbeid doen nie. Nog beter, gaan kaadi hulle oo onbewoonde eiland af. Of so iets. Maar nou ja, as hulle nie hulle straf nou kry nie, sal hulle een dag.

Robert

Wel deur iemand net in die tronk te sit gaan jy beslis hom/haar rehabiliteer nie. Kry julle strukture reg om die mense te rehabiliteer dan praat jy weer. Kom ons kyk eers na die slagoffer: daar was voor julle aan bewind gekom het strukture om slagoffers te berader en weer vertroue in mense op te bou. Dit het julle heeltemal verwoes en nou word die slagoffers net aan hulle eie oorgelaat. As julle ordentlike programme het waarmee julle die oortreders kan bearbei dan sal julle meer sukses hê. Die teendeel is julle sit hierdie mense in die tronk en dink… Lees meer »

Nico

Hier verskil ek, daardie misdadigers kan gerehabiliteer word daar is nie genoeg opgeleide mense vir hierdie taak, moenie net sê dat hulle nie gerehabilteer word doen iets aan die saak. Ek stem saam dit wat hulle doen is verkeerd en is strafbaar.

Connie

Maak n eiland n tronk, n harde tronk en gooi al die verkragters en moordenaars daar af. Laat hulle daar verrot. Daar is nie n kans om gerehabiliteer te word nie, want die ANC het dit af gebreek jare terug al.