Moordenaars vertel van non se gru-moord en verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Sbongiseni Phungula (25) en Mondli Michael Shozi (26) is Woensdag skuldig bevind aan die moord op en verkragting van Gertrud Tiefenbacher, ʼn 86-jarige non van KwaZulu-Natal.

Dit kom nadat Phungula en Shozi Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg skuld erken het. Albei is ook op ʼn aanklag van roof skuldig bevind.

Die twee mans het in die hof getuig hulle het mekaar voorheen gesien, maar die aand van 18 April vir die eerste keer saam in ʼn kroeg in Ixopo gekuier. Phungula het in sy verklaring gesê hy het ʼn bottel rietsnaps (“cane”) en ’n bottel brandewyn gedrink voordat hy en Shozi ʼn woud in is.

Op pad na die woud het hulle verby die Sacred Heart-klooster geloop en besluit om by die kombuis in te breek om kos te steel. Terwyl hulle in die gang afgeloop het, het Tiefenbacher hulle gesien en vir hulle geskree. Volgens Shozi het hy haar gegryp en in haar kamer ingesleep. Phungula het haar toe vasgemaak en verkrag terwyl Shozi kombuis toe is.

Volgens Phungula het Tiefenbacher “nog beweeg” toe hy ook kombuis toe is. Hulle het ʼn stofsuier, kos en ʼn horlosie gesteel.

Nie een van die verdagtes het iets genoem van die skoenveter wat om Tiefenbacher se nek was of die nat handdoek wat oor haar gesig was toe sy gevind is nie. Sy is vermoedelik met die handdoek versmoor.

Gerald Frye, ʼn non van dieselfde klooster, het buite die hof gesê sy hoop dat Jesus Phungula en Shozi se harte sal aanraak deur die geregtigheid wat sal geskied. “Ons wil hê die Here moet hulle aanraak. Hulle is die ontvangers van baie gebede van oraloor. Ons sal hulle in ons gebede hou,” het sy gesê.

Phungula en Shozi sal Donderdag gevonnis word.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

As jy ‘n bottel cane n ‘n botter brandewyn in een aand drink is jy dood van alkohol vergiftiging. Kan die ou darem nie lieg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.