Moordklag teen Horner-beskuldigdes laat vaar

Brendin Horner (21) is wreed op ‘n plaas vermoor. (Foto: Twitter)

Die staat het nou meer as ’n jaar ná die moord op die 21-jarige Brendin Horner erken dat hy nié Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba aan die jong plaasbestuurder se moord kan verbind nie.

Matlaletsa (45) en Mahlamba (33) sal nou slegs van die diefstal van twee skape aangekla word. Uitspraak word na verwagting reeds Vrydag gelewer, berig EWN. Dié twee skape is in Maart verlede jaar gesteel, sewe maande voor die moord op Horner.

Horner is in Oktober verlede jaar op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing wreedaardig vermoor. Hy het talle steekwonde aan sy liggaam gehad, dit het gelyk asof hy oor die grondpad gesleep is en sy liggaam is aan ʼn paal in ʼn veld op die plaas vasgemaak. Die nadoodse ondersoek het verwurging as die oorsaak van Horner se dood aangedui.

Maroela Media het vroeër berig die uitslag van DNS-toetse kon egter nie Matlaletsa en Mahlamba met die moordtoneel verbind nie. Luidens getuienis in die hof is die DNS van drie onbekende persone wel op die moordtoneel gevind.

Die VF Plus het intussen in reaksie gesê dit is onaanvaarbaar dat die polisie se ondersoek Matlaletsa en Mahlamba ná meer as ʼn jaar nie direk met die moord op Horner kon verbind nie, “veral omdat een van die mans luidens berigte wel ʼn bekentenis oor die moord afgelê het”.

Sekola Matlaletsa (44) en Sekwetje Mahlamba (32) verlede jaar in die hof. (Skermgreep: eNCA)

“Net so is dit verontrustend dat ʼn staatsgetuie, Boy Khambule, nou ook die inhoud van ʼn verklaring ontken waarin hy die twee beskuldigdes by die moord betrek,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Boere in die omgewing het kort ná moord op Horner die Valke daarop bedag gemaak dat polisielede betrokke is by veediefstal in die omgewing. Boere glo dié sindikaat was moontlik verantwoordelik vir Horner se moord.

Groenewald sê dié bewering moet ondersoek word en indien dit wel so is, moet die optrede van die betrokke lede aan wie die inligting verskaf is, deeglik ondersoek word.

“Weens die ernstige aard van die beweringe van polisie-betrokkenheid rondom die Horner-moord, is dit van die grootste belang dat alle vrae beanwoord word en dat die publiek die gerusstelling kry dat die saak behoorlik en deeglik ondersoek is.”

Sosialemediagebruikers is ontsteld oor die jongste verwikkelinge. Die gebruiker Sihle Ngobese wou op Twitter weet wie het Horner dan vermoor. “Gaan dit nou maar net een van die duisende ander onopgeloste moorde in Suid-Afrika bly? Bose misdadigers kom weg met moord in Suid-Afrika.”

Die Twitter-gebruiker René Krüger meen ook dit blyk dat daar geen geregtigheid was nie. “Horner is aan ʼn paal vasgemaak en doodgeslaan. In November 2021 was daar reeds 11 gewelddadige plaasaanvalle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jacobus ·

Streep in die sand! Groot bohaai oor boere by hofsaak. Duidelik waar lojaliteit lê!

Pieter ·

Tyd dat ons wakker skrik mense die sleg anc kommuniste is terroriste en die s.a.p en die regters is net so sleg. Ons gaan nog baie berou he omdat ons nie wil standpunt in neem nie.

piet ·

As die DNA hulle nie verbind nie het hulle hom nie vermoor nie. Dis soos dit is. Soek maar vir die regte moordenaars.

Anonymouse ·

Ja, ek wil net so graag soos almal hê dat die moordenaars gevang moet word, maar dat almal reg is om mense tronk te stuur vir moord, as daar nie bewyse is nie, is skrikwekkend.

Luister ·

Behalwe as daar gelieg word oor die DNA. Lyk my daar is geld betrokke indien ‘n sindikaat ook teenwoordig is.

Harley Davidson ·

Dit is nou dubbelsinnig piet/pieter wat bedoel jy nou.

anniekiewiet ·

Ek sou baie kwaad wou word. Ek sal nog altyd oneindig hartseer wees. Maar ons het Christus om ons deur ons hartseerste tye te dra. Ons het nie hierdie polisie en regstelsel se leemtes (? ) nodig om afsluiting te vind nie. Mag hierdie jongman se familie deurentyd God se Troos ervaar.

Jakkie ·

Die eenigste manier om die staat te oortuig, is om die lyke van die boewe op die toneel op te tel. Staat stel teveel teleur.

N ·

Ons land, die polisie, die regering en die gereg het hierdie jong man en sy familie gefaal.

Kobus ·

Swak polisie werk. Hulle weet presies wat om te doen om ‘n saak te laat “koud” word

E ·

Ja nee bewyse is lankal vernietig. Arme familie, dit is ‘n verskriklike terugslag vir hulle.

Carolina ·

Hulle is betrokken so beskerm die wat hulle vuil werk!!!

Waarnemer ·

Ons groot REGTER sal wel beslis…op SY tyd NIE tyd nie….Ons kan nie meer staat maak op die regering se regters nie.Sterkte aan die familie.

Misky ·

Dit is sulke dinge wat maak dat mens reg in eie hande sal neem en nie meer sake aanmeld nie. Sorteer sommer seld daai “probleem” uit en maak ‘n einde daaraan.

Geregtigheid ·

ONS HELE VERVOLGINGS STELSEL IS SLEGS ANC EN RAS GEORIENTEER. ONBEVOEG HEELTEMAL. KORRUP TOT DIEMURG TOE.

Pieter ·

Dit bevestig weereens my stelling dat plaasmoorde in opdrag van sekere elemente binne die regering uitgevoer word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.