Moordklag teen oupa ná skietery ‘kommerwekkend’

Giel Fourie. Foto: Verskaf

Die VF Plus sê dit wek groot kommer by die party dat ʼn 65-jarige man in hegtenis geneem is en van moord aangekla word nadat hy homself en sy gesin volgens alle aanduidings teen ʼn gewapende inbreker wou beskerm.

“Dit is die plig van die regering om die publiek deur die reg en die polisie teen misdaad en in die besonder geweldsmisdaad te beskerm,” sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, “en wanneer hierdie plig nie nagekom word nie, het die publiek die volste reg om homself te beskerm.

Giel Fourie (65) van Grabouw in die Wes-Kaap is verlede week met ʼn mes aangeval waarna hy eers ʼn waarskuwingskoot geskiet, en die inbreker daarna twee keer in die bors geskiet het, het Maroela Media gister berig.

Sy vrou, Susan (62) en elfjarige kleinkind was ook in die huis. Fourie is later op die toneel in hegtenis geneem.

“Dit is ook kommerwekkend dat daar in die jongste tyd voorbeelde was van uitsprake wat die indruk skep van politieke uitsprake en nie meriete-uitsprake nie,” sê Groenewald. “Die Coligny- en doodskis-saak is voorbeelde hiervan.”

Hy meen dit sal “ʼn kwade dag wees as die publiek van Suid-Afrika, wat homself toenemend teen misdaad moet beskerm, nie meer die beskerming van die polisie en die objektiewe beskerming van die regbank geniet wanneer daar uit selfverdediging opgetree word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Pieterv ·

Laat hierdie n toets saak wees. Die “All Non Compliant” moet nou baie versigtig trap.

quintus Badenhorst ·

Toets saak se alie ! Hoeveel aanklagte van roof (moord op boere) wil jy toets ?

Hendrik ·

Dein jy moet nie aandring op aoafhanklikheid nie, want jy gaan dit nie kry nie. Jy maak jouself onafhanklik.

Koos de Meyer. ·

Absoluut belaglik. Moet jy nou maar wag dat hy jou dood maak voor jy iets mag doen. So siek as wat kan kom. Daar is net sekeres wat humanitêre regte het.

Heinrich van Zyl ·

Alles goed en wel om te sê dit “wek kommer”.
Maar gaan die VF+ darem ten minste iets probeer doen om die ou te help?
Of gaan dit by praat (en praat en praat) bly?
Ek is net ‘n gewone outjie, so ek weet nie of daar iets is wat ons gewone mense kan doen nie, maar ‘n politieke party het darem sekerlik bietjie meer “mag”?
Dis tog immers hoekom mense vir politieke partye stem, naamlik om dinge te doen.
Anders kan jy maar net sowel vir jou buurman stem wat net saam met jou om die braaivleisvuur praat.

Andrea van Vuren ·

Heinrich jou kommentaar is kommerwekkend. Besef jy nog nie dat ons blankes geteiken word vir totale volksmoord nie? Staan op en ondersteun dr Pieter Groenewald. Word wakker asb. !!!

Irma ·

Die faksies id ANC is net so besig id SAPD en dit gaan waarskynlik net oor die feit dat hy vd blanke ras is. Hulle wil tog so graag vir ons almal wys wie is in beheer. Wette? Dis gemaak vir hul vyande nie vir hulle nie.

Chris Ws ·

Dankie dr.Groenewald,u is die enigste persoon/party wat enigsins iets oor die’ voorval se.Dit is ‘n skande dat ‘n 65 jaige man, na hy homself en gesin verdedig het,in hegtenis geneem word en dan nog R500 borg geld moes betaal.Dis net nog ‘n spyker in die polisie se geloofwaardigheids kis .As kind is ek,wat nou ook 65 is,geleer ‘n polisieman is jou vriend,maar dis lankal by die venster uit en my vertroue in die polisie bestaan nie meer nie.

M ·

Ek stem volkome saam. Dis hoekom ons VF plus moet stem. Maar jy weet die verligte Afrikaners wat in die DA se agterente opgekruip is …

Quintus Badenhorst ·

Dagvaar die poliesie van alle kante af en vir alles – uit hiedie saak is dit ‘n wen vir die eerlike ou wat sy familie beskerm het. Die belasitng betaler (ek en jy wat in elk geval net ‘n minderheid persentasie van die bevolking is) gaan betaal – so wie betaal die meeste ? Kort voor lank sal die regering moet ingryp want soos ek dit sien gaan die ANC nie vir alle misdrywe wil betaal wat hulle maar net goedsmoet toelaat op die oomblik nie !

Nettie ·

@Chris Ws – ek dink die polisie het net gedoen wat binne hulle mandaat en plig val. ‘n Onnatuurlike dood vereis ten minste ‘n geregtelike doodsondersoek. Ek stem nie saam met die moordklag nie, maar “the intent to kill” moet nog bewys word. Ek glo die Oom sal vrystap; hy het immers die rower gewaarsku (en daar is getuienis van) en toe geskiet. Net jammer dit gaan die gesin R1000’e kos (as hy nie gebruik maak van die prokureur wat haar dienste pro bono aangebied het nie) aan regskoste – om nie te praat van die borgtog koste en ongerief nie.

Vince ·

Die gebruiklike uitroep…”die staat beskerm die misdadigers”. Eintlik is die “staat” die misdadiger. Wakker word mense. SA is al lankal verby die punt waar ons met stemmery dinge kan omkeer. Drie keuses…beveg die staat, sit passief stil en wag vir beter dae of gee pad en gaan soek jou heil elders waar die betrokke regering nie terreur aanmoedig teen sy burgers nie

tamboti ·

En jy het dit Vince! Die waarheid die realiteit en sommer ook die toekoms van hierdie land – in die hande van alternatiewe geregtigheid, aldus MISDAAD!
Thomas of jy dit nou wil glo of nie, DIT IS NIE DIE STANDAARD PROSEDURE NIE, jammer pel.

jaco ·

as hy swart was, het hy niks oorgekom nie.
skiet dan maar vir die bene en as jy doodskiet, MOENIE dit by die polisie aanmeld nie. Ek weet dit klink siek, maar ons sien keer op keer wat gebeur wanneer dit aangemeld word

Dries du Toit ·

Hierdie land behoort nie meer aan ons nie. FW en sy makkers het hom sonder die skiet van n enkele skoot en met n pennestreep oorhandig aan ons vyande

Eugene ·

Regte prosedure sou wees om ‘n geregtelike doodsondersoek te doen. Indien iemand dan verantwoordelik gehou word, kla dan aan. Patetiese ondersoek werk en beamptes.

Jennifer ·

Dit is so, dis hoe ons in LLB ook geleer word, maar deesdae maak die polisie hul eie reels. Die feit van die saak bly dat dit “private defence” was en nie moord jie. Hopelik kan die oom met sy regsverteenwordiger dit bewys en die mediese en patologiese verslae daarop dui

Thomas ·

Komaan. Dit is standaard prosedure wat gevolg word. Wil ons nou mense beoordeel/vryspreek op hoorsê? Die reg moet en sal sy pad loop. Uiteraard is hy onskuldig, op borg, so om dit aan die klok te hang is belaglik.

Sê maar net 1 ·

En hy moes borgtog betaal met die stsndaardprosedure?

Koosman ·

Toemaar als deel van Oom Effie se cheks and balances. Als sal regkom

Louis ·

Die ervaring met die inbreker is erg genoeg en dan word jy in hegtenis geneem en aangekla van moord. Daar is mense wat ander sumier op straat skiet en hulle word nie inhegtenis geneem nie…Die ANC het kastig 107 jaar gelede in n kerk in Bloemfontein begin, vandag is daar niks oor van enige geloofwaardigheid in enige van die spul gekke wat hulself politiekuste noem nie. Hulle kan nie ordentelik regeer nie. God help ons!

Johan ·

Dankie oom VF. Jy sê darm iets. Waar is DA hul tebang om tepraat . VF jul het my stem gewen

Dirk Breytenbach ·

Die DA se leiers is verward en bang , kyk maar hoe polities korrek tree hulle op om hul poste te behou.

Jack Sadie ·

My pêlle wat destyds saam met my vir die DA se voorganger gestem het (PFP), sal seker verstom wees (om realisties te wees: die meeste sal in hul grafte omdraai) , maar komende verkiesing stem ek VFplus. Hierdie mense beïndruk my met hul ordentlike oorwoë argumente en hul waardige optrede. Mag ons eendag koalisie regering ervaar, soos meeste volwasse demokrasieë.

Donovan Wessels ·

As WesKaapse leier van die CDP (Christian Democratic Party)(not acdp) wil ek my misnoe uitspreek oor die behandeling wat die senior burger moes deurgaan nadat hy die inbreker herhaaldelik gewaarsku het. Ek wil die versekering gee dat die CDP die Oom tenvolle gaan ondersteun.Te lank gaan hierdie onheil aan in ons land.Dis tyd vir n Goddelike verandering in ons regering, plaaslik en nasionaal.Dis tyd vir Christene om oor te neem op regeringsvlak.Plaaslik en Nasionaal.So nie gaan ons nooit hierdie euwel stuit nie.God is waiting for His children to arise and cross over, to take over every domain where the heathen rules.There is a divine enablement to take over completely.

Frik Lotz ·

Misdadigers maak net wat hul wil en kom weg daarmee. As wetsgehoorsame burgers hulself verdedig teen hierdie misdadigers word hulle behandel asof hulle die kriminele is. Dis belaglik en verregaande! Dankie aan Pieter Groenewald wat hierdie dinge onder mense se aandag bring. Hy is n sterk leier wat onbeskaamd veg vir ons regte en nie doekies omdraai nie. Doen so voort, Pieter!

PJC ·

Hou maar net die koerante en ander nuusmedia dop dan sal julle gou agter kom dat die polisie en die howe nie meer altyd die beskerming aan blankes bied wat dit veronderstel is om te doen nie. Al wat ń mens seker hieraan kan doen is om elke geval wat ń probleem is aan die groot klok te hang.

Marco ·

Dit raak toeneemend al moeiliker om positief te bly.
Selfs waar ons as GPF in Pteroria tydens die trein tragedie verby enige politiek of ras gekyk het en alle beseerdes by gestaan en gehelp het was daar tog nog steeds enkele EFF aanhangers wat die rasse kaart kom speel het. Nou na alles lees ons weer van hierdie geval waar ons nie eens onsself mag verdedig nie. Hoe en waar trek ons die streep?
Ons almal, die GPF, SAPS lede, medies, brandweer, Metro en verkeers lede, selfs lede van die publiek wat uit eie vrye wil hulp verleen loop gereeld deur onder die mees onaangenaamste kaart spel.
Hierdeur kom daar dan instansies soos die VF, Afriforum en ander rolspelers wat ons opnuut weer so bietjoe hoop gee.
Hou so aan en mag die oom spoedig uot die penarie gehelp word.
Baie dankie aan almal wat ons weer laat hoop en glo in die goeie.

Oujongvrou ·

Ons wag mnr Groenewald , wil sien wat jy gaan doen om die man te help. Almal wil nou vir jou stem want jy is enigste een wat iets vir blankes doen. Dis nou jou kans!!!

Johanna Botha ·

Ek sien n saak van onregmatige arestasie …ching ching ….Oom gaan nog geld maak uit die ding !

chris ·

onthou net die vfplus is so sterk soos wat die kiesers hom maak. vf plus dink en redeneer soos ek daarom stem ek vir hulle. ek is dankbaar dat mn Groenewald hom oor die saak uitgespreek het. ongelukkig kan hy ook net “soveel” doen. vanoggend ook n prok gehoor wat hom uitgespreek het oor hierdie soort van sake waarin hy opgetree het. niemand van die regverdigers sal die dosier laat verdwyn nie. ons moet net baklei vir regverdigheid. intussen kry ek die skieter baie jammer vir die stres wat hy onnodig moet verduur.

GP ·

Alle gevalle waar iemand agv nie natuurlike redes sterf moet ondersoek word. Volgens my word eers n nadoodse ondersoek gedoen en indien dit moord is eers dan word mens van moord aagekla. Ek is nie n kenner oo die gebied nie en sal waardeer as iemand wat wel is kan laat weet wat regte prosedure is. Dink die oom is onregverdig behandel en hoop hul dagvaar die polisie as dit die geval is.

Hoop die klein dogfer is ok. Sy moes ook n rowwe ervaring deurgaan en ek hoop dat sy vir sielkundige hulp gestuur kan word.
Sterkte vir almal wat geraak word hierdeur. Die oom se dapperheid en vinnige optrede was puik. Maak nie saak wat later gebeur nie. Op daardie oomblik is dit geliefdes en eie lewe wat tel.

kolla ·

Regsgeleerders het besluit dat hierdie saak hof toe moet gaan en die feite geweeg moet word. Groenewald is ‘n politikus en nie ‘n regsgeleerde nie. Skoenmaker hou jou by jou lees. Plaas van hy die VF+ se doelstelling van selfbeskikking daadwerklik bevorder op elke beskikbare verhoog maar nee, doodstil hieroor.

tamboti ·

Kolla ek sal met jou saamstem oor die selfbeskikking opinie, maar maat ek was in die SAP en daai tyd se standaard prosedure was nie moordklag nie. Die “regsgeleerde” oftewel staatsaanklaer, sien eers die saak nadat die speurder op diens besluit het hoe word die saak hanteer, dit is nadat die klagte deur die “uniform” personeel besoek en hanteer is.
As dit so ‘n ernstige saak was, sou die speurder aan diens eers sy hoof geken het in die saak, voordat dit finaal ge-“docket” word. (die speurhoof word verantwoordelik gehou vir sy onderdane se foute)
Met al die verklarings en bewyse op hand sal die “wetsgeleerde” dan waarskeinlik die volgende dag of twee besluit of daar vervolg gaan word.
Vir die be-ampte op die toneel om ‘n moord dossier te open, is ondeurdenk (onkundig) en ‘n oortreding van prosedure en reels.
As dit verander het Kolla, gee my die datum en prosedure asb.

Hubert ·

Die rede hoekom die VF Plus nie meer oor Self Beskikking praat nie, is omrede hulle nou ook n’ Multikulturele Party, geword, het! Hulle moet myns insiens die Self Beskikkings klousule, uit hulle grondwet verwyder, want dit is uiters, misleidend!

Pieter Groenewald ·

Jy is hieronder deur ń oudpolisielid geantwoord. Polisielede is nie regsgeleerdes nie, maar ek aanvaar jy het jou eie definisie daarvoor. Ek het my B Juris-graad gedoen aan die PU vir CHO en is toe beskou as regsgeleerde. Jammer as hulle verkeerd was.

Therese van Schalkwyk ·

Giel Fourie se dapper optrede behoort goed te eindig, maar die “Doodskis-saak” is en sal tot in ewigheid ‘n skandvlek op Suid-Afrika as ‘n sogenaamde regstaat wees.
Dis ‘n skandvlek op die ANC-regering, maar óók op die Suid-Afrikaanse samelewing se gebrek aan daadwerklike ondersteuning aan die twee veroordeelde persone.

Dr. Groenewald se vermelding en kommer oor hierdie saak is verblydend.
Geen ander gemeenskap sou egter so ‘n gruwelike, haatdraende wanuitspraak net gelate aanvaar nie.
Hierdie twee mense is die werklike martelare in ‘n verpolitiseerde saak wat op sigself ‘n misdaad behoort te wees. Wat ‘n opperste skande, uit alle hoeke beskou.

DC ·

Bedenklike optrede v polisie en regstelsel moet veel meer publisiteit kry. Persone wat deur die stelsel misdadigers gemaak word moet gespesialiseerde regsbystand en hulp kry.

Amanda ·

Die oom word van moord aangekla omdat hy sy gesin beskerm het, terwyl ñ sekuriteits wag wat ñ persoon koelbloedig voor sy gesin doodskiet borgtog kry van R5000. Waar is die regverdigheud daarvan. Kriminêle word beskerm en jy as onskuldige persoon word veroordeel.

Petra ·

Ek dink daar wag n helse surprise vir n hele paar partye by die stembus hierdie jaar. Sterkte aan die oom, ek hoop die tannie is ok by die huis

Stephan de S ·

Ek weet nie veel vd wetlike prosedures rondom selfverdediging en dood as gevolg daarvan nie. Maar as dit n bietjie kan help: in die vorige bedeling is n verwant van my deur oproermakers in sy voertuig aangeval. Uit selfverdeging het hy geskiet en persone is dood. Hy is ook onmiddelik van moord aangekla en moes sy onskuld in die hof bewys. Gister het iemand verduidelik hoe ons regstelsel op hd punt verskil van bv die Amerikaanse stelsel.

Anette Naude ·

Almal hoe en ha. Die feit is hy moes nie ingebreek het nie. Rsg praat asof dit aspris
was. Nee ons het die reg om ons gesinne te beskerm. Inbrekers toon geen genade nie.

Hennie ·

Die klag is belaglik en sal nie in ‘n hof staan nie. Onthou, dis verkiesings jaar en die bloukop trolle moet saam baas Serêl werk om te wys hulle is gekant teen blanke verset! Dit is alles ‘n magspel!

Erika Ochse ·

Dink die hof gaan gou agterkom hul mors hul tyd en die saak uitgooi. Ons word nie meer beskerm nie en bewaar jou as jy jouself beskerm. Dis uiters ontstellend. Dis NET die ANC se black colouring wat vir hom iets beteken. Moraliteit en integriteit tel nie. Geen bresorgdheid oor weerlose slagoffers nie. Afrekening moet kom en iets sê vir my dis gouer as verwag

AI TOG ·

Dis omdat oom wit is, jammer daaroor. Ek kan net bid dat die Here hier oorvat. Want wragtig so kan dit nie aangaan nie.

TJ ·

Dis nou weer rassisties en gemik om blankes te intimideer. Moenie dat dit julle afskrik om jouself te verdedig met n vuurwapen binne die perke van die wet nie. Hulle kan niks aan die man doen nie en sal die saak verloor. Duidelik het hy homself verdedig van n direkte aanval waar sy lewe bedreig was en dan nog binne sy eie huis.

Bekommerd ·

Dis tyd dat ons opruk na howe sou uitsprake in verkeerdelik wees. Dis nonsince dat wanneer jy jouself en jou gesin beskerm teen moordenaars dat jy die skuldige is. Die howe moet reg kom

kolla ·

Wie sê hy is skuldig? Al wat gebeur is dat die saak nou hof toe gaan waar daar beslis moet word of hy skuldig is of nie nadat ALLL die getuienis aangehoor is. Die staat sal in die hof moet bewys dat hy die wet oortree het.

Hendrik ·

Manie ek hoor joue ne kan regtig nie alles bywoon nie. Ons moet werk! Ons werk elke dag om ons veilige gemeenskap te vestig. Dan moet die ouens maar beurte maak in die aande om te patroleer om die skurke uit julle area te hou.

Skroef ·

Wel al wat ek hier kan sê is mosterd na die maal. Dit help nie om nou n keel te wil opsit oor die doodskis duo en die Coligny manne nie! Hoekom het jy nie ook rent-a-crowd daar gehad om tydens die manne se verhore nie, mnr Groenewald? Die doodskisduo het oorboord gegaan, maar hulle het nie gemoor nie. Hulle optrede was hoogstens R1 000 boete werd. Nes Vicky momberg se tirade ook. Buitendien, het die NP nie n reelg gehad dat daar rasgenote by arrestasies en polisie optrese moes wees nie? In Momberg se geval waa sy paa getraumatiiseer deur sqart booswigte en die sapsd sien dit gepaa om swart amptenare met hiudings na haar te stuur. Tog roer jy die saak nie aan nie mnr Groenewald. Ook bie die Chris Hart saak of Penny Sparrow se teistering nie. Nee wat gaan vis elders vir stemme

Hennie ·

Ja en so kla en murmureer ons almal .Kom ons laat staan dit almal in SA want geen politieke party wat aan bewind is of nie kan sy woord by die daad sit nie.Die enigste manier is om te doen wat reg is vir almal,almal moet gehoorsaam wees aan die wette van die land wat goed is vir die een is goed vir die ander ook. Ek wil net dit sê dat sou ek in so n situasie myself bevind soos die oom moet die aanvaller weet hy gaan beslis horisontaal verkeer met gate in hom genoeg is genoeg . Dit is nie net witmense wat aangeval word nie die ander loop ook deur . So aan al die wat aangerand word aangeval word doen wat jy moet doen . SA is ons almal se land . Jy wat wil moor en roof wees gewaarsku jy kan die hede met die ewigheid verwissel. Ons mag nie toelaat dat die huidige situasie in hierdie land ons onder kry nie , maar dan moet en ek herhaal woord by daad gesit word nie net n gepraat van leë woorde wat niks beteken nie.Aan Alle politieke partye ,maak julle oë oop en doen dit waarvoor julle daar is om te doen laat staan die romp slomp en tee partytjies .

Frans C ·

Dit is nie net ‘n kwessie van die Staat wat die man van moord aankla nie.Hy moet nou ook behoorlike regsverteenwoordiging kry, wat beteken dat hy sy hand diep in sy beursie sal moet steek.
As die staat die saak verloor is ek van mening moet die staat die regskoste dra en die aangeklaagde moet vergoed.Indien die staat nou in die geval die moed van oortuiging het sal hul dit verhaal van die oorywerige polisielede wat betrokke was sonder om die saak behoorlik te ondersoek en al die feite aan die staatsaanklaer te oorhandig.

Die Staatsaanklaer moet dan besluit of die Staat ‘n saak het of nie.

magda ·

Afriforum – kom kom kom – ek betaal nie verniet ledegeld nie. Help hierdie oom soos wat julle ander help en vervolg.

kolla ·

Die NVG het reeds besluit dat daar genoeg feite is dat die saak hof toe moet gaan. Nou moet die staat sy saak in die hof bewys. Ek kan nie die mense se probleem hiermee verstaan nie, dis soos die regstelsel werk.

Skroef ·

Mosterd na die maal. Mnr Groenewald hoekom verhef jy en die vf+( neem ek aan) nou eers julle stemme? Die doodskis duo het oorboord gegaan, maar het niemand vermoor nie. Kyk watse straf het hulle gkry terwyl julle almal swygend toegekyk het. Kyk hoe was Penny Sparrow, Chris Hart, Vicky Momberg geteister, verneder en verdoem terwyl julle deur swye goed gekeur het. Wat die mense gedoen het was n boete van hoogstens R1 000 werd. Wat her die Coligny manne verkeerd gedoen? Hulle is verdoem uit die bek van n dronk dwaas. Julle het Gerrie Nel eerder op Grace Mugabe se hakke gesit omdat julle geweet het sy sal niks oorkom nie, nes duduzane zuma ook gaan vryloop. Maar behoede ons, nou kom die verkiesing nader. Nou is dit verkeerd. Nee wat! Nou sal ons onthou ons mense, was julle stemme nie werd toe hulle dit nodig gehad het nie.

Skroef ·

Mosterd na die maal. Mnr Groenewald hoekom verhef jy en die vf+( neem ek aan) nou eers julle stemme? Die doodskis duo het oorboord gegaan, maar het niemand vermoor nie. Kyk watse straf het hulle gkry terwyl julle almal swygend toegekyk het. Kyk hoe was Penny Sparrow, Chris Hart, Vicky Momberg geteister, verneder en verdoem terwyl julle deur swye goed gekeur het. Wat die mense gedoen het was n boete van hoogstens R1 000 werd. Wat her die Coligny manne verkeerd gedoen? Hulle is verdoem uit die bek van n dronk dwaas. Julle het Gerrie Nel eerder op Grace Mugabe se hakke gesit omdat julle geweet het sy sal niks oorkom nie, nes duduzane zuma ook gaan vryloop. Maar behoede ons, nou kom die verkiesing nader. Nou is dit verkeerd. Nee wat! Nou sal ons onthou ons mense, was julle stemme nie werd toe hulle dit nodig gehad het nie.

pinkie ·

Nou moet die arme oupatjie in aanhoudingselle met geharde misdadigers wees? Maak my briesend, maar my (ons) hande is afgekap. Dit kon ek of my man of my pa gewees het.

anni ·

Dis prosedure om eers saak van moord te maak.
Moenie op gewerk raak ni mense, hy sal ni tronk tu gaan ni. Of aan ander kant hang dit nou ook af van jou hof af. Maar ek is positief hier oor.

patricia highsmith ·

Maroela, ek dink dit is noodsaaklik dat daar deeglik oor hierdie saak verslag gedoen word.
Hierdie situasie (waarin ‘n gewone burger homself en sy geliefdes beskerm) en die gevolge daarvan is vir ons almal baie belangrik en uiters relevant.
Hou ons asseblief op hoogte.

Marlize ·

Dit is verskriklik erg dat die oom in hegtenis geneem is maar verbaas my ook glad nie. Dis makliker om die ‘soft targets’ deesdae te kies as om die erger dinge wat daar buite aan te vat. Ek was van verlede jaar af nie seker of ek weer vir die DA gaan stem maar ek is so dankbaar vir die VF. Hul gaan definitief my stem ook kry. Sterkte oom Fourie. Jy het gedoen wat jy gedink het op daardie oomblik belangrik was vir jou vrou en kleinkind.

christa ·

die regering aan bewind sal nog so ver gaan om al die wittes uit te moor as dit hulle pas. Die skelm as hy nie wit is nie het alle reg op jou grond en in jou huis en jy mag nie n vinger verroer nie.

blommie ·

ek weet nie wat die issue is nie. as jy iemand geskiet het maak nie saak wat die omstandighede is nie jy sal aangekla word en die hof sal besluit of jy skuldig is of nie. Die polisie doen net hulle werk. na die ondersoek af gehandel is sal die oom vry gespreuk word deur die hof nadat die “investigation officer” sy verslag in die “docket” gesit het. ek het 2 jaar terug ‘n ou geskiet en 7 maande later se hofsake toe loop ek ‘n vryman uit die hof, want dit was “self-defence” en die bewyse was daar. dit is normale prosedure wat gevolg word. al is dit nie lekker om deur so klomp snert te gaan nie dit is net hoe on wette werk en klaar

Retha Roux ·

Blommie soos jy sê, 2 jaar gelede. Dink aan die trauma wat daardie oom deurmaak. Jy is seker nog jonk en hy reeds bejaard. Hoeveel van die moordenaars is al gevind en het ordentlike tronkstraf gekry? Betaal ‘n boete en hul is vry

Emma ·

Die oupa is mos wit n rasistiese lot wat wette maak, belaglik. Ons sal net moet bars al die pad.

Josef Slowinski ·

Wanneer die reg in onreg verander, daar tye sal wees wat optredes wat regverdig nie geduld sal word. Is daar nog enige iets waaroor ons positief kan wees? Ongetwyfeld ja! Deur self ‘n slagoffer van verskeie misdade te wees soos, skaak, diefstal en persoonlike aanranding, ek net my meegevoel kan betuig met diegene wat slagoffers word van onreg. Hierdie toestand te wyte is aan ons eie onkunde. Die meerderheid 24 jaar gelede die politici geglo het dat daar wigte en teenwigte sal wees, en almal wat daarvoor gestem het, en die leë beloftes geglo het van politici wat niks anders as verraad gedien het nie. Ons pad vorentoe is veel slegter. As ons, ons grond en besitting verloor en daar net opregte geloof oor is, sal daar redding wees. Daar sal onvoorwaardelik teruggekeer moet word na ‘n geloof wat Bybels is, en nie wat ons in die gemaksones van die wêreld plaas. Dit is die hoop wat redding sal gee!

Sarel ·

Misdadigers beheer die land en moet dus beskerm word teen die publiek wat misdaad nog nie as die nuwe norm wil aanvaar nie.
Brawe beampte, verseker sal hy n Generaal word.
Wat is die gevaarlikste ding in SA vandag? n polisiebeampte wat n diskresie mag uitoefen.

Tommy Stephens ·

Saak nog hangende. Ek, 70 jarige pensionar was aangerand in Rustenburg in n bekende paneelkloppers in 2017. Polisie daag eerstens nie op nie na 2 oproepe. Ek word in hospitaal op geneem. Polisie en staatsaanklaaer omgekoop. Beskuldige onskuldig bevind voor saak voorkom. My vriende ons geregstelsel en howe is koerup deur en deur

Ria ·

Wonder wat sè almal nou wat heeltyd kerm en skree “Bring die doodstraf terug”???

Jennifer ·

I’ll answer jn English as I’m studying in English. This is really a pathetic case as the warning shot has been fired and the farmer, his wife as well as their grand child was in danger, this is the meaning of private defence or necessity as described in criminal law. The fact that the farmer was attacked with a knife and that he fired the warning shot literally means that the assailant had the necessary intent to do harm to all three those people. Where is the justice in charging him with murder? The right position would be to investigate the incident, then if all else fails culpable homicide is far better as the farmer did not have the necessary intent to murder the assailant, he was just protecting himself! Pity I dont have my degree yet! #LLB #LLM #3YEAR

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.