Moordklag teen oupa wat inbreker doodskiet

Giel Fourie. Foto: Verskaf

“Ek sou nie die ou doodgeskiet het as hy net geluister en sy goed neergesit het nie.”

Só sê ʼn 65-jarige man van Grabouw in die Suidwes-Kaap wat tereg staan vir die moord op ʼn vermeende inbreker wat hom na bewering in sy huis met ʼn mes aangeval het.

Giel Fourie vertel dit was nie die eerste keer dat die man op hom en sy vrou, Susan, toegeslaan het nie. Op 11 Desember verlede jaar het hy Susan glo van R1 500 beroof wat sy ingevorder het nadat sy die pasteie op die dorp afgelewer het wat die egpaar tuis bak om hul inkomste mee aan te vul.

“Ons is 100% seker dis dieselfde man,” het Giel Dinsdag aan Maroela Media gesê. “Hy het destyds oor die veiligheidshek by die agterdeur geklim en my vrou oorval terwyl sy skottelgoed gewas het. Nadat hy haar vasgebind en met ʼn mes gedreig het, het hy met die geld weggekom.”

In die jongste voorval, verlede Donderdag, het die Fouries se kleindogter omstreeks 10:30 by hulle kom kuier. Nadat Giel en Susan se afleweringswerk vir die oggend klaar was, het sy besluit om huis skoon te maak.

Sy was besig in hul dogter se kamer en het die bank weggeskuif, toe sy op dieselfde man van Desember afkom, vertel Giel, met twee messe by hom. “Sy het vir my geskree om te kom help. Die man het probeer weghol, maar kon nie oor die veiligheidshek kom nie.”

Giel is na sy kluis om sy vuurwapen te kry terwyl sy vrou en kleindogter “histeries” was. “Ek het gedink: ‘Ek het ʼn rewolwer. Ek kan nie toelaat dat die ou ons seermaak nie.”

Ek wou hom net daar hou tot die polisie hom in hegtenis kon kom neem.

Hy het die vermeende aanvaller “seker vier keer” gewaarsku hy gaan hom skiet. “Ek wou hom net daar hou tot die polisie hom in hegtenis kon kom neem.”

Giel vertel hy laai altyd sy rewolwer dat die eerste patroon donshael is wat as waarskuwingskoot kan dien. Maar die man het hom min aan Giel se waarskuwings gesteur. “Ek het gesê: ‘Gooi neer jou mes en gaan lê op die grond,’ maar hy het net bly aankom.”

Toe hy besef die afstand tussen hom en die vermeende aanvaller raak te klein, het hy die eerste patroon met die donshael afgevuur, maar die man, wie se oë Giel vertel stokstyf was, het net bly nader kom. “Hy het nie eens ʼn oog geknip toe ek die eerste skoot skiet nie. Toe steek hy my in die arm.”

Die tweede skoot het die man in die bors getref, sê Giel. “Die derde skoot wat ek geskiet het, was net van bangheid. Toe val hy neer.”

Die Fouries vermoed die man het hulle ingewag met die idee om weer geld by hulle te kry soos in Desember. “Hy het reeds ʼn kombers oor die veiligheidshek gegooi om weer daarlangs weg te kom.

“Veiligheidshekke beteken niks. Ons hou alles gesluit, maar het nooit gedink hy sou bo-oor klim nie.”

As iemand my familie leed wil aandoen, sal ek skiet.

Giel vertel hy wou nie skiet nie, “maar ek sal nie toelaat dat iemand my vrou en kleinkind skade berokken nie. Ek is ʼn baie saggeaarde mens, maar as iemand my familie leed wil aandoen, sal ek skiet.”

Hy het Vrydag in die plaaslike landdroshof voorgekom op ʼn aanklag van moord en is op borgtog van R500 vrygelaat.

“Die bystand van die gemeenskap is ongelooflik,” vertel Giel. “Almal sê net ek moenie worry nie. ʼn Prokureur van die Strand het intussen gebel en haar dienste gratis aangebied.”

Giel moet op 6 Mei weer in die hof verskyn, maar sê hy glo vas alles sal goed afloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Johan ·

Dit sal ook net in Suid-Afrika wees waar die slagoffer aangekla word. Ongelooflik. Ons lewe in ‘n kleptomaniese samelewing waar die oortreders soms meer regte het as die slagoffers!

willem Botha ·

Alle skietvoorvalle word ondersoek as n moordklag standaard prosedure,die oom het reg gehandel en sal niks oorkom nie.

Thinus Erasmus ·

Kolla, dis is juis omdat ons so ‘n pragtige en duidelike “wet” het dat so baie onskuldige mense vermoor, aangerand, verkrag en beroof word, en die oortreders met groot glimlagte los rondloop. Ag moenie eers probeer om te redeneer oor die 10% wat dalk gevang word nie.
Elke liewe kommentaar behoort mnr. Fourie te ondersteun en die skending van sy, en sy familie se mensereg as die grootste misdaad te beveg.
En Willem ek sal met jou verskil: alle onnatuurlike sterftes insluitend dood a.g.v. selfverdediging, moet as GO ondersoek word en dan kan klagte namoord of strafbare manslag verander – of dit is hoe dit veronderstel is om te werk. Nie net in SA maar ook oorsee.
Oom Giel, jy het baie mense baie leed gespaar, dankie! Jammer oor die gevolge en dat die proses nie regverdig in SA geskied nie.

Mv ·

Willem is heeltemal reg, as iemand dood is is dit outomaties moord tot jy onskuldig bewys kan word. Die verskil tussen ons en ander lande is jy is klaar skuldig en moet onskuldig bewys word waar jy in ander lande (soos amerika) onskuldig is en moet eers skuldig bewys word.

kolla ·

Dink nie dit was nodig om die ou dood te skiet nie. Lyk asof hy heelwat tyd gehad het om skote af te vuur. Hy kon die ou in die bene geskiet het. Gaan ‘n interessante een wees.

Jorese ·

Regtig???Selfs na ‘n waarskuwing skoot het aanvaller bly aankom. Hierdie was selfverdediging niks minder nie

kolla ·

Jy mag nie meer geweld as wat nodig is, gebruik om die aanval af te weer nie. Dis moontlik dat hy die grense oorskry het van selfverdediging, dink nie dit was nodig om die ou dood te skiet nie.

kolla ·

Hier was definitief ‘n tydsverloop. Die inbreker probeer eers wegkom (oor die hek spring), die oom het duidelik kans gehad om hom eers te waarsku. Baie tyd gehad om hom in die bene te skiet toe die dief eventueel besluit om hom an te val. Ek is jammer, ek sal bekommerd wees as ek die oom was.

Francois ·

Kolla
Is jy ernstig ?
Moes hy eers wag totdat hy doodgesteek is en dan skiet ?

Realis ·

Kolla, waar kom jy aan hierdie klomp nonsens wat jy kwyt raak. As aanvaller jou aanval het jy die reg om jou self te verdedig en die NODIE geweld te kry te gebruik. Waarskuwing skoot, wond ens is nie n vereiste nie, die omstandighede sal bepaal wat die nodige geweld is. So as vier mense my aanval een met n AK 47 en een met pistool en een met mes moet ek eers n waarskuwing skoot skiet, of eers probeer wond? Teen daardie tyd is my mense en self al lankal dood gemaak. Dit is die rede vir die ondersoek en aankla van die persoon om die saak ehoorlik te ondersoek en dan n ineligte beslissing te maak deur opgeleide persoon wie so besluit kanmaak. Skoenmaker hou jou by jou lees

vuurwapen eienaar ·

Kolla
die volgende is bepalings in die wapen wet die oom is by reg om nodig geweld te gebruik
bepalings is wel in engels.

The attack must be unlawful. The attack must be imminent or already underway. The attack must not be complete (it’s not self-defense if you shoot someone after the attack is over.) The defensive action must be directed only against the attacker.

sal aan raai om eers die wet te lees voor daar sommer net uitsprake gemaak word van wie is verkeerd.volgens wet is die oom binne perke om homself en sy gesin te beskerm.het hy nie geskiet nie was hulle net nog n statistiek.
groete

Oumalien ·

Al die wysneuse kan maklik praat. Ons praat weer as hulle in dieselfde situasie beland

Lcom ·

Koala daagliks word ou mense in hulle hiuse vermoor en jy wil tegnies raak, as hiedie rower die oom met n mes aangeval het soos beweer glo ek die oom is nie fissies sterk genoeg op sy ouderdom om hom self enige ander manier te verdedig nie. Ons moet aanvaar moord is op hierdie rowers se shopping list waneer hulle by jou inbreek.

Yvonne ·

Rêgtig Kolla????? Hy het ‘n waarskuwing skoot afgevuur! Waar kom jy vandaan? Jy bly seker nie in SA nie!

Hannes ·

Kolla, jy sit die pot so bq mis, die waarskuwing skoot het die aanvaller nie eers afgeskrik nie, daarna was die oom heelwaarskynlik in n struweling met n mes gesteek in die arm, dan is jy geregtig om jou en jou famlilie se lewens te beskerm teen alle kostes, die oomblik toe daai inbreker so naby aan die oom gekom het om hom te kon raaksteek het die “reëls” verander, dan waarsku jy nie meer nie, want daai mes is net so dodelik soos n rewolwer.. dan skiet jy om dood te skiet, geregtelikke ondersoeke word in ALLE on natuurlike dood gedoen, dit is vreemd om die oom aan te kla van moord in n selfverdediging geval, en daaraan sal al ons Suid-Afrikaners maar gewoond aan moet raak….. Maar die oom het n sterk saak..

Poot ·

@kola
Ou Kolla ek sou graag wou sien wat JY in soortgelyke omstandighede sou gedoen het. Jy sien dis mense soos jy wat dit nog nooit beleef het nie. Die hof, sy aanklaer en mense soos jy het dae, maande en selfs jare om te besluit het Giel oordeelkundig opgetree….terwyl hy binne oomblikke ‘n besluit moes neem.

Genoeg is genoeg ·

Dit is tyd dat die onskuldige mense hulself moet kan beskerm. Wanner gaan dit kom dat die kriminele hulle mense regte verloor wanner hulle skuldig is aan ernstige misdrywe soos moord en verkragting. Ek verstaan nie waarom die slagoffer se mense regte minder werd is as die van die krimineel nie.

Ek sou presies dieselfde gedoen het as die oom. Mens kan nie meer so lewe in vrees altyd nie.

Vernuf ·

Kolla, jy is van jou sinne beroof. Wat sou jy in so ‘n geval doen. Dink voor jy praat.

Anti-Negatief ·

Kolla, maklik om te praat, want jy was nie in daardie situasie nie. Ek dink nie die oom sou hom koelbloedig doodskiet nie. Bid maar net dat jy nie in so ‘n situasie kom waar jy iemand se lewe moet neem om jou eie te spaar nie.

Cecilia Steyn ·

Só tipies van hierdie stupid land! Boewe het mos régte, maar wetsgehoorsame burgers moet die spit afbyt!

Veronica ·

Ja Kolla. Sal graag wil sien wat jy sal doen as n booswig met n mes op jóu afstorm! 0nthou: die oom is in die arm gesteek!! Sterkte vir die oom en familie!

Pierre ·

Kolla, Op daai oomblik dink jy nie aan om ‘n persoon in die bene te skiet nie, jy skiet om hom te stop, hy het geen reg om jou lewe te bedreig nie.

Gert de Wet ·

Is daar ‘n moontlikheid dat Maroela Media ons kan voorsien van ‘n bankrekening waar ons geldelike bydraes kan inbetaal om te help met Mnr Fourie se regskoste?

SF ·

Dis normal prosedure dat ‘n persoon van moord aangekla word indien hy die dood van ‘n persoon veroorsaak. Die feit dat dit selfverdediging was sal in die hof bewys word en twyfel ek nie dat hy vrygespreek sal word nie. Ons moet ophou om altyd ons land af te kraak.

M ·

Nee. Die regte prosedure is nie ‘n moordklag nie. Die regte prosedure is ‘n ondersoek om vas te stel of die persoon binne die wet gehandel het sonder dat ‘n klag teen hom gelê word. Eers na dit is daar die moontlikheid van ‘n klag.

Emma ·

Kolla, jy het die reg om die aanval te stop, m.a.w. om soveel te doen as wat nodig is om jou lewe, die onmiddelike lewe van diegene om jou te beskerm. As ‘n waarskuwing skoot nie gewerk het nie, jy is gesteek en steeds het die aanvaller net bly kom, skiet om jou te verdedig. Jy gebruik wat nodig is om jou EEN lewe te beskerm.

FM ·

Kolla, jy kan net praat as jy in so n situasie was. Ondersteun jy oom Giel of nie. Onthou ou maat oom Giel se lewe was in gevaar EN hy is n ou man. Staan vas oom Giel.

Oom Piet ·

Kolla ek hoop nie jy kom in ‘n soortgelyke situasie nie , as jy wel , wil ek graag weet hoe gaan jy optree.

Foxi ·

Enige inbreker wat in my huis kom met enige wapen en as ek in staat is, sal hy die son nie sien opkom nie. Roof gaan hulle en om nog meer te kry wat hulle wil hê, gaan hulle jou martel. Moenie dink dit is n begaafde inbreker nie, want hy is meer banger as jy, daarom sal hy jou aanval. Eerste plek wat soek hy op jou erf of in jou huis? Nee wat, ek gaan hom beslis nie in die bene wond nie, want jy sal vir die res van jou lewe betaal aan daai rower. Dis sy regte wat tel, nie joune nie. Vandag is dit wet om n boef te wees.

davmar ·

Ja. Hierdie jaar is hul Baie erger op die blankes as ooit tevore

Oumalien ·

Al die wysneuse kan maklik praat. Ons praat weer as hulle in dieselfde situasie beland

HPV ·

Mnr jy en jou familie leef omdat jy hulle verdedig het. Ek was in dieselfde situasie en leef ook omdat ek myself met ‘n vuurwapen kon verdedig. Daar is nie baie tyd vir opnames en redenasies nie, mens doen soos jou oorlewingsdrang van jou lei. Die belangrikste is stap lewendig daaruit! Sterkte !

Essie ·

Geen regdenkende mens in daai stadium sel anders gedink ht nie so die oom is oud sy familie word bedreig die dief is kla in sy huis en na vele waarskuwings dink ek ht hy reg opgetree.

Anoniem ·

Oom Giel, dit was hy of julle. Dankie tog dis nie julle wat in die slag gebly het nie.

Afriforum, sal julle asb die mense bystaan met traumaberading? So iets vat aan ‘n mens…

Arni ·

Die oom vas 1ste aangeval op sy eie perseel wat van as hy met die mes in die hart gesteek was dan sou die oom geval het en dan was sy vrou en kleinkind in gevaar so die oom moes dit stopsit op daai oomblik dink mens net om die ou te stop hy wou eerstens ni luister met n waarskuwingskoot nie daai oom kan nie skuldig wees nie hy het net homself en familie beskerm wat soek hy in die 1ste plek op sy perseel sonder toestemming

Jerry ·

Die vraag waarmee die hof die saak sal toets is “hoe n gewone regdenkende wetsgehoorsame burger in dieselfde situasie sou optree, sou hy geskiet het of nie”. Die antwoord is onomwonde JA, n gewone burger sou noodweer reeds toegepas het en geskiet het die oomblik toe die inbreker gewapen en met n dreigende houding nader beweeg het en sou nie gewag het dat die inbreker hom eers met die mes steek nie. Die waarskuwingskoot tel ook in sy guns asook die lang tydsverloop wat wys dat hy nie wou skiet nie totdat die inbreker se aanvallende optrede hom met geen ander keuse gelaat het nie as om te skiet. Wanneer n persoon met n mes oor n kort afstand op jou afstorm het jy net een kans om hom te stop en deur na die bene te skiet met die kans dat jy kan mis en met die kans dat die aanvaller jou oorrompel is die kans baie goed dat jou doppie, jou vrou se doppie en jou kleinkind se doppie vir ewig geklink is. Klink eerder die aanvaller se doppie en leef dan maar met daardie gevolge saam!

Derf ·

90% van die populasie is deel van die kriminele klas, so dit gaan moeilik wees om te vergelyk met jou mede burger.

Hannah ·

Oom Giel.
Dis beter as Oom ni n woord verder sê nie.
Mense is geneig om stories op te maak….en di dag kom wat Oom in die hof staan…Staan al daardie stories teen Oom
Vir Oom se eie beswil….SWYG.

Nel ·

Wie kan die omie kwalik neem na al die gruwelstories van wat met oumense gebeur tydens rooftogte. Nee wat oom jy het niks om oor skuldig te voel nie, jy het bloot jouself en jou familie beskerm. Ek hoop en bid net die ‘gereg’ sien dit ook só.

Nero ·

Die liberalle boer sal die ondergang wees van al die afrikaanse mense in die land , ek sien sommer in die komentaar hoe ons ,ons mede mens aankla sonder om hom te verdedig .

Piet Pompies ·

As ‘n inbreker met ‘n mes in die hand op jou afstorm is hy nie van plan om jou voorspoed toe te wens, sy motief is om jou aan te val. Indien jy met ‘n wapen aangeval word kan jy jouself verdedig.
“Vuurwapen eienaar” het die wet aangehaal en die persoon het daar volgens opgetree.

Petra ·

Oom, as ek kan geld bydrae vir jou en jou gesin kan jy my hier laat weet. Ek is jammer dat jy dit moes deurmaak maar ek is aan jou kant, ek hoop die gereg ook

Elvira ·

So met ander woorde : as n inbreker of aanvaller jou wil leed aandoen moet jy net stilstaan dat JY vermoor word of staan en kyk hoe jou huis geplunder word. Dis reg as die misdadiger skotvry kom. HIERDIE LAND IS N JOKE!!!!!!!

Sydney ·

Kolla, gee my ‘n opregte antwoord. As dit jou pa was wat geskiet het na alles wat Giel Fourie vertel en beskryf het. ” Terloops jou pa het mos jou ma en jou dogter probeer beskerm nie waar nie.” wat is jou antwoord hierop… Is jou pa skuldig of onskuldig ou KOLLA!!!!!!!!!!!! Giel sterkte met die pad vorentoe, bid vir jou/julle..

Chris Ws ·

Knap gedaan Mnr Fourie!Jy het heeltemal beskaafd en reg opgetree.As ‘n inbreker met ENIGE,LET WEL ENIGE gevaarlike wapen ,wat insluit ‘n bottel,baksteen of krieket kolf of wat nog van ‘n mes, op my afstorm binne my huis ,gaan ek hom beslis nie net kwes nie.Hy SAL groet.

Basie2 ·

“Rather judge by 12, than carried by 6”

Wat sal die gemiddelde man doen… einde van argument!!

Antjie ·

Hoe vorder die ondersoek na die 2 klagtes van aanranding en diefstal met verswarende omstandighede? Is die SAPD net bevooroordeeld, of die NDOV ook? Intussen sloer sake van beplande moorde en aanrandings, wat werklik die publiek sal beveilig, vir jare weens oorvol howe. Verskuif die amptenare asb na waar hulle werklik ʼn diens kan lewer, en nie net bevooroordeelde werksoekery pleeg nie. Wat sê die betrokke ministers hiervan?

Liezel ·

Ek glo hy gaan okay wees. Sy gevorderde ouderdom tel ook in sy guns, hy’t reg opgetree.

Margaret ·

Willem Botha. Dit is nie waar nie. Dit is weereens die SAPD wat nie hulle werk ken nie. Só n dood is n geregtelikedoods ondersoek en níe n moord ondersoek nie.

willem Botha ·

Stem saam in die ou bedeling 2019 is dit n moordklag wat ondersoek word,alles wat werk word verander om by die intelegensie vlak van vandag se sapd aan te pas hoekom dink jy floreer misdaad in sa.

tamboti ·

Dankie Margaret, ek stem saam met jou! Die fout is by SAPD wat nie hul werk ken en reg doen nie.
Kolla: ou Pierewiet hieronder het soos jy geredeneer, en nou sit hy met die gebakte pere. As jy nie vir oom Giel wil ondersteun, gaan snik dan saam met Pierewiet.
Maar baie dankie ou Jan, jy het sowaar nog die moed om jou storie juis hier in die middel van die argument te vertel, Ek sou nie.

Micaila ·

Oom Giel, moenie bekommer nie. Ons amazing God is in beheer en Hy sal jou nooit teleurstel nie. Dinge kon baie anders wees vir julle. N dief in JOU huis oortree en jy het alle reg om jouself, jou vrou en kleinkind te beskerm! Hou net jou oe gerig op God, Hy sal die res doen! Sterkte vir jou en jou familie, alles gaan uitwerk tot die beste.

Jan pierewiet ·

Ek het my betreeder sonder geweld gevang. Hy het gebewe.. Hom gewaarsku hy moet dit nie doen nie. Hy sal geskiet word… geen wapen aan my gehad nie… (Machaiver) Lank vir polisie gewag wat nou nog nie opgedaag het nie… En die vermeende persoon laat gaan. Anders moes ek vir hom akkomodasie en kos aanbied. Ons is vreedsaam uit mekaar. Ek word aangekla van aanranding gewoon en is daar baie min verweer vir my. Probleempieq is…. Ek het aan hom verduidelik dat hy sy lewe kan verloor as daar op hom geskiet sal word…. Dis nou baie mooi. Dit kos nou paar rande om hierdie kant van die trallies te bly.. en die man se regspan baklei elke moontlike tegniese argument.

Didri ·

Ek woon in Europa en kan net sê die boewe het ongelukkig oral meer regte as die slagoffer. Nogtans verdien mnr. Fourie ondersteuning, hy het reg gehandel, mens kan nie toelaat dat jou mense aangeval word omdat die wet so sê nie. Heel waarskynlik sou daar meer slagoffers wees as die aanvaller ontsnap het. Kolla jy mag maar jou aanvallers omhels, of met die wet dreig, kyk hoe jy dan vorder.

Ronel ·

Een minder wat eerlike mense verlof en aanval. Hulle het geen genade vir ons of ons honde wat hulle vergiftig nie. Hoekom moet ek my bekommer oor sy dood. Well done omie.

Tinus Vorster ·

Ek sal presies dieselfde doen, as hy my kamerdeur oopbreek skiet ek. Vra maar vir Naka – hy betaal die prys en die boef is skotvry !! So is daar duisende ander oor alle kleurgrense, die skelm word beskerm – die slagoffer betaal . Kan nie so aangaan nie. Daar is nog niemand in hegtenis geneem nie – presies soos elke aanval hanteer word ….

jaco ·

Waarom meld mense sulke goed aan? Hulle weet mos hulle gaan van moord aangekla word en dat die argument van selfverdediging nie in ag geneem sal word nie.

Yolande ·

Oom so wragtig soos wat ek vandag hier sit, hy moet daar in die hel sy sterre dank ekt hom nie geskiet nie. Die polisie sou stukkies van hom opgetel het, hulle sou nie eers n legkaart kon bou nie. Die hele land staan agter oom!

Gerrit Dercksen ·

Kolla dink hy kan onderhandel met die potensiele moordenaar (hoeveel geweld gaan toepaslik wees) . My seun is vermoor deur rowers (brutale geweld) , ek was al aangeval deur rowers en verwond . Jou enigste kans op oorlewing is die verrassing van maximum teen geweld . SA wette bevorder herverdeling van rykdom tot die voordeel van lae IK benadeeldes .

kolla ·

Elke saak het sy eie omstandighede. SA se wette is ook nie uniek nie, dis maar basies dieselfde beginsels regoor die wereld. Jou kommentaar oor lae IK’s is uiters rassisties, behoort verwyder te word.

Kokkie ·

Ou Kolla……….jy praat regtig sommer net Bolla. Giel, jy is ‘n held wat jou vrou, jou keinkind en jouself van ‘n gewisse gru-dood gered het. In my boek is jy ‘n held !!!!

Bulhond ·

Ek is dankbaar die Oom kon sy familie beskerm en red van verdere leed. Ek is egter bekommerd oor die wet wat lui “regdenkende mens in dieselfde situasie”. Afhangend van opbrengs, opleiding en soveel meer kan die woorde erg verdraai word. Ek stem egter saam, betree my eiendom onregmatig, word jy as n bedreiging vir my en my familie gesien. Ek, soos meeste reg denkende wetsgehoorsame mense, sal alles moontlik in my vermoe doen om dit wat myne is te beskerm en beveilig. Geen wetsgehoorsame burger sal net goedsmoeds agter geslote deure probeer inkom nie. Met al die uitlatings van sogenaamde politici het ons, as regdenkende wetsgehoorsame burgers, geen keuse anders as om te glo dat ons lewens in gevaar is nie.

Philip ·

Kolla is jy ernstig of lok jy net ‘n reaksie uit vir “entertainment”. What ever jy is nie reg in jou kop nie. Laat dit lees asseblief. Ek is self deur so ondervinding en vir dood agter gelaat. Ek het net nie ‘n vuurwapen gehad nie anders sou ek ook skiet. Vir die rekord ek was 74 toe dit gebeur het en net net deur die genade van Jesus lewe ek.

Natascha ·

Lyk my as jy jouself beskerm teen die skelms is jy die skuldige? Hul kan maar kom moor en seermaak, jy MAG niks doen. Oom ek sou dalk dieselkde gedoen het, mens dink alty aan jou familie se veiligheid, net jammer almal kry nie die geleentheid, want hul is altyd meer as een wat toeslaan op onskuldige mense. Hul weet as hul een een kom sal hul hul moses teekom.
Bly dat jul nie ernstuig beseer is nie, en sterkte ons bid en vertrou dat oom se saak uitgegooi sal word.

Santjie ·

Ek sou net graag wou he dat die oom hulle ‘n beter en “vol” veiligheidshek wou opsit waar niemand bo-oor kan klim nie

Zumie ·

Net goeie raad aan mense wat so maklik hulle storie deurgee aan die pers….. vorentoe gaan die aanklaer in die hof staan met al hierdie berigte en wee jou as jy verander. Sulke dinge doen jy liewer net in oorlegging met jou prokureur..voor ‘n hof bevind jy het afgewyk en jou geloofwaardigheid verwerp.

Gert ·

So baie kommentaar. Basiese mensereg. Alle wetlike aspekte nagekom. Wat nou?

Anoniem ·

Wat het Hy daar gesoek vir ‘n 2de keer ? Dit was nie dat Hy genooi was vir KOFFIE nie ! Verkeerde TYD op die regte plek, swak BESLUIT !!

emily ·

Wel wel wel, moes die ou nou net daar staan en se MAAK ons maar half dood voor ek myself gaan verdedig.
Regtig, Kan die verdomde land nie net regkom nie. Alles is vir die misdadigers, betogers ens.
Ek is skoon siek hiervoor.

kolla ·

Ek wonder wat het van Maroela se beleid geword dat persoonlike aanvalle in die kommentare nie geduld sal word nie. Swak moderasie.

rollie ·

Ek sien dis nou “open season” sover dit persoonlike aanvalle in die kommentare aangaan.

Anti-Negatief ·

Kolla, maklik om te praat, want jy was nie in daardie situasie nie. Ek dink nie die oom sou hom koelbloedig doodskiet nie. Bid maar net dat jy nie in so ‘n situasie kom waar jy iemand se lewe moet neem om jou eie te spaar nie.

corne ·

mooi so oom ek glo ook oom was binne die wet hoop oom se arm herstel vinnig

Steph ·

Wat soek hy in die eerste plek op privaat eiendom! Dit is ou mense hoe anders moet hul hulself beskerm, ons land is in gaos,mens is nerens meer veilig nie! Nie eers jou eie privaatheid en woning word gerespekteer nie! Ek vrou alleen met 1 kind en ek sal nie eers waarskuwing skoot skiet nie ek gaan hom in sy spore stop, want dit gaan of ons hy wees! Mens leef soos gevangenisse in jou eie woning! Mens sluit jouself in 1 vertrek toe net om te probeer om rustig te kan slaap en mens se honde kinders in huis by jou…want tot hulle is nie veilig nie! Sterkte Oom, ons Vader slaap nie Hy sal dat gerigtigheid geskied! Ons moet net op ons kniee bly en ons Hemelse Vader dank vir Sy Genade elke liewe dag!??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.