Moordkomplot teen Mugabe onthul

Robert Mugabe. Foto: ANA

Die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag het verskeie kere probeer om die latere Zimbabwiese president Robert Mugabe om die lewe te bring, maar hul pogings het telkens misluk.

Die inligting oor uiters geheime recce-operasies uit die see het aan die lig gekom tydens ’n bespreking van Arnѐ Sönderlund en Douw Steyn se boek Ystervuis uit die See tydens die Aardklop-kunstefees wat tans in Potchefstroom plaasvind.

Die boek handel oor die geskiedenis van 4 Verkenningsregiment wat verbonde aan die Suid-Afrikaanse Vloot was, en waarvan die bestaan slegs aan ’n paar mense bekend was, maar wat ’n baie suksesvolle rol as saboteurs teen die vyande van die destydse Suid-Afrikaanse regering gevoer.

Die boek lees soos ’n spanningsverhaal van nagtelike eskapades en die opblaas van petroltenke tot bo in Angola, Mosambiek en selfs Tanzanië, van Russiese duikbote en Angolese bomaanvalle – en dis alles waar!

Sekerlik is daar geen verhaal wat meer soos ’n riller lees as die aanslae op Robert Mugabe in die 1970’s nie.  Hy was destyds in Maputo woonagtig en die SA Weermag (SAW) het in samewerking met die Rhodesiese SA ’n plan bedink om Mugabe uit die samelewing te verwyder.

Die eerste keer was die weer te sleg en die tweede keer het die Mosambiekse polisie op die Rhodesiërs afgekom en ’n skietery het ontstaan.

Die derde keer het die saboteurs tot by sy huis gekom maar hy was duidelik gewaarsku en was afwesig.  Toe besef die Suid-Afrikaners daar is ’n verraaier betrokke.

Na versigtige speurwerk het hulle die lekkasie gevind – in die Rhodesiese magte, wat die inligting aan die Britse geheime strukture gelek het. Vir Brittanje was dit destyds van strategiese belang om Mugabe te beskerm omdat hulle gemeen het hy is ’n beter opsie as die ander ZANU-leiers.

Die laaste keer dat die SAW probeer het om Mugabe om die lewe te bring sou hulle plofstof in sy dak plant met die Rhodesiërs nie betrokke nie.

Die operasie is egter afgelas en die pad was oop vir Mugabe om Zimbabwe se president te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willem ·

Mugabe moes verseker hulp gehad het, veral teen die SAW, maar dat al hul vier pogings gesneuwel het?

ES ·

Ons destydse SANW was een van die beste in die wereld gewees, veral reconnaisance. Dit was nie toeval of swak weerstoestande nie. Soos die skrywers genoem het was dit die Britte wat seker gemaak het dat RM oorleef het. In daardie tyd het die bloeddiamante los gevloei.

Eish ·

Die Britte bly maar meesters daarin om gatoorkop te slaan.
Kan hul nie standpunt inneem sonder om van besluit te verander nie?
Genade tog, dan koloniseer hulle, dan dekoloniseer hul teen die spoed van lig, dan is hul in die ooreenkoms en dan uit!
In die tagtigs die Argentyne goed flenters geskiet oor die Falklands eilande wat amper sover van Brittanje is as die aarde van die maan!
Nou Brexit!
Jy kan waaragtig nie huishou met die klomp manteldraaiers nie!

1+1 ·

Die spreekwoord se” ” geld wat stom is, maak reg wat krom is” Dis al wat moet gebeur. Baie geld maak ook monde oop.

Alida ·

Eienaardig hoeveel “skrywers” nou na vore kom en die dom publiek eet dit soos soetkoek op.

Karolis ·

Ook goed ek het die ander se kommentare gelees want ek wou dieselde stelling maak.

Toetsie ·

Presies! Enige iemand wat dit glo weet nie wie en wat ons recces was nie!!!!!!

Fanus Hansen ·

Dit is die Recce’s wat self hulle eie verhaal vertel…

Johanna Botha ·

Zim is n reuse sukses agv mugabe ….wat n GROOT GEMORS is Zim nie ! Daar is letterlik NIKS oor nie

Oud Rhodie ·

Moet lees “in samewerking met die Rhodesiese SAS” of Special Air Service. Twyfelaars kan gerus The Elite van Barbara Cole lees asook The Silent War deur Peter Stiff. Die spioen vir die Britte was Keith Flower, hoof van die Rhodesiese CIO. Ironies het PW Botha in later jare opdrag gegee dat Mugabe nie “uitgehaal” mag word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.