Moordma probeer eie lewe neem

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Koekemoer in die hof. Foto: Foto: 90.6 FM Stereo Nuus

Soniya Koekemoer (34), wat tronkstraf uitdien vir die moord op haar negejarige dogtertjie, het probeer selfmoord pleeg.

90.6 FM Stereo Nuus berig Koekemoer word tans in Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg behandel, nadat sy haar polse en keel met ʼn skalpel oopgesny het. Dawie Viljoen, Koekemoer se stiefpa, het in ʼn telefoniese onderhoud met 90.6 FM Stereo Nuus gesê sy stiefdogter is Sondag na die hospitaal gehaas.

Koekemoer, wat in Johannesburg Sentraal haar vonnis uitdien, is glo verlede week in die hospitaal behandel vir asma, waar sy vermoedelik dié skerp mediese-instrument gesteel het. Volgens Viljoen is dit die tweede keer sedert haar inhegtenisneming dat Koekemoer in die tronk probeer selfmoord pleeg het.

Tydens die moordverhoor het dit aan die lig gekom dat Koekemoer op vyftien met bipolêre gemoedsversteuring gediagnoseer is en al 27 keer probeer het om selfmoord te pleeg. Volgens Viljoen ontvang sy stiefdogter geen hulp in die vorm van berading of medikasie vir haar depressie nie.

Michelle Koekemoer

Michelle Koekemoer

Koekemoer is in November in die streekhof in Vanderbijlpark tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op haar dogtertjie, Michelle.

Sy is op 22 Julie in hegtenis geneem nadat Michelle se liggaam op 10 Junie in haar bed gevind is. Sy en haar ma het in ʼn woonstelblok in Vanderbijlpark gewoon.

Koekemoer het aanvanklik beweer sy het Michelle die laaste keer lewend gesien toe sy die vorige aand vir haar ʼn storie gelees en haar in die bed gesit het. Volgens Koekemoer het sy wakker geword met ʼn tou om haar nek en dadelik na haar dogter se kamer gegaan. Sy het gesê sy het Michelle se liggaam op haar bed aangetref, ook met ʼn tou om haar nek.

Maroela Media het by die departement van korrektiewe dienste navraag gedoen en wag vir terugvoer.

Lees alle vorige berigte oor Soniya Koekemoer op Maroela Media.

Inligting met vergunning van 90.6 FM Stereo Nuus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Marie Salzwedel ·

Gee haar medikasie vir die bipolêre gemoedsversteuring. Iemand wat daaraan ly kan nie sonder medikasie gaan nie. Ek weet dit is n verskriklike ding wat sy gedoen het maar ek weet ook wat n persoon wat bipolêr is se gemoedstoestand is en waardeur hulle gaan. Dis nie gewone depressie nie…. dis hel en dit kon bygedra het tot wat sy aan haar kind gedoen het.

E ·

Marie ek stem. My pa het Bipolar gehad, en hy is dood daarvan. Die mense na aan haar soos ouers broers susters en famillie moes haar by ń dokter en medikasie gekry het!!!!
Mense moet besef dat depressie en bipolar medikasie benodig net soos hart kwale ens.
Sy was gelos tot haar eie genade. Dit is vreeslik en kon voorkom word. Sulke gevalle kan met hulp van polissie en naaste famillie gedwonge na nodige hulp sentrums gestuur word vir behandeling.

Cherise ·

Klink meer vir my na pure simpatie. Geen genade vir iemand wat hul onskuldige kinders se lewe neem nie.

Piet Snot ·

Ons moet eerder sê: “There, but for the grace of God, go I”.

Ek weet ·

Cherise jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie, my dogter lei aan bipolêre gemoedsversteuring en dit is hel op aarde vir haar en vir ons elke dag, my hart breek in stukke vir Soniya. Dit is nie ‘n mode woord nie, baie mense lei kastig daaraan maar as jy professioneel gediagnoseer is verseker ek jou dit is iets verskrikliks.

deon ·

“There but for the grace of God, go I” John Bradford (circa AD 1510 – 1555)

Schalla ·

Mag so iets julle dalk teekom wat moet ons dan van julle onvergeefbares se en toewens?die oordeel is jou nie toe vertrou nie jou sensasie soekkende altyd beter weter van alles in die lewe nie bybel lesende oordeler van alles in die lewe!

Elisabeth ·

Hoekom het die hof nie gereel vir ‘n siekkundige of ‘n psigiater? Sy kan nie vir een oomblik alleen gelaat word nie en moet behandeling ontvang. Ek is ontsettend jammer om van die geval te lees. Ons werk so hard om die stigma af te breek. Psigososiale is om ondersteuning vir die families en persone te reël. Die mense wat nou lelike goed hier skryf sit ‘n wag voor julle lippe. Wie gaan met help Geestesgesondheids fonds om haar te ondersteun en te help?

jaco ·

Ek is ook ni n groot aanhanger van n moorsenaar ni. Wat nog tese van jou eie bloed? MAAR ja MAAR, ek voel ook ons kani die vrou oordeel ni. As ek so die berugte volg dan kan ek self agter kom die vrou heti geweet wat sy doen nie en ek dink ook nie sy weet tans ni. Kyk na die Poppie geval. Daar se ek die skuldages verdien wat hul kry. Niks fout met hul behalwe frustrasie ni. Kyk na die Griekwastad moorde. Ek se ons kan ni die arme vrou oorseel ni. Ons kan eerder vir haar bid en glo die wondelike STAAT van ons kom agter sy kort ane hulp. Hoop ni ek trap op tone ni. Dit maar net my gevoel

Schalla ·

vergifnis vergifnis en nogmaal vergifnis,probeer dit en ek belowe jy sal beter voel oor jouself ons lewe in sulke moeilike tye niemand van ons weet wanneer jy gaan snap of iets doen waaroor jy berou vir die res van jou lewe nie maar net jy as persoon kan die houding en stans inneem om nie altyd eers die lelik en veroordeling raak te sien nie,vergewe,kry jammer en en dank Die Vader as jy al reeds n mens is wat nie altyd die lelik raaksien en uit is vir wraak as jy met iets lelik in aanraking kom om van hoor nie.

Bi-polêr1 ·

Ek wonder hoeveel mense weet dat jy Bipolêr1 en Bipolêr 2 kry. Een is die gevaarlike een. Dis absolute hel en dis asof daar ‘n stigma aan jou kleef. Jy kan nie een dag sonder medikasie gaan nie. Jy kan net nie normaal sonder medikasie funksioneer nie. Punt.

Veritas ·

Arizona. Ek wonder ook wat in die klein koppie aangegaan het tydens die moord. Ons sal nooit weet nie. Ons oordeel omdat ons nie besef wat dit beteken om bi-polêr te wees nie. Ek was in ‘n verhouding met so’n persoon vir elf jaar. Gedurende dié tydperk het sy dertien keer probeer om haar eie lewe te neem. Wanneer dit gebeur het, was sy totaal onbewus daarvan dat dit haar dood kon veroorsaak. Klink nie moontlik nie maar dit is waar. Binne ses maande nadat sy die verhouding gebreek het, het sy daarin geslaag en twee wesies, vir wie sy ontsettend lief was, gebroke agter gelaat. Albei is tans in my sorg en ek probeer die siekte aan hulle verduidelik. Maar hoe doen jy dit as jy self nie kan weet wat in so’n siek persoon se gedagtes aangaan nie?

snoefie ·

27 keer probeer selfmoord pleeg? dis nie n kreet om hulp nie eerder n geval van “ek wil my sin hê of julle gaan spyt wees. ek wonder hoeveel keer het sy die moordkaart op die kind gespeel voordat dit te ver gegaan het.

Vanderbijlparker ·

Dalk het haar verslawing tot dagga iets met die moord van haar dogter te doen. En nie bipolêr 1 of 2 nie.

Ek weet ·

Ongelukkig gebruik baie bipolêre mense middels om te “self medicate” as dit te oorweldigend raak vir hulle, dis ‘n manier om (tydelik) van die hel te ontsnap – wat dan net die toestand vererger. Hulle medikasie is uitgewerk tot op die milligram en dit is baie sensitief vir enige ander middels (drank, dwelms) maar partykeer wil hulle net vir ‘n rukkie “ontsnap” – asseblief, julle praat met ‘n Ma wat al 16 jaar met hierdie hel leef en moet toekyk hoe haar kind elke dag basies haar eie dood leef. Wees net dankbaar julle het geen begrip daarvan omdat julle nog nie blootgestel is daaraan nie.

jurie blanche ·

Die vrou is siek sy hoort eintlik in n sigiatriese hospitaal tronk dit is hartseer.

Lalla ·

Veritas, ek ken `n paar mense met bi-polêr is, meeste van hulle is ek self…. en dan nog die depressie…. arme ek nè. Wel ek leef maar daarmee en gaan voort, het al 2 keer probeer om my eie lewe te neem. Duidelik nie geslaag nie, MAAR NOG NOOIT SOOS IN LETTERLIK NOG NOOIT HET EK OOIT DAARAAN GEDINK OM MY KIND SEER TE MAAK NIE!!! Haar siekte is nie `n verskoning vir die feit dat sy haar klein dogtertjie koelbloedig vermoor het nie. Mense probeer nie 27 keer selfmoord pleeg nie, na die 3de keer slaag jy, as nie soek jy eintlik net aandag.

Rina Pretorius ·

ek het gesien hoe iemand optree wat bipolar is, dit is nie mooi nie en so person wil nie so wees nie en tree irrasioneel op, ek kan amper se so persoon se gemoed as hy in daai donker diep gat van depressive is dit baie goed kan vergelyk met kranksinnigheid, so persoon het beslis hulp nodig want hulle doen aaklige goed wat hulle later diep berou. Dis ‘n ernstige siekte en ipv oordeel help liewers, as so ‘n persoon op die regte medikasie is kan dit goed beheer word. Dis bitter jammer dat sy haar kind vermoor het en glo my in tye wat die vrou normaal is vreet haar gewete haar op. so laat ons nie ook nog bydra tot haar elende nie

Maddie ·

Almal is geregtig op ‘n mening…. maar die vrou is geestelik siek en kan haarself nie help nie. Ek kan natuurlik nie verseker sê in watter toestand sy was toe sy haar kind dood gemaak het nie, maar as dit agv van haar bipolêriteit was, is dit tragies! Want as sy op meds was, sou dit nooit gebeur het nie. 27 pogings klink dalk asof sy almal ‘n rat voor die oë draai, maar in daardie gemoedstoestand, dink jy nie helder nie, kan dit nie beter beplan nie, jy wil net ‘uit’. So laat ons nie oordeel nie. In haar helder oomblikke moet sy met haarself saamleef. Die tronk behoort haar dadelik op behandeling te kry. En mag elkeen wat hier lees, dit gespaar word om ‘n geliefde aan selfdood af te staan.

Yolandi ·

Ek stem 100% saam met jou! Sy verdien geen hulp of bystand nie! Daai pragtige dogtertjie is dood! waste hulp het sy gekry?

Tanya ·

Ongelukkig doen ons land te min om mense met depressie te help. Een besoek by ‘n psigiater kos jou ongeveer R800 en dit is nie eers medikasie nie. Sielkundiges kan vir jou niks doen nie omdat hulle nie ‘n voorskrif mag voorskryf nie, slegs psigiaters mag dit doen. Dit is hartseer dat daar jaarliks so baie mense sterf wat selfmoord pleeg agv depressie/biopoler.

wicus ·

MAROELA MEDIA SIT BIETJIE N LIKE KNOPPIE OP DIE KOMMENTARE ASB

Louis ·

Vir 27 keer kon sy haar self nie dood maak nie maar kry dit sommer die eerste keer reg op haar kind!Nee wat sy wil nie regtig dood gaan nie.

Ella ·

Bella, jy praat nou uit totale onkunde. Om bipoler te wees is ‘n siekte net soos diabetes of kanker. Dis ‘n lewenslange vonnis. Die pasiënt MOET medikasie elke dag gebruik, en almal na aan die persoon behoort ingelig word, sodat hulle die situasie kan verstaan. Die “highs and lows” is albei ewe erg, en die px tree amper “onstuitbaar” op. MAAR steeds gee geen mediese fonds toestemming vir kroniese medikasie vir die toestand nie, maar hulle betaal wel die hospitalisasie wanneer die px ‘n episode beleef. Dit verstaan ek glad nie. Ek wens ‘n psigiater of 10 wil hierdie oorlog voer en wen, met alle mediese fondse.

Uvonka ·

Skop, my, skel my, vloek my en spoeg maar op my maar jammer, ek het geen simpatie met die vrou nie. Ek dink dagga misbruik was die hoof probleem hier en nie enige ander siekte nie. So ‘n pragtige kind se lewetjie is kortgeknip deur die einste persoon wat haar moes lief he, koester en veilig hou.

Leonie ·

As sy regtig Bipolêr is kry ek haar jammer. Nie een van ons kan oordeel nie, net God kan oordeel. Ons het ook so iemand in die familie gehad. Glo my dis nie maklik nie en ek wil nie deur so iets gaan nie. Ek kry haar eintlik jammer.

mo ·

Jammer hulle het haar betyds. Sy het geen genade getoon teenoor haar kind nie. Ek het geen simpatie teenoor haar nie. As sy geweet het sy is Bipolêr, hoekom in die eerste plek kinders kry.

Ek weet ·

Maljan, Mo en Ivonka lees asb. my kommentaar hierbo op Vanderbijlparker se post, julle moet eerlikwaar gaan oplees hieroor voordat julle sulke oningeligte kommentaar lewer. Ek dank julle sterre dat julle net hoef op te lees daaroor, ons moet dit elke goddelike dag leef.

Uvonka ·

Ek weet, my naam is Uvonka! Ek betwyfel glad nie die feit dat dit ‘n baie erge siekte is nie maar ek persoonlik voel die vrou wil dit nou as ‘n verskoning vir haar dade aanvoer. Sy het verkies om dagga te gebruik in plaas van medikasie wat haar moontlik kon help. Ek se weereens, ek het geen simpatie vir die vrou nie, sy het moord gepleeg!!!

Ek weet ·

Uvonka, ek is jammer ek het jou naam verkeerd gespel – hoe wens ek nie dit was al wat my ontstel in die lewe nie. Maar in elk geval – die medikasie en behandeling is peperduur, ek weet nie maar ek twyfel sterk of Soniya die voorreg gehad het van die regte behandeling, want selfs met die finansieële en emosionele steun wat my eie kind kry is dit daagliks ‘n stryd.

Maria Van Dieweeck ·

Hierdie kommentaar gedeelte voel so ‘agter die tye’. Disqus is so vinnig en maklikke tipe platform.

MissDemeanor ·

Hel ek kry die vrou jammer! Kyk hoe lyk sy op daai foto. Sy lyk stukkend. Sy lyk desperaat. Sy lyk soos iemand wat iets verskrikliks gedoen het en dit nie kan verander nie. Ek kry haar arme dogtertjie ook jammer. Wat moes sy dink toe sy agterkom haar mamma maak haar seer? Hul lewe saam was seker moeilik. Ek dink die vrou wens haar kind het nog gelewe. Dis so erg dat sy die een is wat haar doodgemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.