Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê David Lichtenstein (32) is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Johannes Petrus Steyn (62). “Hy is ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede.”
Lichtenstein en sy vriendin Petrolala Bezuidenhout, wat 18 jaar oud was tydens die moord, het Steyn op 11 September 2012 verwurg. “Hulle is die volgende dag in Carletonville in hegtenis geneem nadat die oorledene se wit Volkswagen Citi Golf in hulle besit gevind is,” het Mokgwabone gesê.
Bezuidenhout is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord en agt jaar tronkstraf vir roof. Haar vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende polisiekommissaris in Noordwes, het die vonnisse verwelkom. “Ons waardeer die pogings van ons lede en hoop dat die vonnis as ‘n afskrikmiddel sal dien aan voornemende misdadigers,” het Tsumane gesê.
Die goed waarna verwys word is beslis nie n paartjie nie, dit verwys na verliefdes, hierdie is n klomp skuim!!