Moordsaak teruggetrek teen regstudent

Argieffoto

Die saak teen ʼn 26-jarige regstudent wat van die moord op haar man aangekla is, is teruggetrek.

Monica Nyuswa, provinsiale woordvoerder van die direkteur van Nasionale Vervolging, het gesê die saak is Vrydag teen Itumeleng Maseko teruggetrek in die Witbank-landdroshof in Mpumalanga. “Sy het tereg gestaan op een aanklag van moord wat op 1 September 2018 plaasgevind het. Sy was vry op borgtog van R3 000.”

Nyuswa het gesê die saak is teruggetrek ná ʼn staatsgetuie gesterf het.

Maroela Media het vroeër berig Maseko is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man, Caswell Maseko (30).

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in daardie stadium gesê Caswell is met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

“Die verdagte was glo by die huis met haar vier maande oue dogter en ʼn vriend toe haar man, ʼn sakeman, by hul huis in Witbank opgedaag het. ʼn Argument het tussen die egpaar ontstaan en die slagoffer is doodgesteek,” het Hlathi toe gesê.

Sy het glo ná die voorval die huis verlaat. Die polisie het ʼn soektog van stapel gestuur en haar motor dieselfde dag nog by die Centurion Mall in Pretoria opgespoor. “Die verdagte het haarself op Maandag 3 September 2018 in die teenwoordigheid van haar regsverteenwoordiger aan die polisie oorgegee en sy is in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben Potgieter ·

So as ek iemand vermoor en sorg dat op een of ander manier dat die getuie verdwyn of dood gaan dan loop ek vry.Lekker man,lekker hoe sake ondersoek word.

Anoniem ·

Daar sal aan HAAR gewete geknaag word ! Een van die dae gaan Sy ‘n pleitooreenkoms met die STAAT aan !

Jean ·

Sal nie so werk as een van ons dit try nie..verseker nie! Nee die mense is baie gelukkig..now is their time !

Leonie ·

How convenient! Mag geregtigheid wel geskied vir die oorledene.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.