Moordsake ondersoek ná vier gesinslede doodbrand

Pat Symcox. Foto: Facebook.

Die polisie het vier moordsake geopen nadat vier lede van ʼn gesin Dinsdag in ʼn huis in ʼn klein kusdorp in KwaZulu-Natal doodgebrand het.

Pat Symcox, legendariese krieketspeler, oud-Protea en voorsitter van die Mthwalume-huiseienaarsvereniging, het sy skok en hartseer uitgespreek nadat hy en sy vrou Dinsdagmiddag die voorval aanskou het.

Symcox woon al vir 20 jaar in KwaZulu-Natal en skryf op sy Facebook-blad dat hy en sy vrou na die toneel uitgeroep is.

“Ons het ons daarheen gehaas, maar was te laat. Ons is saam met die polisie laaste van die toneel af en het vanmôre met swaar harte wakker geword. ʼn Hele gesin is uitgewis. Dit is ʼn nag wat ek nooit weer wil oorhê nie,” het Symcox geskryf.

Die inskrywing wat hy op Facebook gemaak het.

Estelle Symcox, Pat se vrou, het op Facebook geskryf: “Aaklig, aaklig … niks wat ek kan sê kan dit eers ʼn bietjie beter maak nie! Vier mense van een gesin!”

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig vier lede van ʼn gesin met ouderdomme wat wissel van nege tot 73 is dood nadat hul huis glo aan die brand gesteek is. “Die motief is in dié stadium nog onduidelik,” het Zwane gesê.

Volgens hom is vier sake van moord by die Hibberdene-polisiestasie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E.K. die eerste ·

Soveel hartseer dinge wat die tyd van die jaar gebeur wanneer almal saam moet wees in liefde.

Johann ·

Die wereld om ons raak by die dag sieker en meer boos. Nie dat daar n goeie of beter tyd is vir so iets nie, maar so iets… hierdie tyd van die jaar? SIEK

Stompies de Lange ·

Ja, as 12 jarige jong seun het ek mense in n motorvoertuig sien dood brand dit was vreeslik en die reuk sal my altyd by bly. Is noual in my sestiger jare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.