Moordslagoffer by Graaff-Reinet uitgeken

Graaff-Reinet. (Foto: wikipedia)

Die polisie het die liggaam van ʼn vrou wat verlede week buite Graaff-Reinet in die Oos-Kaap gevind is, geïdentifiseer as dié van die 59-jarige Anette Jooste van Eeden.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het ʼn week gelede ʼn anonieme wenk gekry oor die liggaam wat langs die N9, in die rigting van Middelburg, gelê het.

Die slagoffer het blonde hare gehad en was netjies geklee in ʼn blou denim en blou hemp. Sy het ʼn wond aan haar kop gehad.

Brig. Rudolph Adolph, bevelvoerder van die Graaff-Reinet-polisiegroepering, sê Van Eeden se laaste bekende adres was in Vereeniging in Gauteng.

Hy het ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die ondersoekbeampte, AO Leon Weitz, te nader by 082 301 8475.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Meraai ·

ek hoop regtig hulle vind die skuldige, arme vrou. In Amerika sal hulle nie ‘n steen onaangeroer laat om die skuldige aan die pen te laat ry nie

toy ·

Mens word gebore in die wereld en dan later in jou lewe moet iemand jou so vermoor. Dit is verskriklik.

wielie ·

In die VSA is daar n systeeeeem wat werk. Daar word jy gejag tot jy gevind word en dan boet jy.

Sandy ·

Ek verstaan nie hoekom dit so moeilik was om uit te vind wie die vrou is nie. Het niemand haar dan as vermis aangemeld nie?

Francois Joubert ·

Sandy, my kommentaar verwys geensins na hierdie geval maar eerder na die ‘as vermis aanmeld’. Huisvriende van my ouers. Die tannie erg belangrik alhoewel sy self nie werk nie. Meng orals in. Dogter later gesky. Skoonseun het gese hy kannie meer. Tannie en haar man toe ook later gesky. Toe sy nie opdaag vir ‘n kuier met ‘n vriendin gaan vind hulle haar dood in haar woonstel aan natuurlike oorsaak. Punt is sy was al ‘n week dood. Niemand het agtergekom, nie eers haar twee kinders.

Lollo ·

Het niemand haar as vermis aangegee nie?? Waar is die Pienk Ladies nou?

Suzie ·

Bietjie onregverdig om die Pink Ladies te blameer. Dalk was hulle nooit eers betrek by haar verdwyning nie

Heksie ·

Sal aaklig wees as haar familie van haar dood moet lees op sosiale media …

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.