Moordtog: Vyf dood, twee verkrag en talle beseer

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is dood en nege beseer ná ʼn groep verdagtes eers op mense in ʼn kroeg losgebrand en toe ʼn huis daar naby binnegestorm het in KwaZulu-Natal.

Die voorvalle het vroeg Saterdagoggend in die Umlazi informele nedersetting in Durban plaasgevind. ʼn Groep verdagtes het omstreeks 01:15 ʼn kroeg binnegestorm en die mense in ʼn ander vertrek ingedwing. Hulle het die slagoffers beroof en daarna op hulle geskiet. Agt mense is gewond.

Dieselfde groep verdagtes is toe na ʼn huis daar naby waar hulle lede van ʼn familie beroof en daarna op hulle losgebrand het. ʼn 59-jarige ma, haar twee seuns en haar dogter is doodgeskiet. Drie is op die toneel dood en die vierde slagoffer is later in ʼn hospitaal oorlede. Twee vroue is tydens die voorval verkrag, maar het saam met nog ʼn vrou die aanval oorleef.

Beamptes van die Umlazi-polisie en die Durbanse blitspatrollie was vinnig op die toneel. Twee verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap terwyl ʼn derde verdagte op die polisiebeamptes losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet en die verdagtes noodlottig gewond. ʼn 9 mm-pistool is langs die verdagte se liggaam aangetref.

Volgens die polisie is die oorlede verdagte verlede jaar in die Umlazi-gebied in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Die polisie se ondersoek gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jeanne ·

Gaan die minister en polisie nou wakkerword of is misdaad in SA se woongebiede en op plase nog nie erg genoeg nie!

Ditto ·

Ditto Jeanne. Dit is die reg stelsel & regters se skuld, hy was al verlede jaar in die moeilikheid. Kyk Tokai moord, die met gesteelde goed kry boete of tronkstraf, hul het nie geld nie, ok dan skort ek vonnis op vir 5 jaar, wat is die boodskap – gaan maak eers n paar mense dood.

niel ·

Hier is te veel menseregte in hierdie land van ons. Howe se skuld vir hierdie voorval. As daai oorledene binne gehou was na hy met vuurwapen betrap was …

Helene ·

Ek wil nie meer kommentaar op hierdie blad lewer nie want dit word nie gebruik nie!!!!

Christa ·

Dis nie menseregte nie, dis krimeneleregte, want NET HULLE het die reg om te leef, nie hulle slagoffers nie!!!

Elsa ·

sigbare en betroubare Polisie en Sekuriteitsmaatskapye
sal MOET ontplooi word…baie is opsoek na werk en is opgely….wees waaksaam

Johann ·

En die kruks is, in die tronk is hulle beter af as daarbuite.

johann ·

wat se menseregte ? jy kan hulle nie mense noem nie want hulle gedra hulle soos diere

Nel ·

Nee Johann dink mooi diere gedra hule nie so nie…maar ek weet wat jy bedoel.

Nel ·

Pietser Trollyk my die skille het uiteindelik van jou oge afgeval…!

Helien ·

Maroele het julle nie goeie nuus nie. Hierdie koerant maak mens depresies. Alles gaan net oor moorde en dood. Asb gee vir ons n bietjie beter nuus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.