‘Moordverdagte’ geskiet toe hy losbrand

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 20-jarige verdagte is deur die polisie geskiet nadat hy in Orkney, Noordwes, op twee polisiebeamptes losgebrand het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee polisiebeamptes, ʼn sersant en ʼn konstabel van die plaaslike speurdiens, het ʼn wenk ontvang oor die verdagte wat gesoek is in verband met twee sake van moord en die diefstal van ʼn vuurwapen. Die beamptes het die verdagte in Marlowestraat gewaar en wou hom in hegtenis neem, toe hy op hulle losgebrand het.

Die beamptes het teruggeskiet en die verdagte in die maag gewond. Die twee polisiebeamptes is ook gewond en al drie is in na hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling. Die verdagte sal binnekort in die Orkney-landdroshof verskyn. Hy sal behalwe vir die moordaanklagtes, ook tereg staan op aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit en afvuur van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

NET EKKE ·

sterkte aan sapd wat ok geskiet is sodra jul beter is gaan oefen weer jul skiet kurses want jul skiet sleg

ANNERI ERASMUS ·

Ek stem saam as julle niks goed te sê het oor die polisiemanne nie bly stil. Want julle weet nie wat gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.