Moordverdagte ná 11 jaar aangekeer

ʼn Man is vandeesweek in hegtenis geneem in verband met die moord op twee persone in Desember 2007 in KwaZulu-Natal.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Dalton-polisiebeamptes het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek en die man, wat al 11 jaar lank voortvlugtig is, in Gauteng in hegtenis geneem.

“Hulle het ʼn wenk ontvang oor waar die man homself bevind en het hom in Meadowlands, Zone Nine, in hegtenis geneem. Hy is na Dalton-polisiestasie geneem en aangekla van die moord op twee persone,” het Zwane verduidelik.

Die 42-jarige man sal na verwagting Donderdag in die New Hanover-landdroshof verskyn.

Thembinkosi Ngubane (25) en Scelo Mncube (23) was op 5 Desember 2007 om 21:00 by hul huis in Mollisimaweg in Dalton toe ʼn aanvaller hulle genader het. Die persoon was glo op soek na sy meisie en het met die twee persone begin stry. Ngubane en Mncube is doodgeskiet en die aanvaller het te voet gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

IC du Preez ·

Die respek wat baie vir Patricia de Lille gehad het, is by nou al verdamp. Sy tree wraaksugtig op. Wonder wat is die rede. Ons sal sker nog sien.

IC du Preez ·

Die ANC en CR gaan kortsigtig te werk deur plaaslike nyweraars en kundiges te ignoreer by ekenomiese- en arbeidsbesprekings. Hulle probeer die wiel herontwerp. Nog niks kundig is in Afrika ontwerp nie. Soos die NP destyds dom praktyke be-oefen het, so gaan die ANC voort. PLaaslike mense het die kundigheid en finansies om hier te belê, maar dom regeer. Soos SA Krieket, moet die aanstelling swart wees, tog net nie plaaslik en blank nie. Di hou natuurlik een voordeel in: Wanneer die mislukkings gade geslaan word, kan hulle nie wit monopoliekapitaal verwyt nie. Of dalk tog. Wat hulle sê, hoef nie sin te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.