Moordverdagte skiet haarself in kop, oorleef

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Vrou is in ʼn bedenklike toestand nadat sy haarself Saterdagaand in die kop geskiet het toe polisiebeamptes haar oor ʼn moord ondervra het.

Die vrou en ʼn man is in hul motor op die R61 in die Oos-Kaap oor die voorval voorgekeer.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die paartjie was na bewering betrokke by ʼn moord op ʼn 36-jarige man in Lingelihle, Cradock, vroeër dieselfde aand.

“Sivenathi Ralarala was om 20:15 by sy huis toe ʼn onbekende man hom genader het. Nadat Ralarala uit die huis gegaan het om met die man te praat, het sy familie glo skote hoor klap.”

Ralarala se gesin het ondersoek ingestel en hom op die grond voor die huis aangetref. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Terwyl beamptes nog op die toneel was, het hulle inligting ontvang dat ʼn silwer Hyundai glo by die skietery betrokke was en hulle het dié besonderhede aan ander beamptes in die gebied oorgedra.

“Die taktiese reaksiespan op Mthatha het ʼn motor wat aan die beskrywing voldoen naby die Tabase-nedersetting in die Oos-Kaap voorgekeer. ʼn Man en vrou was in die voertuig,” het Naidu gesê.

Die vrou het na bewering ʼn pistool uitgehaal en haarself glo in die kop geskiet, terwyl beamptes haar oor die misdaad ondervra het.

“Sy is vir mediese behandeling na ʼn hospitaal op Mthatha geneem, waar sy steeds in ʼn bedenklike toestand is.”

Die 40-jarige bestuurder van die motor is ná die voorval aangehou en ondervra oor die moord op Cradock.

Die polisie het beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool, ʼn magasyn en ammunisie. Daar is ook op die motor beslag gelê.

Die polisie ondersoek intussen steeds die moordsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Samuel ·

Wil jy nou meer. Die polisie het nie eers seker gemaak sy is ongewapen nie. So kon sy een van hulle geskiet het.

AH ·

Wat vind jy verkeerd met bostaande kommentaar afduimpie?? Ek stem 100% saam met jou Samuel….

AH ·

Ek stem 100% met jou saam Samuel!! Ek wonder wat afduimpie bedoel????

AH ·

Ek stem met jou saam Samuel!! MM bly my kommentaar weggooi! Wonder hoekom??

SlinkseKoljander ·

So sy skiet die lover wat haar nou meer wou hê nie en toe haarself.
Ai tog!

Cherokee ·

As jy oor binne-inligting beskik, moet jy daaroor praat.

Swerwer ·

Kan net lag. Hierdie sirkus kry net elke dag meer narre by en kring net al hoe groter uit.

Estelle ·

Lekker skop, skiet en boomklim land waarin ons bly …. elke tweede een pluk n “rollie” uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.