Moordverdagte stry halfuur lank met regter

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Zimbabwiese man wat van die moord op sy voormalige vriendin se kêrel aangekla word, het Dinsdag vir meer as ʼn halfuur lank met ʼn hooggeregshofregter gestry.

Die man het in die Port Elizabethse hooggeregshof vir regter Mandela Mkaula gesê hy kan nie “sy hart uitstort” terwyl hy boeie om sy arms en bene het nie. Hy het ook geëis dat hy aan Zimbabwe uitgelewer word.

“Dit sal beter wees as die saak na my eie land oorgeplaas word, in my land ketting hulle ʼn mens nie so vas nie. Ek kan nie myself behoorlik uitdruk as ek so vasgeketting is nie,” het die beskuldigde gesê.

Makaula het herhaaldelik verduidelik dat ʼn aansoek gebring moet word indien hy wil hê die kettings moet verwyder word en dat hy ʼn prokureur moet aanstel. Die regter het die beskuldigde gemaan om op te staan as hy die hof toespreek, maar hy het geweier en gesê: “Ek kan nie opstaan as ek vasgeketting is nie.”

Sy prokureur het Dinsdag van die saak onttrek ná ʼn instruksie van sy kliënt.

“Jy wil nie saamwerk nie, ek was nou geduldig met jou. Ek het nou al 30 minute lank vir jou verduidelik of jy ʼn prokureur aanstel of nie, jy het jou bed gemaak. Ek stel voor jy begin saamwerk, want hierdie verhoor gaan voortgaan met of sonder jou,” het Makaula gesê.

Veiligheidswagte van die St. Albans korrektiewe dienste het die hof volgepak. Dit is ook nie die eerste keer wat hy nie respek vir hofverrigtinge getoon het nie. In September het hy eers geweier om te verskyn en toe geëis dat die mense in die openbare galery verwyder word.

Die staat voer aan dat hy in November verlede jaar na sy voormalige vriendin se huis gegaan en die deur afgeskop het.

Hy het glo die vrou aangerand terwyl sy geslaap het. Hy het daarna glo haar kêrel met ʼn ysterstaaf aangerand.

Een van die ander vroue in die huis het glo probeer help voor sy met ʼn  mes gesteek is.

Die beskuldigde het daarna glo wéér die vriend aangerand terwyl die vrou wat met die mes gesteek is hom toe glo met kookwater gegooi het.

Die beskuldigde het toe glo sy voormalige vriendin na ʼn plakkershut in Motherwell geneem en haar twee keer verkrag.

Hy staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak, aanranding met die doel om ernstig te beseer, ontvoering en verkragting.

Die saak is tot 20 November uitgestel sodat hy ʼn besluit kan maak oor regsverteenwoordiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ellau ·

Haha tot kriminele het die hef in die hand. Swak van al die amptenare in die hof. Depoteer hom dan gaan.dit ons minder kos.

Jakoba ·

Depoteer hom? Is jy kens…die ding sal net weer die land onwettig binnekom en met sy misdaad voortgaan. Laat hy vrot in die tronk.

Lientjie ·

Volgens Netwerk24 dien hy tans ‘n 12 jaar gevangenisstraf uit vir ‘n onverwante saak van roof met verswarende omstandighede, so hy kan dalk vir die res van sy lewe in ‘n tronk in SA sit en kan hy maar vergeet van Zimbabwe. Hy moet vra om Botswana toe te gaan daar word hy sommer vinnig gehang! Jy dink nog jy trek jou rug styf vir die Regter dan swing jy!

Speedguard ·

Yip Lientjie stem , Botswana het die oplossing, daar word hulle gou=gou ‘n graf nommer !

Chris Beets ·

Lientjie ek dink jy is honderd persent reg ek het vir 2 jaar daar gebly Botswana ( Gabaronie ) vat nie nonsens nie as dit maar net hier ook wil toe gepas word dan is hier minder moeilikheid en glo my vry as jy in Botwana gaan inkopies doen dan sluit jy nie jou voertuig nie en los jou beursie op die dashboard en as jy oor n uur terug kom by jou voertuig kom dan le jou beursie nog net so op die dashboard waar jy dit gelos het met alles binne in jou beursie dis hoe streng hulle daar is en gaan kyk maar huise daar het nie diefwerings aan venster en deure nie slaap met oop venster en deure as dit warm is.

Alida ·

Van wanneer af waag jy om so met n Regter te praat? Lewenslamk is te min. Sluit hom hier toe want hy loop net oor die grens van Zim af terug SA toe om te kom aanjaag.

Johnny Smith ·

Die doodstraf moet terug – vandat die gevangenis diens verander het in korrektiewe dienste het geen krimineel meer vrees vir die gereg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.