Moordverdagte vas ná byna 15 jaar

boeie

(Argieffoto: SA Polisie)

’n 39-jarige man is die afgelope naweek by sy werkplek in hegtenis geneem en reeds gevonnis vir ’n moord wat byna 15 jaar gelede gepleeg is.

Petrus Tshabalala (40) is in September 2006 dood nadat hy aangerand is.

Senki Mavin Mokoena was destyds saam met sewe ander in aanhouding toe hulle Tshabalala só erg aangerand het dat hy later aan sy beserings beswyk het. Mokoena se medebeskuldigdes is almal intussen gevonnis en het reeds hul vonnisse uitgedien.

Mokoena het egter versuim om op die aanklag in die hof te verskyn.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Mokoena is eindelik Sondag by sy werkplek in Vanderbijlpark in Gauteng deur speurders van Bethlehem in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die moord.

Die saak teen Mokoena is die volgende dag aangehoor waarna hy skuldig bevind en reeds Woensdag gevonnis is.

Mokoena sal nes sy makkers na verwagting 90 dae in die tronk deurbring. Hy is ook tot ’n verdere vier jaar tronkstraf gevonnis wat voorwaardelik in die geheel opgeskort is.

Lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiehoof, het intussen die ondersoekspan geloof vir hulle vasberadenheid om Mokoena vir die misdaad te laat boet.

“Dit moet as waarskuwing vir ander misdadigers dien wat dink dat hulle misdaad kan pleeg en daarmee wegkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zombie

Ek sien nie 90 dae en ń vierjaar opgeskorte vonnis as ń noemenswaardige afskrikmiddel nie. Al die moeite van die polisie vir so ń lagwekkende vonnis vir moord.

Willem

Moord en jy kry net 90dae

SomeOne

90 dae vir moord, dit raak al lekkerder hier in piesangland

LD

Huh??!! Lees ek reg?? 90 dae vir moord of medepligtige, wat hulle dit okal wil noem…. En dan hardloop hy vir 15jaar weg en word nie ook daarvoor gestraf nie…? Is ek blond of is dit nie hoe dit werk nie?

Alet

Ek kyk nou hoe lank moet ek verlof ophoop. Wil weet wanneer kan ek my eerste 90 dae inpas.