Moordverdagte vas ná maande op vrye voet

Argieffoto

ʼn Man wat maande lank deur die polisie gesoek is in verband met ʼn moord en ʼn motorkaping is Dinsdag by ʼn pensioenuitbetalingspunt in Mpumalanga in hegtenis geneem.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê die 29-jarige man se inhegtenisneming hou verband met ʼn voorval op 25 November 2016. Op hierdie dag is Zakaria Theledi, ʼn plaaslike sakeman, se motor voor sy huis naby Calcutta gekaap en is hy doodgeskiet. Drie verdagtes was by die voorval betrokke.

Theledi se motor is die volgende dag in ʼn nabygeleë nedersetting gevind.

“Die saak is in Januarie vanjaar na die Valke oorgedra en een verdagte is kort daarna in hegtenis geneem. Hy is borgtog geweier en is steeds in aanhouding,” het Sekgotodi gesê.

“Die ander twee verdagtes was maande lank op vrye voet totdat een van hulle Dinsdag deur lede van die Nelspruit- eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad by ʼn pensioenuitbetalingspunt in Hluvukani in hegtenis geneem is.” Sy het gesê die Valke het inligting oor die verdagte se bewegings ontvang wat tot sy inhegtenisneming gelei het. Hulle hoop om binnekort die derde verdagte ook vas te trek.

Die verdagte sal binnekort in die Mhala-landdroshof verskyn.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke, het die samewerking van die publiek geloof wat tot die man se inhegtenisneming gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leon van Rensburg ·

Wat mis ons hier, hy is 29 en by ‘n pensioenuitbetalingspunt? Wou hy pensioen trek of wou hy weer roof? Hulle weet mos nie wat werk is nie!

BOBBEJAAN ·

Kyk wie se kar is geroof . Ons sukkel nou 3 jaar om net iemand te kry om die verklarings ivm n plaasmoord te neem

Cherokee ·

Waarom word karre gekaap net om die volgende dag by nabygeleë nedersettings of ander omgewings gevind te word? Dan is die motief tog anders as skaking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.