Moordverdagte vas wat polisie dekade lank ontwyk

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Moordverdagte wat vir tien jaar lank die polisie ontwyk het, is Woensdag in hegtenis geneem.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê die polisie is al sedert 2005 op soek na Lungelo Lennox Jama (39). Hy het teen hom aanklagte van moord, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die misdade is in Duncan Village in die Oos-Kaap gepleeg.

Zwane het gesê Jama het in 2005 uit sy huis gevlug na ʼn klomp plakkershutte in Sydenham, Durban, waar hy vir die polisie weggekruip het. Hy het van tyd tot tyd by sy vriendin se huis gaan wegkruip wanneer hy agtergekom het die polisie is kort op sy hakke.

“Jama is gister [Woensdag] in die vroeë oggendure onverhoeds betrap toe die polisie op sy plakkershut toegesak en hom in hegtenis geneem het. Hy is by die Sydenham-polisiestasie aangehou en sal na Duncan Village geneem word waar hy tereg sal staan op die aanklagte teen hom,” het Zwane gesê.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir hul goeie werk en gesê Jama se inhegtenisneming moet as ʼn waarskuwing dien dat die polisie sal verseker dat misdadigers vasgetrek word, ongeag hoe lank terug die misdaad gepleeg is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martin ·

My magtig, toe vang hulle hom sowaar na tien jaar in
‘n Plakkerskamp. Hoe lank gaan dit hulle neem om die grootste misdadiger wat gereeld op tv verskyn en in Nkandla woon, te arresteer? E vra maar net?

NEL ·

Mees patetiese nuus van die dag. Tien jaar geneem om ‘n moordenaar optespoor en te vang. Nog tien jaar word seker uitgesit om hom gevonnis tekry en in die tronk te stop vir ‘n maand of twee voor hy weer vry rond loop op parool. Nee wat die die berig laat my rerig nie op en af spring nie.

In plaas dat die polisie hulle werk doen waarvoor hulle betaal word ,lees ons elke dag van lede wat gearresteer is vir korrupsie . omkopery en ander verwante dade.

Soos die spreekwoord se aartjie na jou vaartjie. Hulle volg maar net die oppergesag se voorbeeld.

Winston ·

Onthou dis n prestasie manne. Dit gebeur een keer elke tien jaar en was maar heel waarskynlik toevallig. Hy kan nou parool kry want hy het tien jaar weggekruip sonder om weer te moor. Selfopgelegde huis arres?Die res het vrypas om te maak soos hulle voel. Internasionale gesoekte misdadigers kry vliegtuie om weg te raak.

Peet Schabort ·

Sjoe, julle is darem hard op die poelieste. Hier by ons is hulle nie eers in staat om ongelisensieerde voertuie en raserige kwaad baaiks en veldfietse uit die strate te hou. Jy word gesê om self die aankeerwerk te doen en hulle dan te bel. Dis toe gedoen en hulle het net nie opgedaag. Seker té besig om niks te doen.
Eigentlik is julle reg met julle kommentaar al is dit hoé hartseer ookal.

Gerhard Bezuidenhout ·

Slaan hom in voetboeie wanneer hy voorkom anders sit hy die polisie weer ore aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.