Moordverdagte vier maande later vasgetrek

Eric Meyers. Foto: Verskaf.

’n Man wat sedert Oktober verlede jaar deur die polisie in Port Alfred in die Oos-Kaap gesoek is in verband met die moord op sy eksmeisie en poging tot moord op sy negejarige seun, is Donderdag uiteindelik vasgetrek.

’n Lasbrief is in 2018 vir die inhegtenisneming van Eric Meyers, met die skuilnaam “Ntroko”, uitgereik. Speurders van Port Alfred het gemeenskappe in die omgewing se hulp gevra om dié verdagte vas te trek.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê Meyers is Donderdag omstreeks 00:30 met die hulp van die Port Alfred-gemeenskap en beamptes van die Motherwell-polisiëringsgebied by die Izinyoka- informele nedersetting in hegtenis geneem.

Die verdagte sal na verwagting vanoggend in die Port Alfred-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Meyers het na bewering op 7 Oktober 2018 sy eksmeisie verskeie kere in die bolyf gesteek waarna sy op die toneel gesterf het. Hy het na bewering ook gedreig om sy negejarige seun en homself te vermoor.

Govender het al die lede wat betrokke was by die soektog na Meyers, asook lede van die Motherwell-gemeenskap bedank vir hul hulp om hom op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ai ·

Ai virned,ek kan nie help om te wonder wat in jou en al die ander wat hierdie misdade pleeg se lewe verkeerd geloop het nie.Ek bid vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.