Moordverdagte, vriend vas toe hulle glo beampte wou omkoop

Argieffoto: Nico Strydom

Twee mans, onderskeidelik 33 en 44 jaar oud, is Donderdag in Embalenhle naby Secunda in Mpumalanga in hegtenis geneem toe hulle glo ʼn polisiebeampte probeer omkoop het om ʼn moorddossier te vernietig.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes sal binnekort in die Evander-landdroshof verskyn.

“Een van die verdagtes word daarvan aangekla dat hy Bolly Nkosi (26) op 24 Januarie vermoor het,” het Hlathi gesê. Die hof het hom vroeër op waarskuwing vrygelaat.

“Vroeër vandeesmaand het die moordverdagte en sy vriend die ondersoekbeampte in die saak genader en hom gevra om die dossier te vernietig,” het Hlathi gesê.

Die twee het glo Donderdag na die beampte gegaan om uitvoering aan die versoek te gee. “Hulle het glo R5 000 oorhandig voor die beampte hulle vir dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem het.”

Lt. genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die beampte geprys vir sy optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trappies ·

Mooi so. Gee vir die beampte n Bells.
Op waarskuwing vrygelaat vir MOORD?????

Pieterlewismuts ·

Om misdaad dossies te laat weg raak is nou al n winsgewende besigheid vir polisie en word sommer openlik bedryf.

cor ·

So is dit eerlike polisie beamptes of kon daar nie oor die vraag en aanbod bedrag ooreengekom word nie. Kom ons wag en kyk wat sal in die hof uitkom voor ons te gou komplimente uitdeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.