Moordverdagtes dag voor begrafnis gevang

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Twee verdagtes is Vrydag in verband met die moord van ’n inspekteur van die Ekurhuleni-metropolisie in Ivory Park in Johannesburg in hegtenis geneem.

Dié inhegtenisneming kom ʼn dag voor die slagoffer se begrafnis. Die metropolisie het nie sy identiteit in hul verklaring bekendgemaak nie.

Die vermoorde beampte het in die vroeë oggendure op 3 Januarie in ʼn koeëlreën gesterf toe hy in ʼn ongemerkte polisievoertuig in Ivory Park gery het. Sy dienspistool is ook tydens die moord gesteel.

Maroela Media het vroeër berig ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat hy in ʼn lokval gelei en aangeval is.

Lt.kol. Kelebogile Thepa, metropolisiewoordvoerder, sê die vuurwapen wat vermoedelik in die moord gebruik is, is ook gedurende die inhegtenisneming gevind. Die beampte se dienspistool is ook gevind.

“Hoewel dit hom nie gaan terugbring nie, hoop ons dat hierdie inhegtenisneming ʼn mate van berusting aan sy familie sal bring,” het Jabulani Mapiyeye, die hoof van die metropolisie, Vrydag gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blomme ·

Net om volgende week uit te wees op borgtog. Geen afskrikmiddel vir misdadigers in die land nie.

JM ·

Land van moord en doodslag! Ál wat hierdie gewetenlose moordenaars gaan afskrik, is ‘n vuurpeleton. Hoog tyd, want niks anders skrik hulle af nie!

Trish ·

Dis n Metropolisie Inspekteur wat vermoor is… nie n verkeersinspekteur nie.

Christel Cornelissen ·

Dagsê Trish
Baie dankie vir jou boodskap. Ons het die berig sedertdien aangepas en om vra om verskoning vir die oorsig.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.