Moordverdagtes ontsnap uit hof

Minstens twee gevangenes het Vrydagoggend uit die hooggeregshof in Johannesburg ontsnap. (Foto: ANA)

Minstens twee gevangenes het Vrydagoggend uit die hooggeregshof in Johannesburg ontsnap.

Kapt. Kay Makhubela, Gauteng-polisiewoordvoerder, het bevestig dat die gevangenes veronderstel was om Vrydag in die hof te verskyn, maar egter voor die hofverrigtinge uit aanhouding ontsnap het.

Volgens Makhubela is die hof gevolglik vroeër vandag ontruim waarna ʼn soektog na die twee verdagtes van stapel gestuur is. Dit word vermoed dat hulle moontlik nog op die hofperseel wegkruip.

Die ontsnaptes word as uiters gevaarlik beskou aangesien hulle op aanklagte van moord in die hof moes verskyn, sê Makhubela.

Die polisie gaan voort met hul soektog. ’n Ondersoek is ook van stapel gestuur om te bepaal hoe die verdagtes daarin kon slaag om te ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Leon ·

Ag asseblief! Hulle het nie ontsnap nie! Hulle is eenvoudig gehelp om uit te stap. Dit gebeur gereeld, en steeds word daar niks aan gedoen, soos om hulle te boei nie. Maar o nee, dan is dit mos nou weer skending van menseregte!!

Margaret ·

Hulle is uiters gevaarlik, maar is nie geboei nie, en ons weet hoekom… Dit is om die gemors te help ontsnap! Van tevore ook gebeur. Patetiese korrupte nikswerd SA!!!!

Wat wou... ·

Die bewaarders het hulle gehelp man. Dis mos vanselfsprekend – hoekom nog n ondersoek loots?!

Stella ·

Nou hoe kry hulle dit reg? Waar is die aandag van die polisie wat hulle ingebring het?? Of her hulle gou net anderpad gekyk,dit gebeur nogal baie in die laaste tyd

Pierre ·

Gevaarlike misdadigers soos hierdie word gewoonlik met voet en hand boeie vervoer en begelei, dus is daar geen kans dat hy kan wegkom nie. Wat is die bewaarders se status in die verband, jammer ek slik swaar aan die een.

Lientjie ·

Vir moord was hulle veronderstel om in voetboeie en handboeie te wees. Inside JOB!!!!!!!!!!!!

Koos de Meyer. ·

Is hulle nie veronderstel om in kettings geboei te wees nie. Aanklagte van moord en hulle kom weg. Wat ‘n skande, ‘n regte klomp patete.

Keelvol ·

Belaglik. Ek het dan gedink sulke gevaarlike misdadigers sal hand en voet boeie aanhê.
As dit so was kon hulle mos nie so vinnig net verdwyn nie. Ontsnap voertuig het seker in die straat gewag.
Oplossing: Sit die polisielede of bewaarders wat vir hulle verantwoordelik was in die tronk
totdat die misdadigers weer gevang is.
Nee wat, niks van ontsnap nie. Hulle is gehelp om weg te kom.

Lizelda ·

Hoekom het hulle nie voet boeie aangehad as hulle dan so gevaarlik is nie? Weereens het die SAP iets met die ontsnapping te doen…

Boertjie ·

Groter skelms is aan hoof van howe en polisiemag. Die minder gevaarlike misdadigers het ‘ontsnap’.

Berusnognie ·

Hoekom lees die berig “minstens twee”? Is hulle nie seker hoeveel wel ontsnap het nie?!

alida ·

Moordverdagtes moet mos geboei wees aan hulle enkels of hoe?

Gert J ·

Maroela die opskrif is verkeerd, MOET LEES: MOORDVERDAGTES STAP UIT DIE HOF UIT VOOR VERHOOR.

At Dippenaar ·

Iemand het ‘n paar rand verdien. So hulle kruip dalk nog in die hofgebou weg? Niks wat deur ‘n bietjie traangas in te pomp nie kan regstel.

Elvira ·

Bewaarders seker weer n goeie sommetjie in die sak gestop.

PJC ·

Ek stem saam met vorige kommentators. As hierdie ouens so gevaarlik is moes hulle mos voet en handboeie aangehad het. Iemand het dus met opset ń foutjie gemaak.

Philip Roets ·

Hulpverlening dit is al wyse hoe hulle kon ontvlug. Vra vir ‘n oud bewaarder.

Michelle ·

Gesoute moordenaar wat gehelp was en sou hul gevangaan word het hulle vorige oortreding en daar sal nog ‘n moord of ‘n kriminele misdaad gepleeg word dan moet die wat hul gehelp help summier ontslaan word en saam trona toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.