Moordverhoor van Hillary Gardee gaan voort

Hillary Gardee. (Foto: Facebook)

Die verhoor van vier mans wat teregstaan op die moord van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, se dogter, Hillary, sal na verwagting Woensdag in die hooggeregshof in Mpumalanga begin.

Dit kom nadat die hof drie van die beskuldigdes se aansoek om die verhoor uit te stel, van die hand gewys het.

Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Albert Gama het Dinsdag die aansoek ingedien sodat hulle vertoë by die staat kan rig om die aanklagte van ontvoering en moord op Hillary terug te trek.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die beskuldigdes wou glo aan die staat bewys dat hulle “nêrens naby die oorledene was op die beweerde dag en tyd wat sy vermoor is nie”.

Die vierde beskuldigde in die saak, Hlabirwa Rassie Nkuna, het egter aangedui dat hy gereed is vir die verhoor om voort te gaan.

Die regter het die aansoek van die hand gewys en gesê dit is sy mandaat om te verseker dat “onnodige vertragings” in die regsproses vermy word.

Die verhoor sal na verwagting Woensdag in dieselfde hof voortgesit word.

Die 28-jarige Hillary se liggaam is verlede jaar op 3 Mei buite Nelspruit aangetref. Sy is dae vantevore by die Spar-supermark in dié dorp gesien.

Hillary is in die agterkop geskiet en daar is R1 300 uit haar bankrekening onttrek in die ure nadat sy vermis geraak het. Sy het dieselfde klere as die dag van haar verdwyning aangehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Casper ·

Die vierde besk. Is in elk geval nie ‘n SA burger nie.Ek glo die polisie het hulle ondersoek gedoen en die besk. moet maar hulle onskuld in die hof bewy.Gaan die EFF betoog.

Sobymykoolkop ·

Ons ONTHOU nog hoe lekker het hulle by Brendan Honer( hoop ek spel sy naam reg) se moordverdagtes se verhoor gekry, what comes around goes around.

Eugene ·

Niks sal haar terug bring nie, en suid-afrika se wette beskerm die misdadigers.

Renier ·

Sal graag sien hoeveel EFF betogers daag op by die hof siende kleur nie n rol speel nie.

Pierre ·

Die regter het n mandaat waar is die mandaat as politisie in die beskuldidge bank staan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.