Moot-man amper in oprit gekaap

Argieffoto

Argieffoto

Die Villieria-polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en kaping nadat ʼn inwoner van Rietfontein, in Pretoria se Moot-gebied, Maandagaand in die oprit na sy huis aangeval is.

Volgens kapt. Coba Brits, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 22:50 in 27ste Laan plaasgevind.

“Die man beweer hy het voor die hek van sy huis stilgehou toe ʼn wit motor agter hom stilgehou het,” het Brits gesê. “Daar was twee onbekende mans in die wit voertuig. Een van die verdagtes het hom genader en uit sy Nissan NP200-bakkie probeer pluk.”

Die man het sy bakkie se deur probeer toetrek, waarna die verdagtes twee skote die lug in gevuur het. Die man het met sy bakkie agteruitgery en twee keer teen die verdagtes se voertuig gebots, voordat die verdagtes van die toneel gevlug het.

Geen beserings is aangemeld nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennelie Rust ·

Nou sien,Ek het nou net van die boer by Brits gelees. Hy het ‘n adres en is aangekla. Hierdie bogenoemde geval, hou by sy huis se oprit stil . Die betreders,Hulle verdwyn in die niet,traumatiseer,en voer ‘n skrik bewind oor wetsgehoorsame mense se besittings en leefruimte en skiet vir die grap. Hoeveel sulke gevalle in SA, daagliks? As jy nie vir jouself opstaan nie, en jy tref dit ongelukkig, is Jy die statistiek!! Dit het geword: Gangster’s paradise with gangster leaders…..(Ons weet mos by nou die politici het ‘n verskuilde agenda,wees paraat.)Hier staan ek… so help my God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.