Moot-man in huis doodgeskiet

Casper Venter.

Casper Venter.

Casper Venter (51) is Donderdag in die vroeë oggendure in sy huis in Villieria in Pretoria se Moot-gebied doodgeskiet.

Kapt. Anton Breedt, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn buurman van Venter het op sy lyk in ʼn leefgedeelte in die huis afgekom nadat Venter se vrou hom om hulp gebel het. Venter se vrou het ʼn skoot hoor afgaan en toe die buurman ontbied. Volgens Breedt het die voorval omstreeks 02:30 plaasgevind.

Renata Erasmus, woordvoerder van Life Med-ambulansdienste, het gesê Venter is op die toneel in Beyersstraat dood verklaar. Hy is in die bors geskiet.

Volgens Breedt vermoed hulle in dié stadium dat Venter moontlik ʼn inbreker betrap het en toe doodgeskiet is. “Ons ondersoek al die moontlikhede.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

lezaan nel ·

My grootste meegevoel vir sy vrou en kinders. Ons is augustusmaand deur presies dieselfde ervaring. Maar my man se lewe is gespaar. Hy is ook in bors geskiet. Dink vreeslik aan hierdie familie. Baie baie sterkte.

izak ·

Die goedkoop lewe van nog ‘n wit man in SA. Geen openbare verklaring deur enige amptelike regeringsinstansie nie. Maar as dit ‘n swart slagoffer was…..dan was dit voorblaaie.
#boerelegioen

Niel ·

Ek is seker dit gaan ook baie minder aandag in die media kry as die doodskis storie

Tersia ·

Nonsens. Die aantal moorde ,op beide wit en swart, in SA is tragies te veel dat n enkele sterfte op sy Wie nuuswaardig is.

Pierre ·

Dit is tragies, hy was goeie vriend en het nie geskroom om iemand te help nie. Wereld is vandag baie armer sonder hom. Hoop die vuilgoed word gevang…

Harry ·

My hart is stukkend. Rus in vrede Casper.
Seker een van die beste mense wat ek geken het. Hy was altyd bereid om iemand anders te help.
Diana en familie, baie sterkte. Ek dra julle in my gebede. Casper is te vroeg gevat, maar my troos is dat God altyd reg doen.

Ilze ·

Harry, ek sal altyd onthou hoe hy kon groet – hoe gaan dit vandag met die rykes? Ek was so geskok toe my man my vertel, hy werk vir die sekuriteitsmaatskappy wat kom help het. N groot man te vroeg gevat. Sterkte Diana en gesin.

liza ·

Hoeveel witmense moet nou nog doodgemaak word hierdie jaar, my magtig man elke dag gebeur dit nou.. Waar is hierdie groot manne van die land wat op hierdie groot stoele sit kan hulle nie iets omtrent dit doen nie, bring die doodstraf terug, ‘n mens raak nou wragtig net mooi g@tvol vir hierdie storie……Sterkte aan die familie…………….

Steven Schutte ·

Dis tyd dat hierdie land in 2 groepe skaar. Diè wat teen terreur is en dan die anderkant wat die regering insluit omdat hul nie bereid is om ‘.n woord te rep oor hierdie gevalle nie. Dis hoogtyd dat die realiteite in die oë gekyk word en media bewusmaking gebruik word.

Alida ·

Liza elke persoon wat kommentaar lewer wil weet hoeveel witmense nog. Kom ek se vir jou hierdie is maar net die begin. Daar gaan nog baie vermoor word glo my. Hulle sal nooit genoeg kry nie.

Amelda ·

Hulle sal nie ophou totdat die laaste witmens uitgemoor is nie. Ek wonder wie gaan dan geblameer word.

Anoniem ·

Amelda, ek en jy en die paar miljoen Blankes wat nie kan saamstaan nie sal daarvoor te blameer wees. Totdat ons nie pro-aktief optree nie, sal hierdie volksmoord nooit stop nie. Hulle hoef dit nie eers georganiseerd of op groot skaal te doen nie, want teen die tempo waarteen dit nou aangaan, sal daar binnekort hopeloos te min van ons oor wees om iets daaraan te kan doen.

Tanya ·

@RSM wat stel jy nogal voor? Julle mense wat net agter die “keyboards” sit en beweer dat wit mense nie kan saamstaan nie, maak my siek tot in my siel in. Vat jy die voor tou dan volg ons jou. Ek is enkellopend en baklei vir myself. My pa is oorlede, my broer is oorlede en die Here het my kind gevat, so ek het verder niks meer om te verloor nie. Wil jy he ek moet ‘n geweer vat en in een of ander lokasie instap? Toe nou, kom met jou slim praaitjies dan vertel jy vir ons wat ons moet doen. Wat doen jy aan die situasie in die land? Sit agter jou “keyboard” en probeer sterk klink! Pateties!

Jane ·

Dis verskriklik, nou nie meer net op plase nie, maar ook in die stede en dorpe wat mense afgemaai word. Hoekom die verskriklike toename in moorde skielik?

Niel ·

Die regering en Mal Emma moedig dan hulle onderdane aan om dit te doen

Delta Mike ·

Elke dag lees ek mense se”hoelank nog” en “hoeveel nog” vrae op sulke hartseer stories. Die antwoord is eenvoudig, tot solank as wat die slapgat Afrikaner Volk insluitend ander taliges wat homself/haarself vereenselwig met die Afrikaner Volk aanhou met eerder teen mekaar as saam met mekaar staan. Ek sien gereeld hoe die Afrikaner mekaar in die rug steek, mekaar se gatte toe steek, mekaar verraai ens ens. Daar is heelwat van die ouer garde wat nog glo in Vir Volk en Vaderland maar daar is nie n manier dat ons sal in opstand kom teen die terroriste met so n Afrikaner Volk nie, ons sal uitverkoop en verraai word deur ons eie vininger as wat julle ooit kan dink.

Dan ·

Delta Mike, jy is reg. Jy vergeet egter die belangrikste: die antwoord moet begin by die Afrikaner wie sy afgode moet los en moet terugkeer na sy God. Gebeur dit nie is dit doodeenvoudig verby met ons.

Ina ·

o my genade….is daar nog blanke mans oor om dood te maak? is dit nou al 2 of 3 per dag?

Jean ·

Ai ou maat.. gaan jou baie mis. Die grappies, die geselsies … sterkte vir die familie

yvonne ·

Aai ek weet nie meer nie dis vir hulle gese om ons te begin uitmoor wat gaan van ons kinders en kleinkinders word net die liewe VADER sal weet die moorde moet deurgegee word na Donald Trump hy het nou die dag op internet sy mening gegee wat SA was teen nou want met ons regering gaan niks gedoen word nie

Waarheid ·

Ek GLO die VSA sal sien..hoor..en help doen wat gedoen MOET word. Grense toe onwettiges UIT. Om te begin moet viskop af.

DR ·

Jy praat Baie sense Delta Mike,, ons het blykbaar nog te veel om te verloor voor ons sal saamstaan…. Tragies

poot ·

Tot ons mekaar weer eendag sien neef…… Casper “Basie” Venter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.