Moot-moord: Borgtogaansoek hervat

Stpehanus Jakobus Visser

Stpehanus Jakobus Visser

Stefan Visser (29), wat verdink word van die moord op sy skoonma, Elsabe van Niekerk (55), se borgtogaansoek word Donderdag in die Pretoria-landdroshof hervat.

Met Visser se vorige verskyning op 17 Mei het hy in sy beëdigde verklaring aangevoer hy kan nie alles onthou wat op die dag van haar moord in Pretoria se Moot-gebied plaasgevind het nie. Lees meer hier.

Sy aansoek om borgtog word as ʼn skedule 6-misdryf aangehoor, wat beteken hy moet kan bewys dit is in belang van geregtigheid om op borgtog vrygelaat te word en dat hy buitengewone omstandighede hiervoor kan bewys.

Visser het op 14 April vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy Maandag 11 April in hegtenis geneem is, ure ná die moord op Van Niekerk in Pretoria se Moot-gebied. Visser en Van Niekerk se dogter, Leandri Visser, was in die proses om te skei toe die moord plaasgevind het. Hulle het twee kinders.

Van Niekerk het as pastoor gewerk by die Herlewingslig-sentrum in Zandfontein en was ook ’n omroeper op Rainbow Gospel Radio. Sy laat haar man, Dirk, twee kinders, Leandri (29) en Benjy (20), en twee kleinkinders, Juan (5) en Micayla (3), agter.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Visser op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gesiggie ·

Hy word verdink? maar hy kan nie onthou wat gebeur het die dag van haar moord? hy moet kan bewys dat dit in sy belang van geregtigheid is om op borgtog vry gelaat te word…nee… geen borgtog? wat wil hy bewys? dat hy ook n sielkundigge probleem het? en dat hy dit nie bedoel het? hoe kan n mens nie so iets onthou? want hy was nie homself? was hy dalk te veel onder die prop? of was die walms te erg” Intussen moet Mev Van Niekerk se gesin deur die rou proses gaan,, en wonder… sal geregtigheid plaasvind.. sterkte aan die Familie… mag hierdie saak gou opgelos word…

Yskoueyskas ·

Ek wil net vir gesiggie en kansvatter se asb bly uit die saak uit aangesien jul so baie weet klink my julle is famielie.word groot en warry oor julle eie famielie en kyk maar rond ons bly in suid afrika enige iets kan enige tyd gebeur.en aan maroela jul het nogals baie geweet voor die verdagte vasgetrek was.jul klink of jul deel was vir publisiteit.maar jul het kla aan die begin geweet wie dit was maar weet jul wat ek pas my famielie op soos goud want as so iets met my gesin moet gebeur sal ek hul bystaan.word groot en hou op klets wat dus tog net jul twee patetiese virusse wat jul storie glo.pas op wat jul het gesiggie en kansvatter dus wat jul name se,so dra tog jou gesig en hou op kaanse vat.lekker dag die uwe.yskoueyskas

Kansvatter ·

Staatsaanklaer en Polisie betrokke, hierdie is ‘n kansvatter. Hy wil maak asof hy nie in ‘n bewustheid staat was nie! Jammer jy het gaan stry met ‘n mes, so dit is met vooraf bedagte rade en jy het haar verskeie kere gesteek en geweet jy doen dit, hoekom het jy gaan wegkruip????? Ek eis wat kan gebeur as hy losgelaat word, hy weet mos nie wat hy doen nie, so hy kan die hele gesin uitmoor sonder dat hy weet, so hou hom maar daar vir sy en sy familie se veiligheid, hy het 2 kinders en ‘n amper eks en ‘n meisie.

Karma ·

@Gesiggie & Kansvatter – het enige een van julle al gehoor van iets soos iemand wat “snap” en dan ‘n ‘passie’ misdaad pleeg of iemand wat onder die invloed van drank of dwelms was tydens pleging van die misdaad en dus nie alle details kan onthou nie? Kyk, verstaan my goed – die kans dat dié lat die moord gepleeg het het 99,9%. Onthou: daar was konflik tussen hom en sy gewese skoonma en vrou. Daar was drank en dwelms betrokke. Ek praat nie naastenby sy daad – of enige misdaad – goed nie.

Die staat sal – en dit sal tydens sy eintlike moordverhoor wees, nie nou al met die borgtogaansoek nie – ‘beyond all reasonable doubt’ moet bewys dat hy toerekeningsvatbaar was ten tye van die moord. En ‘n mens is onskuldig tot skuldig bewys in SA. Intussen sit ‘n man sonder vrou, kinders sonder Ma en kleinkinders sonder ‘n Ouma; dít is waar die grootste hartseer lê – en dié lat het sy lewe weggesmyt.

Kansvatter ·

Ek hoor wat jy sê, ek stem die staat sal moet bewys, maar weet jy Karma, dit is oor hierdie loop holes probeer, want dit is presies wat dit is, dat daar so baie misdaad is! As jy nie weet wat jy doen as jy onder invloed is nie, moet dit nie gebruik nie. SA is besig om The wild west te word, met een verskil daar is soveel ontwikkeling en modernisering, wat is dan die fout, mense wat net eenvoudig doenw at hul wil, ek was ookal woedend kwaad, maar kan ek my probleem sommer met ‘n mes van die aarde gaan verwyder, nee man sake moet reg opgelos word, gaan sien ‘n maatskaplike werker en prokureur as jy probleme het, en as jy nou kom met ‘n storie hy het nie geld nie, maatskaplike werkers is gratis en dwelms/alkohol is duur, gebruik daai geld vir ‘n prokureur! Hy het ‘n nuwe meisie, so hy het aanbeweeg, as dit oor sy kinders gaan, die antwoord is in maatskaplike werkers, maar wees eerlik wie sal sy kinders in ‘n rik kop se hande los, kyk maar elke dag al die koerante – Pa’s wat hul kinders vermoor! Ek bly by my punt hy probeer kanse vat!

Karma ·

@Kansvatter – jy probeer die oseaan met ‘n teelepel leegskep as jy sê mense moenie drink of dwelms gebruik as dit gaan maak dat hulle nie sal kan onthou wat hulle doen nie (of iets dergeliks) – en ek is nie sarkasies nou nie. Ek dink ook dié lat gebruik talle skuiwergate om sy basvelle te red. Feit bly staan egter, hy moet nou kan bewys dat hy geen vlugrisiko is nie om vir borgtog aansoek te kwalifiseer. Dan moet die staat bo alle redelike twyfel, met behulp van forensiese getuienis en/of ooggetuies sy skuld te bewys ….. ja, dit is ‘n geheen-en-weer, die regsproses. En dikwels kom die duiwelsgesante los met òf geen straf óf baie ligte (onvanpaste) straf (soos Shrien Dewani). Die ergste van alles is dat goed soos hierdie algemene gebeurtenis geraak het in SA – ons wink amper nie eens meer ‘n ooglid as ons van nóg ‘n aanranding/verkragting/moord hoor nie, so algemeen is dit.

tamboti ·

Karma, die probleem is dat indien hy nie skuldig bevind kan word nie, dit glad nie beteken het dat hy nie die moord gepleeg het nie! Die oorgrote meerderheid misdadigers kom weg met die spreekwoordelike MOORD, omdat die tegniese vervulling van die vervolging en verhoor te ingewikkeld raak en daarom faal dit ‘reg en geregtigheid’.
Wat maak dit saak of hy passievol ge”snap” het, argument of nie, hy het aangeval en die slagoffer is dood, hy behoort gestraf te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.